ʼn 40-jarige man van KwaZulu-Natal is Donderdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy sy susterskind oor ʼn tydperk van twee maande verkrag het.
Lt.kol. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, het gesê die 16-jarige slagoffer het saam met haar oom in die Madadeni-gebied gebly toe sy verskeie kere van Desember 2014 tot Januarie 2015 deur hom verkrag is.
“Die beskuldigde het gedreig om die meisie dood te maak as sy vir enigiemand daarvan sou vertel het. Die slagoffer was braaf genoeg om teen hom op te staan en het die voorval in Januarie 2015 by die polisie aangemeld,” het Zwane gesê.
ʼn Saak van verkragting is aanhangig gemaak en die oom is dieselfde dag in hegtenis geneem. Hy was sedertdien in aanhouding nadat sy borgtogaansoek van die hand gewys is. Hy is in die Madadeni-streekhof skuldig bevind en gevonnis.
Sluit die seldeur, gooi die sleutel ver weg en sweis dan die deur vas aan die kosyn. Wat ‘n veragtelike daad. Wat het die regter nou weer gesê . . . ?
Snaaks hoe dit werk. Hierdie man was, en met rede borgtog geweier. Tog was die twee mense van Bloemspruit Bloemfontein elke keer op waarskuwing vrygelaat.
Gevonnis meer as 3 jaar nadat hy aangekla is!!