Oom het haar glo as seksslaaf aangehou

Argieffoto

ʼn 53-jarige man het Woensdag in die Swartruggens-landdroshof in Noordwes verskyn op verskeie aanklagte van verkragting.

Die man, wie se naam nie bekend gemaak mag word totdat hy gepleit het nie, word daarvan beskuldig dat hy sy broerskind, ʼn weeskind, as ʼn seksslaaf aangehou het. Hy word ook daarvan beskuldig dat hy verskeie meisies by ʼn skool, waar hy op die skoolbeheerliggaam dien, verkrag het.

Die meisie het aan haar vriende gesê haar oom hou haar as ʼn seksslaaf aan en die vriende het die skoolhoof daaroor ingelig. Die saak is by die polisie aangemeld en hy is in hegtenis geneem.

Hy moet weer op 8 Augustus in die hof verskyn. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Oujongvrou ·

Hierdie klagtes raak nou baie algemeen. Skokkend en nogmaals skokkend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.