‘Oom, jy het my regtig seergemaak’

Brickz: Foto: SAPA

“Malume [oom], jy het my regtig seergemaak,” het die Roodepoort-landdroshof Donderdag gehoor in die saak van die kwaito-musikant Sipho ‘Brickz’ Ndlovu, wat skuldig bevind is aan die verkragting van sy susterskind.

Die inligting is vervat in die slagoffer se impakverslag wat aan die hof voorgehou is tydens voorvonnisverrigtinge.

Brickz se borgtog is teruggetrek nadat hy op 7 Julie vanjaar skuldig bevind is aan die verkragting van sy ontslape suster se 16-jarige dogter by sy huis in Ruimsig in 2013. Hy was uit op borgtog van R50 000.

Die slagoffer, wat ingevolge die wet nie geïdentifiseer mag word nie, het nie die verhoor bygewoon nie as gevolg van die publisiteit wat die verhoor kry.

Staatsaanklaer Pratisha Salie het haar impakverslag voorgelees: “Malume, jy het my regtig seergemaak. Ek vra myself wat ek gedoen het vir jou om my te verkrag.  Ek wou gehad het jy moet my behandel soos jou dogter, maar jy het nie. Ek sal nooit kan trots wees op myself nie en ek kan niemand vertrou nie. Ek gaan vir die res van my lewe terugflitse hê.”

Annette Vergeer, ʼn maatskaplike werker by korrektiewe dienste, het ʼn voorvonnisoplegggingsverslag saamgestel om die hof by te staan om ʼn gepaste vonnis op te lê. Sy het getuig Brickz het ʼn normale kinderlewe gehad ondanks die feit dat sy pa hom verwerp het en hul verhouding eers voor sy afsterwe probeer herstel het.

“Hy is deur sy ouma en ma grootgemaak, maar hulle is albei in 2003 oorlede. Hy moes vinnig grootword en die man van die huis word en na sy jonger broer omsien.” Volgens Vergeer het Ndlovu aan haar gesê hy moes hard werk om sy naam te bou en dat hy nie oornag Brickz geword het nie.

Sy het verder aan die hof gesê Brickz is gesond, maar dat hy dikwels “die maklike uitweg gevat en kokaïen en dagga gebruik het”.

Volgens Vergeer het hy nie enige berou getoon nie en volgehou hy is onskuldig. Sy het ook gesê sy tyd in die tronk het hom beïnvloed.

Brickz het volgens Vergeer gesê hy is in ʼn ope verhouding en dat sy vrou toestemming gegee het dat  hy ander maats mag hê.

Vergeer het gesê ʼn gepaste vonnis moet in die belang van die samelewing wees en ander afskrik om dieselfde fout te maak. Sy meen ook ʼn boete is nie ʼn gepaste vonnis nie en het voorgestel hy kan op parool vrygelaat word nadat hy sy vonnis uitgedien het.

Piet du Plessis, Brickz se regsverteenwoordiger, het die hof gemaan om nie ʼn vonnis op te lê net om die publiek tevrede te stel nie, aangesien dit moontlik nie rasioneel is nie.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

JJ ·

Hy is skuldig bevind aan verkragting! Hy verdien ten minste ‘n tronkstraf. As hy net ‘n boete kry, watter tipe afskrikmiddel sal dit vir ander verkragters wees.

Vonnis ·

My oupa sou gesê het dat hy ‘vir ewig’ opgesluit moet word.

Roelof ·

Ja nee Piet , dink so , indien dit dalk jou dogter was , sou jy dalk anders gedink het.

Lientjie ·

Wou ek nou presies dieselfde gese het. Niemand in sy familie is seker nog verkrag nie dis hoekom hy sulke besluite kan neem. Al die verkragters word swaar gestraf, so wat maak hom die uitsondering!

NYNY ·

Ek het al gewonder… Hierdie prokereurs wat die verkragters en moordernaars so verdedig, gaan dit regtig net oor geld? want hoe kyk jy in n verkragter se oe wanneer daar n onskuldige persoon betrokke is, en verdedig hom nogsteed omdat hy jou duisende rande betaal , al glo jy of weet jy dat hy regtig skuldig is….

Boeremeisie ·

Almal vaar tog te lekker uit oor prokureurs hoe geldgierig hulle is hoe skelm hulle is maar tog as die poef die fan strike waarheen hardloop julle? Jy wat vra gaan dit rerig net oor die geld. More ry jy oor ‘n stopstraat en ry iemand dood of jy skiet ‘n inbreker in jou huis. Who do you call? Defnitief nie die Ghostbusters of jou local dominee nie. Nee jy bel jou prokureur. Daar is jet 2 beroepe wat jy onweerlegbaar in jou lewe iewers gaan nodig hê ‘n prokureur en ‘n lyksbesorger

Linda ·

Regsverteenwoordiger Piet du Plessis, jy het nie ‘n benul waarvan jy praat nie, het jy ‘n dogter wat al deur ‘n verkragting is. Ek weet wat hulle deur gaan en glo my hulle lewe is nooit weer dieselfde nie. Die man verdien tronkstraf want geen boete sal daai arme kind se lewe weer heel kan maak nie. Die kind se lewe is vernietig maar hy wil net voort gaan asof niks gebeur het nie.

Hanna ·

Geen vroue verdien om verkrag te word nie.
Geen verskoning sal dit ooit kan regverdig nie. NOOIT

Berrtus ·

En die ergste van alles is dit is nie net verkragting nie.dis n kind wat hy verkrag het.so daar moet n stewige tronkstraf vir die misdaad opgele word

anon ·

N blanke vrou het nogal die beskuldigde wat my amper verkrag het verteenwoordig. Die ou het 12 jaar gekry en sy hele termyn moes uitdien. Nogal vir my agterna gesê sys jammer. Toe sê ek vir haar ek hoop nie dit kom jou oor nie

Spook ·

Prokureers nodig ja, maar ek voel met verkragting, veral kinders verdien nie die reg tot n Prokureer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.