Oom kry tronkstraf vir verkragting van vyfjarige

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 51-jarige man is in die Empangeni-streekshof in KwaZulu-Natal tot tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ʼn vyfjarige familielid.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het gesê die man het in Januarie 2010 die slagoffer gegryp en na sy huis geneem toe sy op pad skool toe was. Hy het die meisie daar verkrag en haar met die dood gedreig as sy iemand daarvan vertel.

“Die meisie het vyf jaar lank met die geheim rondgeloop. Die kind se juffrou het uiteindelik agtergekom iets is fout met haar en het haar daaroor uitgevra, waarna die meisie vertel het wat gebeur het,” het Gwala gesê.

ʼn Saak van verkragting is in Julie 2015 by die Empangeni-polisie aanhangig gemaak. Die eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe het die ondersoek oorgeneem en die man is op 23 Oktober in hegtenis geneem.

Sy borgtogaansoek was onsuksesvol en hy was in aanhouding totdat hy Donderdag tot 25 jaar tronkstraf gevonnis is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Mel ·

Hoe gedinges in di kop moet jy ni wees om so iets aan te vang ni, dis verby siek!!!!!!

Joann ·

Hy kan bly wees ek kry hom nie,daar sal niks oorbly van dit wat hom pla nie.

Ander Koos ·

En sy is daarvoor gekruisig. Diegene wat so te kere gegaan het, skuld haar ‘b verskoning,

Leon Pit ·

Die makste hond byt die seerste doodstraf sal in die geval regverdig wees

Kobus ·

Moord vs verkragting = hoeveel jaar die een, hoeveel jaar die ander?

Kobus ·

Oscar het 6 jaar vir moord gekry, en hy gaan dalk nie eens 2 jaar sit nie.

Lance ·

Die vroue regter word net week na week reg bewys ..goeie jimmel wat n siek samelewing van 4 verkragtings elke munuut in SA ….dis n epidemie !

Kooos ·

Want dit is die feite polities korrek of nie feite bly feite.

Justice ·

As hy haar vermoor het sou hy net 6 jaar gekry het! Heel moonlik met ‘n “sorry’ by Masipa los gekom.

fred ·

LOS REGTER MASIPA NOU VIR EENS EN ALTYD. SY SOU NIE DIE POSISIE GEKRY HET AS SY NIE BEVOEGD WAS NIE. VERGEET VAN OSCAR NOU DINK AAN JOU EIE PROBLEME EN SORTEER DIT UIT REGTERS OP STRAAT GAAN LEES JULLE BYBEL EN HANDEL VOLGENS WAT DIE ALLER HOOGSTE VAN JOU VERWAG. DIE STRAF KOM JOU NIE TOE NIE – ‘EK SAL STRAF’ BID JY VIR HULLE WAT SONDIG.

Kobus ·

fred, dit lyk my dis hoekom daar oor en oor geappeleer word, die advokate vertrou nie meer die regters se uitsprake nie, daar word gedurig skuiwergate in gevind. Kyk gerus dit gebeur oor en oor tot vervelens toe, bykans elke saak, anders, waarom sou dit wees? Dus kan mens die advokate nie kwalik neem as hulle hul werk doen en ‘n regverdige uitspraak in terme van die reg en wetgewing wil vind nie.

Frans C ·

Die regter het in die Pistorius saak dit inageneem dat hy nie die opset gehad het om haar te vermoor nie.Hy het dus nie opgestaan met die doel van nou gaan ek haar vrek skiet nie.

Dit is baie maklik om agterna in ‘n rustige atmosfeer te redekawel oor hoe ‘n persoon in sulke omstandighede moes optree. Daar was ook ‘n saak waar ‘n man en vrou hul in hul slaapkamer verskans het omdat hul oortuig was dat daar inbrekers in die huis was .Toe iemnd die deur probeer oompaak het hy ‘n skoot in die rigting gevuur wat sy dogter getref het wat by hulle skuiling kom soek het.

Oscar kon nie vlug nie op sy stompies nie. Sy lewe is verwoes en sal tot sy dood toe ‘n veroordeelde bly.Tyd om die tragiese verhaal nou af te sluit

Kobus ·

Gerrie Nel, gaan betoog in sy appél, soos hy tydens die verhoor gedoen het, dat Oscar juis daar in die slaapkamer die opset gehad het, dit toe al besluit het. Dus met voorbedagte rade.

Miemie ·

Wat vir my baie snaaks is, is hoe laat ‘n ouer toe dat ‘n vyf jarige kind alleen skool toe loop?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.