Oom sit lank ná verkragting van minderjariges

hof-hamer

Argieffoto

ʼn 47-jarige man is agt keer lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy onder andere sy broerskind en stiefdogter verkrag het.

Aafje Botma, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof gevonnis op sewe aanklagte van verkragting en een van mensehandel. “Die man is die oom van een van die meisies. Hy het die 15-jarige in Desember 2015 in Mosambiek gaan haal en haar na Sonop, Brits in Noordwes, gebring en haar ʼn werk belowe.”

Hy het die 15-jarige verskeie kere verkrag terwyl sy by hom gebly het en sy het uiteindelik swanger geword. “Vaderskaptoetse het intussen bevestig dat die beskuldigde die pa is.” Die saak is in April 2016 by die polisie aangemeld nadat die slagoffer uit die huis kon ontsnap.

“Die beskuldigde is op 13 April 2016 in hegtenis geneem. Hy was in aanhouding sedert sy aansoek om borgtog suksesvol teengestaan is,” het Botma bygevoeg. “Terwyl hy in aanhouding was, het die ondersoekbeampte nog inligting ontvang en dit het aan die lig gekom dat die man ook drie minderjarige meisies, onderskeidelik agt, 10 en 11 jaar oud, verkrag het. Die man het al drie slagoffers, insluitend sy stiefdogter, tussen 2014 en 2015 by Geluk- informele nedersetting verkrag.”

Die provinsiale kommissaris van polisie, lt.genl. Baile Motsweyane, het ondersoekbeampte konst. Aubrey Ndubane en ander rolspelers geloof vir hul toewyding om ʼn suksesvolle vervolging te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Belaglik ·

8 jaar vir verkragting op al die meisies is belaglik, hy moes agt jaar gekry het per verkragting. Hierdie tipe misdaad gaan nie stop voordat ons nie ordentlike tronkstraf toedien nie. Wat dink julle gaan hy doen as hy na 8 jaar uitkom ………… weer verkrag!!!

Onnodig ·

@Belaglik. Hy het 8 keer lewenslank gekry. Nie 8 jaar nie

Chantonique Pretorius ·

Dit is 8 keer lewenslange tronkstraf.. Nie 8 jaar nie.. Mag hy dubbeld terug kry!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.