Oom sit lank ná verkragting van suster, niggie

(Argieffoto: Hans Braxmeier/pixabay)

Die Grahamstad-landdroshof in die Oos-Kaap het twee lewenslange vonnisse opgelê vir ʼn man vir die verkragting van twee minderjariges.

“Die beskuldigde is in hegtenis geneem ná hy sy eie sussie (nege jaar oud) en niggie (ook nege jaar oud) op 26 Junie 2020 in Komga verkrag het,” sê kapt. Nkosikho Mzuku, woordvoerder van die polisie. “Die verkragtings het glo reeds sedert 2016 voortgeduur.”

Ao. Sandile Tongo is deur die nasionale vervolgingsgesag geloof vir sy uitstekende ondersoek. Hy het verdoemende getuienis in die hof voorgehou en die regter oortuig om twee lewenslange vonnisse op te lê. Die man se naam is ook op die nasionale register vir seksoortreders bygevoeg.

“Die familie van die slagoffers het die vonnis verwelkom en Tongo geloof vir sy harde werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marius ·

Kom on hoop hy is nie oor 10 jaar op die lys vir parool nie.

Swerwer ·

2 x Lewenslank gevonnis vir onvergeetlike dade wat hy gepleeg het en na 5 jaar loop hy weer op straat, daarvoor sal die ANC sorg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.