Oom swaar gevonnis vir dubbelmoord op kinders

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 40-jarige man is swaar gevonnis vir die moorde op sy twee broerskinders, wat hy onderskeidelik verwurg en keelaf gesny het.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het gesê Edward Msindo is in die Mthunzini-hooggeregshof skuldig bevind en gevonnis vir die moorde wat hy in 2013 gepleeg het.

“Hy het destyds op 20 November teruggekeer na die familie se opstal in die Mandlankala-omgewing naby Empangeni, nadat hy vir ʼn lang ruk verdwyn het,” het Zwane gesê. “Hy het die twee slagoffers, Nosiphiwo Msindo (3) en haar boetie, Lindo Msindo (9), omstreeks 17:30 in hul huis aangeval.”

Lindo se keel is met ʼn bosmes afgesny en Nosiphiwo is verwurg, waarna hy hul liggame in ʼn vlak graf in ʼn halfgeboude rondawel begrawe het.

“Die ma het nie geweet dat haar kinders vermoor is nie. Sy het na hulle begin soek en gemeenskapslede het by haar aangesluit. Hul liggame is later in die vlak graf opgespoor.”

Die polisie is ontbied en die kinders se liggame is opgegrawe. Die Esikhaleni-polisie het Msindo dadelik in hegtenis geneem.

Hy het tereg gestaan op twee aanklagte van moord en is Dinsdag in die hof tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Genl.maj. Bhekinkosi Langa, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom en gesê dit stuur ʼn sterk boodskap aan diegene wat daaraan dink om sulke “barbaarse en nuttelose” moorde te pleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Denise ·

Ek is geskok hoe kan iemand so wreed wees en twee kinders sommer net vermoor wat gan aan met die mense? Net bly hy gan nou boet vir sy dade maar ai die moeder gan die pyn vir n lang tyd saam met haar dra al het dit drie jaar trug gebeur !!!

Uvonka ·

Die swaarste vonnis wat hy gaan kry is om as “mal” verklaar te word en gratis akkomodasie, gratis evalueerings toetse en medisyne te kry op ons onkoste. Verder geen ander vonnis nie want deesdae kom hulle met moord weg. As hy dalk gerook het sou sy straf swaarder gewees het. Blerrie sirkus van ons regsstelsel.

Theresa ·

Twee keer lewenslange tronkstraf.
Genl.Maj. Langa wou seker iets anders as “nuttelose moord” sê. Barbaars is wel korrek, maar geen moord het ‘n nut nie. Soldate veg in oorlogtyd – dit het ‘n nut. Mense in gemeenskappe mag nie moor nie en dis bloot ‘n skandelike misdaad. Die manier wat hierdie kinders doodgemaak is, is siek verby. Maar, dit gebeur baie en baie gereeld.

Kobus 4e ·

Barbaarse en nuttelose moorde ..? Is daar iets soos ‘n nuttige moord?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.