Oomblik van stilte vir Mandela

Nelson Mandela

Nelson Mandela

Oudpresident Nelson Mandela is vandag ʼn jaar gelede in die ouderdom van 95 oorlede.

Cyril Ramaphosa, waarnemende president, gaan Vrydag die spreker by die amptelike herdenking by Freedom Park in Pretoria wees. Dit sal deur ʼn tradisionele reinigingseremonie voorafgegaan word, en ʼn kranslegging sal voor die standbeeld van Mandela by die Uniegebou plaasvind.

Ramaphosa het namens president Jacob Zuma en die Nelson Mandela-stigting ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners, insluitend kerke, moskees, tempels, fabrieke, skole en motoriste gedoen om drie minute en sewe sekondes voor 10:00 ʼn groot lawaai te maak. Dié aksie het ten doel om die land tot aandag te roep waarna daar om 10:00 ʼn oomblik van stilte gehou sal word tot 10:03. Die oomblik van stilte word gevolg deur die sing van die volkslied.

Ramaphosa het Suid-Afrikaners ook aangemoedig om van sosiale media gebruik te maak om Mandela se nalatenskap te vier. “Laat ons almal Nelson Mandela se nalatenskap lewendig hou deur sy lewe en waardes in elke aspek van ons eie lewens uit te leef. Alle Suid-Afrikaners word aangemoedig om hul rol te speel om ʼn beter Suid-Afrika, ʼn beter Afrika en beter wêreld te bou,” het Ramaphosa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Rudolf Peens

Dr.Verwoerd het, as redakteur van die Transvaler, die besoek van die koningshuis ignoreer. Moedig Maroela ons aan om deel te neem aan die huldiging?

Anon

Almal maak nogsteeds n bohaai oor hom. Hy mag dalk baie mense se god wees, maar beslis nie myne nie. My enigste stilte wat ek sal he, is wanneer ek my stilte tyd vir my God sal he. Wens mense wil hulle geskiedenis gaan leer. Want duidelik mis baie mense eintlik die ware storie oor mandela. Gelukkig het ons ander nie oog klappe op nie. (Maroela hopelik plaas julle my kommentaar, want dis nou al die hoeveelste een by ander berigte wat uit gehaal word en daar regtig niks snaaks in staan nie, wonder wat het geword van vryheid van… Lees meer »

Hanno Visagie

Hulle wat die waarheid van God vir die leuen verruil het en geskape wesens (bv Mandela) aanbid en gedien het in plaas van die Skepper, wat tot in ewigheid lofwaardig is. Amen. (Romeine 1:25)

Bielie van die Bosveld

My oomblik van stilte sal ek wy aan my troeteldier wat dood is. Wie is mandela?

Ag Aarde

Siek! Dit moet God so hartseer maak – absolute mense-aanbidding! Stem saam met al die ander kommentaar tot dusver.