ʼn Vrou in haar laat 20’s is Woensdagoggend in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal doodgeskok.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in Eaststraat in die Jika Joe-informele nedersetting plaasgevind.
“Die vrou het vermoedelik in die straat geloop toe sy gestruikel en op ontblote kragkabels beland het. Die kabels is glo vir onwettige kragverbindings gebruik,” het Meiring gesê.
Die vrou se liggaam is in die modder naby die ontblote drade aangetref. “Sy het erge brandwonde aan haar hand en rug opgedoen. Sy was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.”
Die vrou is op die toneel dood verklaar. Amptenare van die munisipaliteit het die onwettige verbindings ontkoppel.
Die polisie ondersoek die saak.
Skokkende nuus!!!
Ja dit het my geruk.
Wonder wie betaal vir daai onwettige kragverbindings by daardie informele nedersetting? Daars baie. Jammer vir die vrou se familie. Belasting betalers gaan seker nou hoes?
Ag nee wat ek het nie simpatie met die storie nie. Hoeveel mense moet nog dood gaan as gevolg van onwettige krag kabels. Hulle ken die risiko as hulle krag steel vir hul shacks. Ek ry daagliks by informele nedersettings verby dan sien jy hoe hul die krag bokse oopgebreek het en dan die onwettige drade koppel en sommer net so op die grond laat lê of sommer heeltemal oop in die lug net bo die shacks so van boom of paal na foe volgende. Die local munisipaliteite doen niks want dan word hul geteiken met optogte
Die persone wat daardie kragdrade so oop gelos het moet van strafbare manslag aangekla word. Hulle het die person se dood veroorsaak.
Daardie selfde kragdrade is gisteraand seker weer onwettig gekoppel. Miljoene rande se krag word daagliks so gesteel. Niks word daaraan gedoen nie. Ons wat betaal, moet nou dubbel betaal.