‘Oorbeklemtoning van grond sal tot SA se ondergang lei’

Argieffoto: Reint Dykema

Wouter Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaatse wetgewer, het in ʼn debat oor die begroting van die departement van landbou en landelike ontwikkeling gesê dat die regering se oorbeklemtoning van grond tot Suid-Afrika se ondergang sal lei.

Hy het gewaarsku dat Suid-Afrika op dieselfde krisis as wat Zimbabwe tans beleef, afstuur.

Wessels het gesê die regering moet ophou om populistiese geluide te maak en besef dat Suid-Afrikaners sonder voedsel gaan sit as hulle nie daadwerklike maatreëls instel en hande vat met kommersiële landbou om voedselsekerheid vir die land te verseker nie.

“Die Suid-Afrikaanse Buro vir Voedsel- en Landboubeleid het onlangs bevestig dat die droogte ʼn ooglopende impak op landbou en gevolglik verbruikersprodukte en voedsel gehad het. So het die koste van mieliemeel byvoorbeeld met 22% toegeneem oor die verloop van die laaste jaar. Waar gaan dit eindig as die regering van die dag midde reuse- eksterne drukfaktore op die landbousektor nog kommersiële boere van hul grond verjaag, terwyl 90% van hul vorige grondhervormingsprojekte reeds misluk het?” het Wessels gevra.

Hy het gesê die departement moet fokus op belangriker kwessies soos die aanpassing by klimaatsverandering en die impak daarvan. “Die Suid-Afrikaanse landskap is besig om te verander, verstedeliking neem toe en die platteland is besig om te ontvolk. Die vraag na voedsel raak groter, soos die populasie groei, maar dit raak daagliks moeiliker om genoeg voedsel te produseer weens verskeie faktore.”

Volgens Wessels moet die departement en regering voedselvoorsiening prioritiseer deur aandag te gee aan slim-landbou (SmartAgri) wat klimaatsverandering in ag neem. “Die regering moet ophou om ideologiese uitlatings vir goedkoop politieke gewin te maak. ʼn Honger volk ken nie lojaliteit nie en dit sal tot die ANC, maar ook Suid-Afrika se ondergang lei,” het hy afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Johann ·

Ons is lankal by Zimbabwe my vriend, net op ‘n ietsie meer beskaafde manier

Boerseun ·

Net so Johann. Gebruik die konstitusie om die wetlik te met ondersteuning van wittes wat vir die DA stem.

popeye ·

Zim is al dekades honger maar steeds word ZANU PF gestem. Ek verskil so bietjie van die waarskuwing vervat in Wessels se uitsprake.

Mickey ·

Die probleem is Popeye – dis grootste deel van Zim sit al in SA. As ons nou heeltemal soos Zim word waarnatoe gaan hulle dan hardloop?

Boerseun ·

Europa. Merkel aanvaar enige iemand jy mag net nie n normale wit man wees nie.

snoefie ·

“waarheen dan?” vra jy mickey? reguit parlement toe. DIT is mos die land van melk en heuning.

huggy bear ·

Hier begin n situasie ontstaan van “shouting against thunder”.
Niemand is so doof soos hy wat VERKIES om nie te hoor nie.
Ander maatreels sal moet geld.

Piet van Niekerk ·

Net soos in Zimbabwe sal die ANC met sinnelose beleid moet volhard om die stemme van onredelike massas te behou.

Otter ·

“oorbeklemtoning” laat dit klink asof dit ‘beklemtoon’ moet word. Al wanneer grond in SA beklemtoon moet word, is wanneer dit aan die Boere wat van hul grond beroof is teruggegee word.
Tot dan gaan enige gesprekke oor grond net gevoer word sodat jonas sy stuk grond kan kry.

MCH ·

Dit gaan interressant wees om te sien wat met die Vrystaat gaan gebeur namate die tydlyn van grondeise verder teruggeneem word. Histories was die Vrystaat deel van Mosheshwe (Lesotho) se grondgebied. Wit mense het so rondom die 1830’s begin grond beset in die Vrystaat. ” Beset” want dis teen die Basotho tradisie gewees om grond te verkoop. Jy het bloot lewensreg daarop verkry. Lady Grey, Elliot tot by Oranje rivier en verder Wes tot by die Vaalrivier. Dis die enigste morele opsie vir die regering aangesien geen grondeise in die Vrystaat uitstaande is volgens my kennis nie. Of gaan die finansiele implikasie die toedrag van sake stuur, wat te verwagte is. Interressant dat niemand ooit Mosheshwe uit Lesotho kon dryf nie, nie die boer of die magtige England nie. Die magsbalans is ernstig versteur met die briljante Mosheshwe wat ook vuurwapens bekom het. Briljante taktikus gewees deur sendelinge toe te laat en kom om die wee van die witman te leer.

Grassie ·

Zuma het gister tydens ‘n vergadering van die nasionale uitvoerende komitee weer gal gebraak oor blanke grondbesit. Hy het herhaal dat landbougrond summier en sonder vergoeding onteien moet word. Hy was driftig – volgens die Engels pers “He came out guns blazing”. Dit is duidelik dat hy nou opsetlik wil onrus stook, miskien om dit as ‘n noodtoestand te verklaar en as ‘n verskoning te gebruik om sy ampstermyn te verleng.
Zuma regeer lankal nie meer die land nie. Hy is besig om hom in te grawe en met sy gedienstige kornuite te omring. Daar gaan waarskynlik binnekort ‘n kabinetskommeling kom wat die land gaan seermaak. As hy sy vriend Des aanstel as weermaghoof sal ons weet dat ‘n staatsgreep oorweeg word. Ons het ‘n ruk gelede gedink ons is ontslae van die Guptas maar ons was verkeerd. Ek hoop die meer besadigde (?) oorblywende ANC-leiers kry dit reg om Zuma betyds te kelder.

lettie ·

Zuma is regtig belaglik. Hy sal nooit ñ ikoon raak nie. Dis tyd dat hy SA totsiens groet. Hy was die mees skandaligste president wat SA nog gehad het.
Hy moet hom voorberei vd 783 kriminele klagtes teen hom – dis die wat hy vervaard na strooihalms gryp. Mag Christus hom verlos van sy arrogansie en sy ‘spiese’ (planne) knak.

Nerens ·

Anders as Zim se mense het ons nerens om heen te vlug nie. Beteken dit ons gaan MOET saamstaan en onsself verdedig?

Chaparel ·

Stuur EFF en ANC en die wat uit Zim kom reguit Europa toe hulle is van harte welkom daar en los ons blankes waar ons is in SA, probleem opgelos en almal happy.

Cherokee ·

Wessels moes in plaas van die woord oorbeklemtoning bloot die woord beklemtoon gebruik het en toe hy van populasiegroei gepraat het moes hy oorbeklemtoon het dat dit nie die blanke populasie is wat groei nie. Diè word immers minder vanweë emigrasie.

Johann cb ·

Daar kan beslis minder klem gelê word op TV Programme wat die grond van boere “adverteer”-los ons en ons grond waarvoor daar gewerk is! Wie gaan hierdie land (en die buiteland) se inwoners van voedsel voorsien as alles opgeëet is? As no 1 die kundigheid het om te boer, is dit meer aanvaarbaar – sy end sy pêlle se lande en diere vrek oral van onkunde…bou ‘n nasie… Ai tog!

Nita ·

Daar word 100de plase te koop aangebied in die Landbouweekblad en Farmers weekly. Waarom koop die regering nie die plase nie en gee dit vir wie hulle wil nie? Die staat besit self ook grond. Waarom gee hulle dit nie aan swart boere nie? Nee want rassisme se: vat weg by die witte en gee vir die swarte. Indien die ANC en al hul trawante nie hulle sakke so volgeprop het nie, kon hulle al lankal plase wat te koop aangebied word, gekoop het vir swart boere.

Cherokee ·

Dit word dikwels beklemtoon dat een van die gevaarlikste beroepe in die wêreld is om te boer in Suid Afrika. Dit word op TV uitgesaai. En dan verander die program na ‘Boer soek ‘n Vrou’!

Tolbossie ·

Wat kan die golf in Suid Afrika stuit? Ek glo niks. Zim boere het nie net gevlug voor die sg warvets, greenbombers en Zanu PF meelopers wat mildelik vergoed was, vir wie drank en kos afgelaai was nie. Hulle het maandeliks tot amper heel laaste op n harde bankie voor die hof gesit om ingeroep te word. Die klagte? Die boer sit op staatsgrond en weier om te gaan. Die saak was maar net bly uitstel.
Hoe gaan die SA boere verby die veranderde grondwet kom? En Zuma sal van daardie wet gebruik maak, nes Mugabe. Jy sal nes die vernederde, verslae Zim boer na jare se baklei tog net die aftog moet blaas. Of in n vuil besmette tronksel geprop word of die gevolge van n verwoede, beplande plaasaanval moet dra. Hoe stel julle voor wen die SA boere die stryd?

Sputnik ·

Piet van Niekerk slaan die spyker op die kop met sy kommentaar hierbo. Toe Mugabe sien hy verloor aanhang het hy en sy weermag grond begin beset om gewildheid te probeer wen.

Annie ·

Regeering sal seker vir hulle self kos invoer met die president se vliegtuig. Alles gaan mos oor hulle self

Deloris ·

Ek het al 10 jaar terug gese.. ons gaan soos Zimbabwe word….. pragtige land nes SA vernietig alles …. tot niks oorbly nie….. sal nie eers dan wonder en besef wat nou nie …..

Catryn ·

Wonder soms of die VF politieke party skaam is om oor Selfbeskikking (soewereine gebied) te gesels, want dit word totaal en al eenkant geplaas op ‘n rakkie sedert Genl Viljoen daar weg is. Hoe het dit gekom dat die lede van VF in die parlement beland het – dit was 37.5% wat ‘n mandaat gegee het vir Selfbeskikking, nie om handjies te hou met multi-kulturele reënboognasie van fw de klerk nie.
Ironies dat die Volkstaatraad aanbevelings gedoen het en dit is ook verkieslik ge-ignoreer dat ons reeds in gebiede meerderheid vorm. Ons volk het ‘n internasionale reg tot ons eie gebied, en ons mense word intussen nie net verarm met Swart bemagtiging nie, maar aangerand en uitvermoor. Niks hiervan, ook nie die sogenaamde beklemtoning van Grondgrype, geen hofsaak gaan verhoed dat ons alles gaan verloor nie.. of ons menseregte herstel nie – is dit die hele plan? Ons het ‘n reg tot ons eie gebied om deur onsself regeer te word. Gaan kyk na die voorgestelde kaarte van die 1994 Volkstaatraad en aanbevelings oor ons reg, asook Artikel 235 van grondwet en bekragtiging deur Grondwethof.

Jean ·

Jip dit is belaglik, ek verstaan daar is nog net 35 000 kommersiele boere in SA as my getalle reg is, nou vertel my asb daar is 40 miljoen agtergeblewenes wat PLASE wil hê, gaan maak dus self die som en kyk hoeveel van die agtergeblewenes gaan GELUKKIG wees nadat al die wittes se plase onteien is? Wat dan? Wat gee die regering dan weg, weer pette en T-shirts of is dit hierdie keer YSKASTE? Waar gaan hulle dan plase of grond kry om weg te gee? Het enige AFRIKA leier al VERSOENING probeer behalwe Mandela? Het enige AFRIKA leier al probeer om ‘n pad met wittes te stap en ‘n koalisieregering of tweepartystaat gevorm sodat ALBEI daarby baat vind? Sodat die wittes steeds help om die ekonomie op dreef te hou terwyl die opkomende Afrikane leer om te boer ? Neewat alles wat die witte het en ingebring het moet vernietig word, dit is hoekom die HELE Afrika lyk soos hy lyk, fokus is op die VERNIETIGING van blankes en alles wat hulle het of tot stand gebring het en KYK Net hoe goed het dit in ander Afrika lande gewerk, hulle kry STEEDS voedselhulp terwyl ‘n handjievol swartes bemagtig is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.