Oorbevolking in tronke pla

Minister Ronald Lamola. Foto: Parlement/Twitter

Suid-Afrika se gevangenisse is erg oorbevolk en die departement van korrektiewe dienste sal om die rede voorkeur gee aan die verskaffing van toepaslike dienste vir veilige en menslike aanhouding in korrektiewe sentrums.

Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, het tydens die begrotingsrede vir die departement van korrektiewe dienste in die parlement gesê teen 31 Maart vanjaar was daar 162 875 gevangenes in die land, hoewel daar net plek vir 118 572 is. Nagenoeg 65% van gevangenes is jeugdiges.

Volgens die minister word verskeie meganismes en strategieë geïmplementeer om die situasie te hanteer. “Ons infrastruktuurprojekte vorder goed met die opgradering en bou van nuwe sentrums wat rehabilitasie-georiënteerd is.”

Die opgradering van die C-Max-gevangenis in Pretoria is in Desember voltooi en sal amptelik in Augustus geopen word. Die fasiliteit het 284 beddens. Die Standerton- en die Estcourt-gevangenis is amptelik onderskeidelik in April en Mei geopen en het gesamentlik 1 998 beddens.

Volgens Lamola word nou gewag op die amptelike oorhandiging van die Tzaneen-gevangenis wat saam met die opgeknapte Glencoe-gevangenis 1 101 beddens sal verskaf teen September.

“Op mediumtermyn sal die departement voorkeur gee aan die verskaffing van toepaslike dienste vir veilige en menslike aanhouding in korrektiewe sentrums. Die totale bestedingstoename is teen ’n gemiddelde jaarlikse koers van 6,7% op van R23,8 miljard in 2018/’19 tot R28,9 miljard in die 2021/’22‑boekjaar.

“Daar moet egter kennis geneem word dat daar ʼn vermindering van R79,9 miljoen in 2019/’20 en R74,3 miljoen in 2020/’21 op die departement se begroting is vir die vergoeding van werknemers wat dus druk op diensleweringsvereistes sal uitoefen. Dit is egter positief om daarop te let dat ons poog om stabiliteit te behou deur onder andere strategiese en kritieke vakatures te vul om die doelwit te bereik om ’n doeltreffende korrektiewe diens te bedryf.”

Volgens Lamola sal die departement ook voortgaan om ʼn sleutelrol te speel in die nasionale strategie vir die uitroeiing van armoede deur die bestuur van 21 plase en 96 klein tuine wat gebruik word vir selfversorging en werksgeleenthede.

“Ons produksiewerkswinkels, wat onder meer spesialiseer in die maak van meubels, houtwerk, stoffering, polering van meubels, sweiswerk, metaalwerk, pas en draai, spuitverf, die maak van klere ensovoorts, gaan voort om werksgeleenthede vir oortreders te bied, met die doel om vaardigheidsbenutting en -ontwikkeling te gebruik ten einde oortreders se indiensnemingsvermoë en selfstandigheid te verbeter na hul vrylating.”

ʼn Gemiddeld van 1 500 gevangenes werk daagliks in die produksiewerkwinkels terwyl sowat 3 000 gevangenes op die plase werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Bewaarder ·

‘n Toe bek is ‘n heel bek. Pay back our money! Bewaarders word jaar na jaar net verarm. Almal bid altyd vir dat polisiemanne beskerm moet word. As die polisie die booswig gevang het, moet die bewaarder sy lewe waag tussen duisende om hulle veilig te hou, vir jare…….. maar dis mos nie gevaarlik nie!

Andre Coetzee ·

Nee wat julle kan maar tronke bou en gereed kry.Die land is vrot van die misdadigers en dit is maar net die begin.Duisende moet nog gevang word.

leser ·

al ca traz staan mos leeg, onderhandel met amerikane en maak dit weer ‘n tronk

Sê maar net een ·

Wonder waar gaan hul al die “ongeregistreerde” tuisskoolouers plaas as die Bela Bill in werking tree? Mos gesê dat ouers vanaf 6 maande tot en met 6 jaar kan tronkstraf kry oor nie -registrasie by die Dept van Basiese Onderwys.

humor ·

Deporteur alle onwettiges uit Afrikalande wat in aanhouding is en waarvoor die belastingbetaler moet pa staan. En as vookomingsmaatreel ook die wat nog nie in aanhouding is nie.

Elna ·

Hulle sal net bly terug kom en van vooraf misdaad pleeg omdat SA geen wet en orde handhaaf nie. Enigste manier is bring die galg terug so sal hulle uit gedun word in die oorvol tronke.

In diepte ·

Bring eenvoudig doodstraf terug. Die land sal nie weer sulke probleme hê nie. Hoeveel duisende is verhoorafwagtend. En die sake sloer net eenvoudig. Teen 2025 is daar so baie misdadigers wie buite rond loop want daar is nie plek is tronke nie

Kobus ·

Intussen moet die misdaadvoos wetsgehoorsame burgers hierdie mense onderhou. Personeel word ingeboet sodat daar betaal kan word vir die gerief van misdadigers , terwyl slagoffers wat misdaad oorleef self moet betaal vir behandeling.

Martie ·

Hier by ons staan n groot tronk gebou en verweer kom revamp daai hele tronk en dan is daar nog plek vir n klom boosaards sit is n sansteen gebou hulle sal lank sukkel om daar uit te kom.Maar met ons water probleme sal dit seker hulle menseregte ontneem

Leon Pit ·

Dis nou net wee n manier om die President so ver te kry om amnestie toe te staan.

se net! ·

Tyd dat Robin eiland maar weer ingebruik geneem word vir al die krimenele in hierdie krimenele land!!

Dafer ·

162875 – seker net 10% van wat daar behoort te wees – go figure!

Elize ·

Stem saam, bring dood straf terug. Meeste in tronke is moordenaars

Carl ·

Sou dink hul kon beter goed uitdink vir die gevangenise om harder werk te doen waaruit die land kan geld maak. Bv bou krag opwekkers, kap steenkool, plant groente en vrugte vir hul tronk sodat die staat nie betaal vir hul kos. Baie opsies. O ja, en dit is werkskepping vir gevangenis wat vergoeding kry van ñ dak bo hul kop, klere en kos asook werks ondervinding. Dalk sal meer skelms op straat bereid wees om tronk toe te gaan vir sekerheid van kos en ñ bed

Hans ·

Maar as jy soontoe gaan kry jy gratis opleiding in enige tegniese werk wat jy nerens anders kry in S.A. dis die enigste manier om’n ambag te leer in ons land dees dae.

RATEL ·

ANC! Luister n slag! BOU NOG TRONKE=Werkskepping, veiligheid, ekonomiese groei. Bring doodstraf trug! Of keur jul moord goed as n party? Baie Eenvoudig!

sweis ·

Die mense is altyd bly as moordenaars en verkragters 15 jaar kry want dit is n lang vonnis ,met die oorbevolking hoe lank sit hulle regtig voor hulle vrygelaat word ?Doodstraf is nie nodig volg die vsa se beleid 80 jaar sonder die keuse van parool maar bou meer trokke.

Kobus ·

Ratel – ja geweld is hulle beleid kyk maar en luister wat aangaan met kamtige betogings reen swak dienste. Sweis – meer tronke beteken meer kostes vir die belastingbetalers. Neem alle regte van geweld misdadigers weg en verleng vonisse sonder kans op parool en skrap die term ” aaneenlopend”

Theresa ·

Ek stem – Bring die doodstraf terug. Daar sal dan meer as wat nodig is, selle oopwees……………..

Db ·

As oud bewaarder is my hart seer om te sien hoe hierdie instansie verrot het. Ons was trots op ons werk en die uniform wat ons gedra het. Vandag – ag nee dit gaan oor wie die meeste kan skep uit die stelsel en omkoopgeld

HPV ·

Wat wel pla, 162000 in die tronk en ‘n daaglikse moordsyfer van meer as 50 of 475000 die afgelope 25 jaar, waar is al die moordenaars? Loop duisende van hulle steeds los? Dit pla!

Johan ·

Suid-Afrika het ‘n paradys vir wetteloosheid geword. Sommige skelms word gevang. En hulle is derduisende. Die oplossing is om nog ‘n 100 tronke bykomend te bou. Die nuutaangestelde gevangenis personeel is sommer werkskepping ook wees!

Joubert ·

Die uitspansel het nie genoeg tronke vir die probleemkinders van Afrika nie.

Clipper ·

Ook maar goed dat ons nie moet staatmaak op die mense wat hier kommentaar lewer nie. Daar word niks van werklike erns gesê nie. Die oplossing vir die oorbevolkte tronke is voorkoming van misdaad in die eerste plek en dan behoort van die minder ernstige oortreders gebruik te word in die bou van nuwe tronke. Die huidige plaasbou om tronke selfstandig te maak moet ook verder uitgebrei word. Gevangenis moet ingespan word om die belastinglas te verminder. Ek dink die minister is op die regte pad, hy moet net bietjie vinniger dinge laat gebeur

Francois ·

Maak Robbeneiland weer oop en brei uit vir moordenaars en verkragters ipv n toeriste besigtiging – en sieda hoeveel plek het die ander tronke weer !

marous ·

Baie goeie weerspieeling van die siek land waar misdaad oorheers . Sit maar die mense op drywende skepe in die diepsee.

Tanzsemaarnet ·

Ek stem bring die doodstraf terug! Miljarde rande word spandeer aan “beddens” en fasiliteite vir die kriminele, waar daar n’ tekort is in die staats hospitale vir ons nie kriminele mense nie. Ons moet doen wat hulle in Indonesia doen, hulle moet op die vloer slaap en alle luukshede soos winkels ens. weggevat word. Dit gaan te lekker in die tronke …selfone, dwelms en medisyne is vrylik beskikbaar- dit is net n’ betaalde vakansie vir hulle. Sluit hulle soos sardiens toe, vloer matrasse om op te slaap, gee hulle basiese kos, miskien sal hulle twee keer dink om weer toegesluit te word.

MW ·

Moet die oorsaak van alles nie ‘n slag gevind en gedokter word nie? Die simptome kos ons belastingbetalers al ‘n arm en ‘n been

Joubert ·

Op ‘n meer ernstige noot, MW ek stem absoluut met jou saam. Ons sal tronke bou tot ons blou word in hierdie land, dit sal nie die probleem oplos nie. Solank daar armoede gaan wees, gaan daar abnormale misdaad wees, en solank daar onopgevoede massas is sal daar armoede wees. En solank die mense in beheer net na hulle eie behoeftes omsien gaan alles net erger word. Persoonlik dink ek nie mense kan hierdie probleem oplos nie. Ek is wel baie geïnteresseerd om te sien waar alles gaan eindig.

SoosDitIs ·

Doodstraf vir moordenaars, verkragters en pedofiele wat in gevangenis is. Problem solved.

Hanna Hoekom ·

Oorbevolking in tronke pla? Wel, misdaad pla! Dit pla nogals baie. Maak die tronklewe so onaangenaam as moontlik. Bring dan die doodstraf terug. Glo my, die voornemende misdadiger sal twee keer dink!

se maar net ·

Bring die doodstraf terug!!!!! vir al die moordenaars. dan sal die tronke meer plek hê.

Liana ·

Die klomp in die gevangenis moet vir straf nog tronke bou. Maak werk deel van hul sraf en daardeur leer hulle wat is werk en hoe om te bou ens ens. Probleem opgelos. Arbeid is die duurste aspek van bou. Nou is daar oplosding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.