Oorblywende 5 SA’ners in China gaan vrygelaat word

Argieffoto

Argieffoto

Die oorblywende vyf Suid-Afrikaners wat in China in aanhouding is, gaan vrygelaat word, het die departement van internasionale betrekkinge en samewerking bekend gemaak.

“Die Chinese owerheid het die Suid-Afrikaanse missie in Beijing in kennis gestel dat die oorblywende vyf burgers wat in China in hegtenis geneem is teen 18 Julie vrygelaat sal word,” het Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement, gesê.

Dit volg nadat Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Woensdag bevestig het dat adjunkpres. Cyril Ramaphosa sy amptelike besoek aan China sou gebruik om die Suid-Afrikaners se vrylating te verseker.

Nkoana-Mashabane het ook ʼn verklaring deur die noodlenigingsorganisasie Gift of the Givers dat vyf van die tien Suid-Afrikaners op vlugte na Suid-Afrika gewag het, bevestig. Hulle sou volgens berigte Vrydag in Suid-Afrika aankom.

Maroela Media het vroeër berig dat nege Britte en een Indiër saam met die Suid-Afrikaners in hegtenis geneem is ná ʼn toer deur antieke China. Hulle is glo daarvan beskuldig dat hulle terreurbande het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

J.Z ·

Word n mens somer net aan gehou of is daar iets waarvan ons nie weet nie?

Christine ·

China is ‘n baie agterdogtige land. Kommunisme is mos maar so. Die R2K beweging wil daardie soort beleid hier keer maar ons geagte president is blind daarvoor. Hy druk China nou ooral op ons af, so wees maar slim en kyk wat kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.