‘Oordeelsdag’ kom as SA vir ANC, EFF stem – Steenhuisen

John Steenhuisen tydens sy onderhoud met BBC. (Foto: Skermgreep)

John Steenhuisen, leier van die DA, sê indien Suid-Afrikaners vir die ANC óf die EFF in die komende verkiesing stem, “sal hulle ʼn oordeelsdag-scenario skep wat die ineenstorting van Zimbabwe soos ʼn kleedrepetisie sal laat lyk”.

Steenhuisen het dié opmerking in ʼn onderhoud op die Britse geselsprogram HardTalk with Stephen Sackur gemaak.

“Jy blaas vrees aan,” is Sackur se opmerking in reaksie hierop.

“Ek blaas nie vrees aan nie,” hou Steenhuisen vol.

Stephen Sackur en John Steenhuisen. (Foto: Skermgreep)

“Ek vertel aan mense die reine waarheid. Indien ʼn mens kyk na die EFF se beleid en waar dit oral in die wêreld toegepas is – of dit nou Venezuela, Zimbabwe of Kuba is – het dit net verdere werkloosheid, verdere ellende, verdere honger en armoede veroorsaak.”

“Jy praat van etniese en rassekonflik soos nog nooit vantevore nie. Moet jy nie ʼn bietjie versigtiger wees met jou woorde nie? Jy suggereer dat Suid-Afrika tans op die rand van die mees skrikwekkende afgrond is?” stel Sackur dan nog ʼn vraag aan die opposisieleier.

“Absoluut. Ek is eerlik met die kiesers.”

Steenhuisen waarsku dan verder teen ʼn moontlike koalisie tussen die ANC en die EFF.

“Stel jou voor hoe vreesaanjaend dit gaan wees wanneer die ANC op hul stemme staatmaak … om ʼn meerderheid te kan verseker.”

Rusland

Steenhuisen en Sackur bespreek tydens die onderhoud ook die beweerde wapentransaksie tussen Suid-Afrika en Rusland.

“Ek dink dit is waar. Ek dink ons het wapens aan Rusland verskaf,” het Steenhuisen hieroor gesê.

Volgens hom sal dit “ernstige geopolitieke gevolge” vir Suid-Afrika inhou, sou daar enige waarheid in die bewering steek.

Waarom nie eerder ʼn swart DA-leier?

Sackur vra in ʼn stadium tydens die onderhoud ook of dit nie dalk beter sou wees indien die voormalige Johannesburgse burgemeester, dr. Mpho Phalatse, aan die stuur van die DA was nie.

“Sy is ʼn mediese dokter. Sy is bekend vir haar wonderlike werk in die armer dele van Johannesburg. Sy het teen jou as leier gestaan. Sy is ʼn swart vrou. Jy is ʼn wit man. Flits dit nooit deur jou gedagtes dat jou party dalk groter aantrekkingskrag sou hê as iemand soos Mpho Phalatse die Demokratiese Alliansie lei nie?”

Volgens Steenhuisen het die voormalige DA-leier Mmusi Maimane se termyn die teendeel bewys.

“Ons het die swakste uitslag nóg tydens ʼn nasionale verkiesing gehad. Dit wys ras maak nie saak nie.

“Wat saak maak, is die vermoë om ʼn dwingende argument aan mense te kan maak,” sê Steenhuisen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Althes ·

Die ANC en EFF moet krimineel aangekla word vir menseregte skendings oor die verval in die land

Pietertjie ·

Ek sien die BBC praat al klaar van “President Malama”. Weet hulle iets wat ons nie weet nie, of is dit net propaganda?

CRDP ·

Feite, as die ANC volgende jaar weer verkies word gaan dit die laaste skoot wees vir die land. Suid-Afrika gaan nie nog 5 jaar staande bly met die korrupte diewe huidiglik in die kabinet nie. Maar ja ongelukkig weet ek ook nie hoe erg korrupsie is met die stemmery nie, die ANC wen dalk nogsteeds al kry hulle nie die meeste stemme nie. Dame wat in ons huis werk het my vertel wat gebeur by hulle voting stations as hulle gaan stem en dit klink nie goed nie, baie korrup. Daar word vir hulle gese voor hulle die kruisie trek vir wie hulle MOET stem.

JohanR ·

Ek is bevrees CRDP dat soos met Trump, gaan die Russe probeer on die verkiesing te beinvloed.

H.A. ·

Presies wat ek altyd gedink het. Die britte was nog ALTYD vyandig met die blankes in S.A. . Hulle sal altyd probeer iets doen of sê wat teenstrydig is met die blankes hier.

Goldy ·

Ja die britte se tyd kom, geen wereldryk het nog ooit so vinnig geval van waar hulle was tot hoe hulle vandag ineengekrimp het nie. Hulle gaan nog uit hulle eie land ook uitgeregstellende aksie word.

Amelia ·

Dit gaan nou al erg wat nog as ancen eff saamsmelt As daar nou al soveel probleme is gaan dit als uit mekaar val geen krag geen water geen atms geen werk nee geen niks als tot niet maar sal weer uit stof opstaan maar wat van tyd tussen in Kry kinders jammer

Cherokee ·

Die absolute enigste kritiek, noem dit beswaar, wat ek het teen hierdie gesprek tussen Stephen Sackur en John Steenhuisen, is Steenhuisen se geduld met Sackur. Steenhuisen bewys homself weer (en weer) as ‘n meester debatteerder. So gesê deur ‘n nie-lid van die DA wat die gewese PFP is.

Nettie ·

Dis waar Cherokee. Die Afrikanerleiers is volgens my almal baie goeie, geduldige en bevoegde debatteerders. Dis iets waarop elkeen van hulle trots kan wees.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Britte se eksperiment hier het reeds in 1910 misluk. Ironies het die Engelse in die Natal kolonie dit besef.

Goldy ·

Ons was nog altyd die britte se lab rotte. Sal nie meer dit kan toelaat nie.

Gertdup ·

Beslis! Ons is al klaar op ñ afgrond.Dit maak mens bang vir die toekoms van ons kinders.

Waarom ·

Ongelukkig sal die ANC en EFF aanhou die ras kaart speel en so elke keer die meeste werklose massas vir hulle laat stem. Die werklose massas word gebrein spoel dat dit die blankes is wat hulle so laat ly.

Vanessa ·

Ek gaan eerder die toekoms in met die DA wat eerlik is en die probleme raak sien as die ANC wat die land tot gronde laat gaan en dan maak of alles okay is , hulle ministers is onbevoegd in hul poste. Dit gaan nie oor kleur soos wat die man dit wil uitmaak nie. Dit gaan oor korrupsie, misdaad, load shedding alles wat ons ekononie beinvloed. Stem reg en maak ‘n verskil!!!!

isabelle ·

feite….ons is klaar in so gemors dat ek nie weet hoe ons land hier gaan uitkom nie STOP VOTING FOR ANC please. we are struggling

Papsak ·

Dankie Mnr John Steenhuisen ek stem saam jy praat die waarheid darem een wat iets raak sien en sy mond oop maak dankie vir jou mense moet luister wat jy se en gaan stem reg laat ons hier afgrond gestop kry solank die anc en eff regeer sal niks reg kom nie laat daai ou se wat hy wil jy is reg jy sien rask wat mense nie wil raak sien nie dankie jy n yster

Manie ·

Steenhuisen is reg, dink julself die volgende scenario in: Die ANC gaan nie ‘n volstrekte meerderheid kry nie en gaan aangewese wees om in koalisie met ‘n party of partye te gaan. Die ANC sal nie met die DA in koalisie gaan nie omrede hulle te veel verskil. Die eenvoudigste vir hulle sal wees om ‘n koalisie met die EFF aan te gaan waar Malema die knaap sal wees wat die kitaar slaan en waarskynlik op voorwaarde van adjunk presidentskap sal aandring. Behoede ons dit.

Althes ·

Verlengde ontstellende omstandighede soos armoede, werksverliese, veiligheid en sekuriteit, morele verrotting, depressie en wanhoop gemoedversteurings, selfmoorde, moorde sal voortduur.

Die ANC en EFF het maar net weereens bewys hul het ñ sterk Marxistiese reukie wat ñ land verdoem.

Henning ·

Ek is nie n DA ou nie, maar JS het hierdie Stephen Sackur goed en profesioneel geantwoord.
My vraag is: Het hy, Stephen Sackur, die guts om vir Julius Malema dieselfde vraag te vra? Byvoorbeeld: Hoekom het die EFF nie blanke lede of leiers nie? dan sou jy n uitbarsting en drama gesien het

annie ·

Sakcur is die tipe wat die ANC ingeforseer het as regering en wie die DA aangehang het om die ou NP sleg te maak. Nou kry hulle dieselfde medisyne. Brittanje is op dieselfde pad uit. Gee kans.

B-Man ·

Ons almal moet eenvouding net stem met die volgende verkiesing. Een wegbly-stem van die minderheid beteken twee stemme vir die regerende party. Ons kan vir enige party stem, NET NIE ANC OF EFF NIE!!!

Chris dupreez ·

Steenhuizen en die DA moet meer doen om stemme te werf en minder bla bla bla

Goldy ·

Rasbehepte stemmers sal ons nooit aanvaar nie en sal bly anc en eff stem, so besef nou dat onafhanklikheidsonderhandelinge enigste opsie is vir voortbestaan. Die waardeverskille is te groot en hulle wil nie vir jou stem nie oor jou ras.

Republikein in die Wes Kaap ·

Mense wat met jou verskil sal ook nie met alternatiewe voorstelle vorendag kom nie.

Goldy ·

Maar DA, voormalig PFP, dis dan wat die hele punt wat die ‘konservatiewes’ of eerder wyses julle al van destyds af teen gewaarsku het. Waarom nou so verbaas? Nou te laat om wakker te word.

Danie ·

Weereens die feite is daar en die waarheid maak seer.Wees eerder wakker voor dit te laat is.

Janice ·

Die engelse wil nie die waarheid hoor nie. Hulle vergeet baie maklik hoe hulle op hulle dag self van die vette van Afrika en spesifiek die ou Rhodesie en die RSA afgeleef het en nou laat wit Suid Afrikaners vir hulle hulp vra, word ons opsy gegooi asof ons niks is.

JohanR ·

Moenie vir die DA stem as nie van hulle hou nie. Maar asseblief tog moet ook nie vir die ANC of EFF stem nie. Daar is ander partye anders as die DA, en as hulle in koalisies is dan gaan daai stem darem nie vir die ANC of EFF. Ek soek rerig ‘n beter lewe in SA na 2024.

Nettie ·

Die meerderheid van ons sê dit al 20 jaar, vandat Zim geval het. Dis eers nou dat ons leiers ook dit begin erken.

Dit moet nou maar val en klaar kry. Ons sal weer opbou.

Sê maar net ·

Mnr. Sackur, kom bly vir ‘n jaar in Suid Afrika, in ‘n middelklas tot arm woonbuurt, nie tussen die bevoorregte elite nie. M.a.w ondervind vir jouself die haglike toestand van sake. Dan hou jy weer hierdie selfde onderhoud met mnr. Steenhuizen. Hopelik sal jou oë dan oop wees vir die waarheid….

Harley Davidson ·

Ek sal definitief DA stem in die volgende verkiesing al het ek in die provinsiale verkiesing VF + gestem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.