Oordeelsdag vir ‘moordenaar en verkragter’

court-hammer_thumbʼn 33-jarige man wat tereg staan op 57 aanklagte van onder meer moord en verkragting sal na verwagting Dinsdag in die Secunda-streekshof in Mpumalanga gevonnis word.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die beskuldigde staan tereg op 28 aanklagte van verkragting, 21 van ontvoering, ses van roof, een van poging tot verkragting en een aanklagte van moord. Hlathi sê die beskuldigde is op 21 Januarie 2011 in hegtenis geneem nadat hy tussen 2003 en 2010 ʼn skrikbewind in die Secunda-area gevoer het. Sy verhoor het in Maart 2011 begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Sy stoflike oorskot moes 3 jaar gelede al bygedra het tot lugbesoedeling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.