Ooreenkoms met stakende poskantoorwerkers bereik

Stakende Sapo-werkers hou 'n optog na Luthuli-huis. Foto: ANA

Stakende Sapo-werkers hou ‘n optog na Luthuli-huis. Foto: ANA

Enkele ure nadat stakende werkers van die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) ʼn optog na Luthuli-huis in Johannesburg gehou het, het die Communication Workers Union (CWU) aangekondig dat hy ʼn ooreenkoms met Sapo bereik het.

Vrydag het ongeveer 100 stakende werkers na die hoofkantoor van die ANC gestap om te eis dat die regering die nasionale tesourie opdrag gee om die sukkelende staatsinstelling te red.

Johan Kruger, Sapo se woordvoerder, het in ʼn gesamentlike verklaring met CWU gesê die twee partye het ooreengekom op ʼn proses om aandag te gee aan die werkers se ontevredenheid. Hy het ook gesê die partye gaan in die afsienbare toekoms weer vergader om oplossings vir die verskillende kwessies te bespreek, maar dat die CWU ingestem het om intussen die staking op te hef. Meer besonderhede oor die ooreenkoms wat bereik is sal volgende week aan CWU-lede deur gegee word.

Die vakbond het vroeër Vrydag die ANC gewaarsku dat hy tot “massa-aksie” sal oorgaan indien daar nie aan hul eise voldoen word nie. Die werkers, wat onder meer aandring op hoër salarisse en permanente aanstellings, het ʼn memorandum van hul eise by Luthuli-huis oorhandig. Die ANC het egter nie Vrydag op die vakbond se dreigement gereageer nie.

Mark Barnes, Sapo se uitvoerende hoof wat verlede jaar aangestel is om die sukkelende staatsinstansie te probeer red, het in April aan die parlement gesê dat Sapo R3,5 miljard nodig het om die Poskantoor uit sy benarde finansiële situasie te kry. Ongeveer R1 miljard van hierdie geld sal gebruik word om skuld te betaal, waarvan sekere gedeeltes al langer as ʼn jaar uitstaande is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

J ·

Mark Barnes sodra jy die poskantoor reg ruk en weer winsgewend is gaan hulle jou vervang met n BEE regstellende aksie. Dan gaan dit weer onder.

emiel ·

Ons kan sonder die poskantoor klaarkom. Baie beter dienste met koerierdienste, Pnet, en ander.

D ·

BEE di swakste van al di regering instansies. Lui en onnosel is hoekom daar gedurig gestaak word.

My bydrae ·

Staak minder, wees betyds vir werk, werk bietjie harder, wees effektief in jou werk…..Poskantore lewer ‘n diens en resultate word verwag asook hoflikheid. Minder oneerlikheid van regeringsamptenare sal ook meebring dat meer geld beskikbaar is om skulde te dek en dienslewering te verseker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.