Oorgrensmisdaad ‘ANC-regering se skuld’

Die grenspos by Van Rooyenshek. Foto: saportsofentry.blogspot.com

Die ANC-regering het grensgemeenskappe in die steek gelaat en moet regstreeks aanspreeklik gehou word vir die trauma wat slagoffers van oorgrensmisdaad ly, sê die DA.

In ʼn verklaring ná ʼn oorsiginspeksie van die Ficksburgse grenspos en Van Rooyenshek by Wepener in die Vrystaat sê die DA se Vrystaatse premierskandidaat, Patricia Kopane, Suid-Afrika se grens het ʼn geval van “kom een, kom almal” geword.

“As jy in ʼn gemeenskap naby Suid-Afrika se grens met Lesotho woon, bestaan ʼn goeie kans dat jy in jou huis beroof of wreed vermoor sal word, want die ANC-regering het geen respek vir menselewens nie,” meen Kopane.

“Inwoners, plaaslike sake-eienaars en plattelandse gemeenskappe deel dié gevoelens, want hulle leef elke dag saam met die werklikheid van onbeteuelde oorgrensmisdade, soos rooftogte, moord, die smokkel van onwettige goedere en veediefstal weens die land se poreuse grense.”

Die immerteenwoordige gevaar dat mense naby die grens misdaadslagoffers kan word, word vererger deur die ANC se “chroniese onvermoë om genoegsame en doeltreffende immigrasiebeamptes, militêre personeel om die grense te bewaak en ʼn eerlike, professionele polisiediens om misdaad te bekamp, op die grens ontplooi”.

By die Caledonrivier, sê Kopane, is die grensdraad afgebreek sodat burgers van Lesotho Suid-Afrika kan binnekom sonder behoorlike dokumentasie. “Hul beeste wei vrylik op die reuse‑stuk grond tussen die twee lande, wat gevaar vir plaaslike vee inhou. Onlangs is bek-en-klouseer in Limpopo en die Vrystaat aangemeld, en onbeperkte kontak met diere uit buurstate kan die probleem vererger.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Snoefie ·

Ai Kopane, sê ons al lankal dan word ons van rassisme beskuldig. Kyk hoe lyk daardie teerpad! Daar is geld vir staatsamptenare om tot R400 000+ per maand te verdien, dis mos verdomp belaglik. Hy/sy is nie direkteur van sy/haar eie besigheid nie en verdien nie om daaedie tipe salaris te kry nie. Zuma &kie se lewenskoste word gedra, nog n groot belaglikheid wat die land van geld beroof wat gebruik kan word om paaie oor te bou. Nee a. Hoeveel langer kan anc gesante die land so droogmelk? Ek dink buitendien die anc rig meer skade aan die land as “oorgrensmisdade.” Hpekom word opkomende boere nie op “daaedie eeuse stuk grond tussen die twee lande” gevestig word nie? Dit sal die onwettige weidin en insypeling ook verminder.

John ·

… maar as Trump oor dieselfde ding kla, waarsku en ‘n behoorlike grenslyn wil oprig, word hy as ‘n idioot uitgemaak. Sonder ‘n grens is geen land ‘n entiteit nie. Die groot vraag tuis, is hoekom die regering sy oe sluit vir die probleem of gebruik hulle die massas armes om armoede in stand te hou?

Spike ·

Die comrades en kaders is vir als in sa wat inmekaar tuimel verantwoordelik.

Henk du Toit ·

a

g

Ag asseblief me Kopane! waarom nou uitvaar oor oorgrensmisdaad? Siestog kom soek jy n paar wit stemme? Staan liewer by jou DA jeugleier wie die onderwyseres van Schweizer so verskeur het. vergeet maar van my stem, ditis te wit vir die DA

A

1+1 ·

Die aanspreekvorm “comrades” moet ‘n vloekwoord verklaar word, die moet verwerp word.

christa ·

hoef nie eers naby ‘n grens te woon nie. Oral word gemoor en verwoes.

Michelle ·

Is dit nie wat die ANC beoog en graag wou gehad het nie. Ongelukkig by hulle is jou lewe niks werd nie. Word jy vermoor is hy iewers weer oor ‘n grens en daar is geen geregtigheid nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.