Oorledene se naasbestaandes steeds soek

Die oorledene wie se naasbestaandes gesoek word. Foto: Verskaf

Die Pretoriase polisie is steeds op soek na die naasbestaandes van ʼn middeljarige man wie se liggaam onlangs langs ʼn rivier in Pretoria gevind is.

Konst. Mandlakayise Zwane, woordervoerder van die Wonderboompoort-polisie in die stad se Moot-gebied, het Maandag aan Maroela Media gesê die man se liggaam is op 4 Julie omstreeks 11:40 langs die Apiesrivier in Capital Park aangetref.

“Die man het nie enige sigbare wonde of beserings opgedoen nie. ʼn Geregtelike doodsondersoek is gedoen aangesien geen vuilspel vermoed is nie. Die man was ʼn hawelose wat in die gebied in die veld geslaap het en het ʼn groen baadjie en rooi broek aangehad toe hy gevind is,” het Zwane gesê.

Zwane het gesê die uitslag van die nadoodse ondersoek is verkry en toon aan dat die man aan natuurlike oorsake dood is. Hy was tussen 45 en 50 jaar oud.

Die polisie het ʼn foto van die man uitgereik en is nou op soek na enige inligting wat kan help om die man se naasbestaandes op te spoor. Die man se naam is aan die polisie bekend, maar mag weens wetlike aspekte nog nie bekend gemaak word nie.

Zwane het ʼn beroep op die publiek gedoen om die man se foto wyd te versprei met die hoop dat iemand die man sal herken. Mense wat weet wie die man se naasbestaandes is, word versoek om sers. Cari Putter by 012 335 2818 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sophia ·

Ai, Hartseer om dood te gaan sonder familie naby jou… Maar ek glo tog God was daar by hom! Rus in Vrede my vriend, jou eensaamheid en swaarkry is verby.

Hannelie ·

Ek stem saam jou Sophia. Hy het alleen gesterf, hoop regtig hul spoor sy familie op sodat hy ten minste ‘n ordentlike begrafnis kan kry. Rus in Vrede.

Lollie ·

Hartseer! Duidelik dat daar geen kontak tussen die familie was nie. Wonder wat gaan verkeerd in so persoon se lewe dat sy einde so tragies kan wees.

Ai ·

Seker dood van n stukkende hart. Dit baie hartseer wees om te voel dat absoluut niemand vir jou omgee nie.

Weet nie wat fout gegaan het in sy lewe nie maar rus in vrede, oom.

Lientjie ·

Dalk is die familie nie eers van Pta of omgewing nie. Vinger afdrukke kan dalk help met ‘n name om die naasbestaandes op te spoor.

jessica ·

Hoekom kan Maroela nuus nie e-tv kontak nie en sy photo op die nuus sit nie asseblief, die man het famielie laat iemand dit sien op Tv, almal lees nie die nuus hier nie, asseblief doen iets.

Lotte Bruwer ·

My hart breek vir so ‘n mens en ek sal altyd wonder wat hom daartoe gedryf het. Mag sy siel in vrede rus..

Die wet ·

Goed om te sien hoe die polisie in hierdie die wet nakom maar ander wette soos byv. (klagtes oor) rusverstoring word net geïgnoreer.

Liesl ·

Ek wens ook hulle wil maar sy naam noem. Hy lyk so bekend, maar ek kan net eenvoudig nie my vinger op dit plaas nie. Ek bly kyk en kyk vir die foto, maar die naam ontglip my. As mens sy naam en van weet dan kan jy dalk n idee kry van wie sy naasbestaandes is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.