Oorledenes geïdentifiseer in busbotsing

Die wrak van die bakkie is onder die voorkant van die bus aangetref. (Foto: Verskaf)

Die twee mans wat Saterdagoggend omgekom het in ʼn botsing tussen ’n bus, ’n bakkie en nog ʼn voertuig op die R71 tussen Letsitele en Gravelotte in Limpopo, is Sondag deur die polisie geïdentifiseer. Meer as 80 mense is in dié voorval beseer.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die oorledenes as MF Burger (36) en Jan Hendrick Louis (66) geïdentifiseer. Albei was van Phalaborwa.

Volgens Ngoepe ondersoek die polisie van Gravelotte die oorsaak van die botsing.

Maroela Media het vroeër berig die wrak van die bakkie is onder die voorkant van die bus aangetref en ’n derde voertuig enkele meters verder. Twee mans was in die wrak van die bakkie onder die bus vasgekeer. Paramedici kon die mans nie dadelik uit die wrak bevry nie omdat die bus van die bakkie af gelig moes word. Burger en Louis is albei op die toneel dood verklaar.

Die bus in die botsing betrokke. (Foto: ER24)

Daar word beweer dat die bus van Phalaborwa met 78 studente van ʼn opleidingskollege onderweg was na Lephalale. Die twee oorledenes was op pad na Tzaneen toe die bakkie waarin hulle gery het met die bus gebots het, het Ngoepe in ʼn verklaring gesê. ʼn Toyota Fortuner was ook in die botsing betrokke.

Die oorsaak van die botsing is in dié stadium onbekend, het Ngoepe gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

GR ·

As daar soveel oorlewendes is kan hulle mos verklarings gee wat die oorsaak van die ongeluk is,of is ek nou dom?

Lindie ·

Rus In Vrede Oom Jan. Tot ons mekaar weer sal sien eendag.

Tiger ·

Ai dis tragies.Innige meegevoel met die naasbestaandes van die twee oorledenes.
Dit wil voorkom of die Fortuner die bakkie van agter getref het – te klein volg afstand om betyds te kon rem?Hoe dit ookal sy die mense in die Fortuner sal kan vertel presies hoe die ongeluk gebeur het.

Mariaan ·

Hartseer…ek is al te bang om iewers heen te ry…was onlangs see toe…my senuwees was klaar! Net genade as mens weer veilig tuis kom…NOG N REDE hoekom hierdie land n tragedie is…geen reels… ens ena

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.