Oorledenes van kerktragedie dié week uitgeken, gegroet

Die toneel by die Pentecostal Holiness Church in Dlangubo waar 13 mense dood is nadat ‘n muur ineengestort het. (Foto: Leon Lestrade/African News Agency)

Die KwaZulu-Natalse provinsiale regering sal help met die begrafnisse van gemeentelede wat dood is toe ʼn kerkmuur Donderdag tydens ʼn Paasdiens buite Empangeni ineengestort het.

Premier Willies Mchunu het Maandag dié aankondiging ná ʼn spesiale sitting van die provinsiale uitvoerende raad in sy kantoor in Durban gemaak. Die raad het vergader om te besluit op die pad vorentoe ná die tragedie. Mchunu en sy LUR’e het daarna ʼn mediakonferensie gehou.

Twaalf mense en ʼn tienjarige seun is dood toe ʼn baksteenmuur van die Pentecostal Holiness Church in Dlangubo tydens ʼn kerkdiens ineengestort het. Altesaam 16 ander gemeentelede is beseer.

Die premier het gesê die getal mense wat dood en beseer is, asook die feit dat die ongeluk tydens Paasnaweek plaasgevind het, maak dit ʼn ongewone voorval.

Die toneel by die Pentecostal Holiness Church in Dlangubo waar 13 mense dood is nadat ‘n muur ineengestort het. (Foto: Leon Lestrade/African News Agency)

“Die voorste muur van die kerk het rondom 22:15 ineengestort weens ʼn erge donderstorm wat met sterk winde gepaardgegaan het,” het Mchunu gesê.

Hy het gesê ʼn aantal van die beseerdes word steeds vir verskeie frakture in die Ngwelezane-hospitaal buite Empangeni behandel.

Die polisie het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen. Dit sal na verwagting insluit om te bepaal of daar aan die toepaslike bouregulasies voldoen is. ʼn Forensiese ingenieurspan doen ook ʼn aparte ondersoek om te bepaal of die ineenstorting met strukturele defekte verband hou.

“Ons is in kennis gestel dat die forensiese spanne steeds besig is met hul ondersoekverslae oor die aaklige ongeluk en ons sal die uitkoms van die ondersoeke deel sodra al die prosesse afgehandel is,” het Mchunu gesê.

Die toneel by die Pentecostal Holiness Church in Dlangubo waar 13 mense dood is nadat ‘n muur ineengestort het. (Foto: Leon Lestrade/African News Agency)

Verteenwoordigers van die kerk en die regering sal Dinsdag teenwoordig wees wanneer familielede by die lykshuis in Richardsbaai byeenkom om die oorledenes uit te ken, het die premier gesê. ʼn Gebedsdiens sal om 09:00 gehou word voordat die liggame besigtig word.

ʼn Gedenkdiens sal Donderdag gehou word en die begrafnis sal na verwagting die naweek plaasvind.

“Hierdie is ʼn tyd om saam te kom, te rou en ʼn helpende hand uit te steek. Kom ons staan saam om te help verseker dat die lewens van hierdie verpletterde gemeenskap so gou as moontlik terug na normaal keer,” het Mchunu gesê.

Die provinsie se departement van samewerkende regering en tradisionele sake het Maandag in ʼn verklaring gesê die departement se bedryfsentrum het ingespring om die mense te help wat hul geliefdes moet gaan uitken. “’n Bykomende span dokters sal ingebring word om te help.”

Die toneel by die Pentecostal Holiness Church in Dlangubo waar 13 mense dood is nadat ‘n muur ineengestort het. (Foto: Leon Lestrade/African News Agency)

Biskop Moses Sibiya van die Pentecostal Holiness Church het Sondag in ʼn verklaring gesê die formele verslag van die ondersoek na die voorval sal aan die kerk voorgelê word sodra dit afgehandel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Te oordeel na die foto’s wil dit voorkom of die bakstene redelik maklik “losgekom” het van mekaar af? Dis ‘n baie tragiese gebeurtenis wat plaasgevind het!

B-man ·

Absoluut geen “brickforce” nie. Skreiend! Ten minste elke elke vierde laag, uit die foto’s kan gesien word dat daar niks is nie. Ook geen verbintenis tussen staalraam en muur nie. Dit lyk ook asof die struktuur eers vir ander doel opgerig was en die muur is aangebring vir die kerk-doeleindes. Die kantmure is anders. NHBRC en/of munisipaliteit behoort aanspreeklik gehou te word. Ongelukkig kan die ingenieur nie aanspreeklik gehou word nie, want hier was duidelik geen ingenieur betrokke nie…

Attie ·

Ook daai ding gesien. Swak en goedkoop bouwerk. Verbaas my (of liewers nie) dat die provinsie sommer nou n bydrae maak tot hulle begrafnisse. Wonder wat sou gebeur het as die oorledenes wit was.

Dries du Toit ·

Ja nee kom laat ons nie mede christene verguis nie. Laat ons nie so laag daal soos EFF en BLF nie

anton ·

Hou ook in gedagte Mario dat nie alle mense wat kerk toe gaan noodwendig Christene is en outomaties gered is nie.
Daar is ongelukkig baie valse Christene wat kerke se banke vol en warm sit!!

John ·

Waarom is die kerkdiens in die erge stormweer gehou en nie afgestel nie… en dit op die Donderdag voor die Paasnaweek of wou die bestuur wegbreek vir die naweek na hul seegemeente? Die dominee moet summier aangekla word vir die sterftes. Nie net het hy voor sy siel geweet die gebou is erg riskant nie, maar hy het sy gemeentelede erg in gevaar gestel in die storm… En toe gebeur die ergste. Nou word die oorledenes seker vanuit die murasie begrawe met die kollektebordjies vir brouwerk wat eerste rondgaan…
Nog Afrika-prediker wat die aandag van die polisie benodig…

Willie ·

Ja nee ek stem Anton, die meeste wat my al ingedoen het, is van formaat…

Jerry ·

Opregte Christene sit ook die kerkbanke vol, want geen mens, of jy n Christen is of nie, is gered voordat jy deur die dood voor die poorte van die hemel gaan staan. Daar by die poorte, daar sal jy uitvind of jy gered is of nie. Jesus het gese dat jy moet eers weer soos n kindjie word, soos n kindjie glo, jy moet n sagte hart he, want aan die kindertjies behoort die koningkryk van die hemele reeds. Volg dus Jesus se wee, Jesus se waarheid van geloof, hoop en liefde, waarvan die liefde die belangrikste is. Wees goed, doen goed sodat goedheid jou volg. Moet jou nie in die versoeking laat lei deur die bose nie, moet ook nie met die bose skoorsoek nie! Moet nie jou mede Afrikaners, mede Christene, mede mense te nakom nie. Moet dus nie onskuldige mede mense wat in die kruisvuur beland boikot en verguis nie, nie terwille van n sakeryk en selfbeskikking nie, nie terwille van enige saak nie! Indien jy die bose wil teengaan volgens jou eie plan, moet nie n lafaard wees en soos die bose agter mense skuil nie, moet dus nie agter die Afrikaner skuil nie, julle lafaards! Skuil agter julle lede wie se denke net so besoedel is soos julle eie denke!

Jy KAN weet ·

It is possible to already know TODAY where you are going to spend eternity when you die (Jh 3:18; 5:24; 6:47, 54; Rm 12:1; 1 Jh 4:17)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.