Oorlog kan SA hard tref – Steenhuisen

Die DA-leier John Steenhuisen. (Foto: Courtney Africa/ANA)

Die DA-leier, John Steenhuisen, waarsku dat die gevolge van die voortslepende konflik tussen Rusland en Oekraïne Suid-Afrikaners die hardste gedurende die winter gaan tref.

Dié waarskuwing kom nadat Steenhuisen ses dae lank dele van Oekraïne besoek het in die hoop om eerstehandse inligting oor die stand van sake in te win, en Suid-Afrika se siening oor die gebeure te verduidelik. Die besoek is uit verskeie geledere gekritiseer en daar is aangevoer dat Steenhuisen homself eerder van Suid-Afrika se eie uitdagings moet vergewis, waarvan daar volgens kritici meer as genoeg is.

“Die ontnugterendste waarneming wat ek gemaak het tydens my besoek aan Oekraïne was die besef dat hierdie oorlog nog lank nie verby is nie,” sê Steenhuisen.

“Ons het ook nou eers die gevolge van hierdie oorlog begin voel, maar dit sal binnekort in vlae kom wat groot lyding vir gewone Suid-Afrikaners gaan veroorsaak,” sê hy.

Volgens die leier van die amptelike opposisie sal groot dele van Oekraïne se landbougrond hierdie seisoen onbenut bly lê. Baie burgers is ook reeds in die weermag opgeneem en sal dus nie in staat wees om in hul sektore van die ekonomie te werk nie.

“Selfs al sou die gevegte nou ophou, sal die ekonomiese verwoesting – en veral die landbou-aspek daarvan – jare neem om te herstel,” sê hy.

Oekraïne is die grootste produsent van sonneblomolie, die derde grootste produsent van mielies en een van die vyf grootste produsente van koring ter die wêreld. Tussen Rusland en Oekraïne lewer dié twee lande byna ʼn derde van die wêreld se koring- en garsuitvoere.

Afrika is veral afhanklik van graan uit hierdie streek en volgens Steenhuisen word een uit elke drie stukkies brood wat in Afrika en die Midde-Ooste gemaak word, deur koring van hierdie streek gemaak.

“Ons sien reeds stygende pryse as gevolg van beperkings op Oekraïense uitvoere, so dit gaan baie erger word voordat dit beter word,” sê hy.

“Dit is hoekom hierdie almal se oorlog is.”

Steenhuisen het reeds onderneem om die provinsiale regering in die Wes-Kaap te betrek oor maniere om die plaaslike produksie van gewasse soos koring en olie in die provinsie te versterk in die hoop dat dit Suid-Afrikaners sal help beskerm teen die globale tekorte en stygende pryse.

Oekraïners se veerkragtigheid ‘bewonderenswaardig’

Aanvalle in Kiëf duur voort (Maart 2022) (Foto: Aris Messinis/AFP)

“Daar is ʼn ongelooflike sterk vasberadenheid onder Oekraïners om te veg om hul land te red, en om te herbou wat reeds vernietig is,” sê Steenhuisen.

Talle wêreldleiers het reeds die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, gesmeek om homself en sy land aan Rusland oor te gee, maar volgens Steenhuisen is “oorgee” nie in hierdie burgers se woordeskat nie.

“Die eerste ding wat jou opval wanneer jy met leiers, akademici of gewone burgers praat, is dat nie oorgee óf selfbejammering ʼn opsie is nie.

“In gebiede waar die Russiese weermag hom reeds onttrek het, het dit net dae geneem vir Oekraïners om met die skoonmaak- en herbouprose te begin. Die strate van Kiëf is grotendeels skoon en netjies, dienste is herstel en selfs brûe en paaie rondom die stad word herbou,” sê hy.

“Die mense van Oekraïne doen alles wat hulle kan om hierdie oorlog te beëindig, maar hulle het die res van die wêreld nodig om hulle te steun.”

Volgens Steenhuisen was dit opmerklik dat die Oekraïense samelewing, ten spyte van onderlinge verskille, so verenig is.

“Ek het verskeie leiers in die regering sowel as leiers in die opposisie ontmoet en met hulle gepraat. Hulle staan ​​almal verenig teen ʼn gemeenskaplike vyand, en hulle het dit baie duidelik gemaak dat hulle nie ʼn kompromie met hierdie vyand sal aangaan nie.”

Steenhuisen voer aan dat Suid-Afrika iets hieruit kan leer en eerder saam kan span om die gevolge van hierdie oorlog te hanteer.

“Vergeet van faksiegevegte in die regerende party. Vergeet van die sinnelose en eindelose voortsetting van die Covid-19-regulasies. Vergeet daarvan om kinders by die skool te dwing om maskers te dra. Nie een van hierdie goed is belangrik nie,” sê hy.

“Soos Oekraïne het ons nou ʼn gemeenskaplike vyand op pad. Daarom moet ons ons hulpbronne en pogings saam sit sodat ons stygende voedselpryse kan beveg, en armoede en hongersnood kan bekamp.

“As ons in hierdie taak misluk, sal dit ʼn winter wees wat niemand van ons sal wil onthou nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Luister ·

Die Russe skiet die mense en dorpe in vlarde. Dit is wat aangaan in Donbas en Lugansk.

Manie ·

SA produseer genoeg koring en mielies vir eie gebruik, merk net die verpakking met “not for sale to farm murderers”.

Bertie ·

Smeek gaan nie vir hom help nie. Hy is soos ‘n verwoede bul wat net vorentoe storm en geen duit omgee vir al die trauma, skade en lewensverlies wat sy hardkoppigheid veroorsaak nie.

Harley Davidson ·

Uiteindelik iemand wat sin maak, Dr Groenewald val in onder hom dalk net miskien kan ‘n beter toekoms wink.

Dries ·

Ja as ek nie binnekort van dr Groenewald hoor oor hierdie saak nie gaan ek baie ongelukkig wees

Pietertjie ·

Wat Suid-Afrika die hardste gaan slaan is die gevolge van Rastellende Aksie. Vóór dit was ons ‘n netto uitvoerder van die meeste kommoditeite hier ter sprake. Ons kon grootliks onaangeraak gewees het as dit nie vir die “regering” se kortsigtige ras-beheptheid was nie.

De Villiers ·

Ek het ‘n fout gemaak om vir die spul te stem en daarvoor is ek jammer.

‘n Donkie stamp nie sy kop twee keer teen dieselfde klip nie, so hierdie donkie sal volgende keer beter stem.

Jean ·

Daar is nie ‘n volgende keer nie, want die meerderheid sal altyd anc stem

Doors ·

Van watter spul praat jy? Jy lewe in ‘n droomwêreld as jy dink jy gaan weer ‘n kans kry om daaroor te stem!

annie ·

Nee. Steenhuisen gaan nie nou ons president word nie. En al het Zolly jou so laat glo, patetiese Oekraïene sorg nie vir die hele wêreld se kos nie. Eintlik is Rusland baie belangriker en dit is wat almal begeer; sy grond en minerale. Zelensky is een oomblik ‘n Jood wat neo-Nazi’s omarm en dan weer ‘n Rus wat ou-Nazi’s wen in WO2… en nou soek hy WO3 om die tsar te word. Sy draaiboek vir grootsheid is boos. Die Boereoorloë is ‘n voorspel tot dieselfde oogmerk: mag en rykdom.

Marthinus W ·

Zelenski het gister n foto getweet van n Oekrainse soldaat met n lapelwapen: Hitler se 3rde SS-regiment. Een foto se meer as 1000 woorde,…

Jakes ·

Laat Steenhuizen se waarnemings dan nou n geleentheid skep vir ons boere om juis hierdie gewasse op grootskaal te plant. Ons plant genoeg mielies maar wat van sonneblom en gars?

Kokerboom ·

Smeek gaan NIE help. Die man het ‘n massiewe kortsluiting in sy bedrading

Grassie ·

Hierdie oorlog is soos wanneer jy in ‘n boksgeveg ‘n veergewig bokser teen ‘n swaargewig laat veg – daar kan net een wenner wees. Die Anglo-boereoorlog was ook so. Gen De la Rey het vir Oom Paul gevra om nie oorlog te verklaar nie maar die probleem polities te probeer oplos. Oom Paul het gevra “Is jy bang?” Die uiteinde is wel bekend. Gen De la Rey was ‘n bittereinder. Die Boere wat oorleef het se plase was verwoes, hulle het net die klere aan hul lywe gehad. Van hul vrouens en kinders het 27000+ in die Engelse helkampe gesterf. Ek sou graag wou sien dat ‘n span antropoloë uitwerk wat die Boere Afrikaners van vandag se posisie en status in ons land sou wees as Oom Paul vir die generaal geluister het. Ek is nie ‘n Jingo nie. My oupa was ‘n bittereinder en albei my oumas was in ‘n konsentrasiekamp.

Luister ·

Die verskil: Oekraine het nie oorlog verklaar soos die Boere nie en probeer hulself net verdedig. Onderhandelinge sou net tot anneksasie gelei het in elk geval. Brittanje wou daardie blink goud hê.

Andre ·

Oekraine het die wêreld se muishond geword en almal probeer hulle belange daar beskerm met sanksies wat hul eie mense benadeel.

Akhenatha ·

Hierdie oorlog is sleg vir ALMAL in die WêRELD! Maar ‘n saak het altyd twee kante. Hoe kan Steenhuisen voorgee hy verteenwoordig Suid Afrika. Hy verteenwoordig slegs ‘n gedeelte van die Blankes? Ukraine is glad nie onskuldig nie.

Marthinus W ·

Die afgelope naweek het die G7-lande (VSA, VK, Kanada, Duitsland, Japan, Italie, ) n verklaring uitgereik, dat die slag op die oorlogveld beslis sal word; hulle gaan veg tot die laaste Oekrainer val. Verlede week het n Oekrainse amptenaar erken dat hulle op die punt was om vrede te sluit, toe Boris Johnson daar instorm en se dis nonsens, Engeland sal wapens gee sodat hulle aanhou veg. Is dit goeie vriende? Is dit lande wat omgee vir die Oekrainers?

Jaco ·

Uiters vreemd dat die ANC so min of meer vir Rusland steun. Rusland wil basies die etnies-Russiese dele van die Oekraïne beset en beskerming teen sogenaamde slegte behandeling vanaf die Oekraïne.
Draai dié nou om en pas dit op SA toe: ‘n ander land val SA aan om ‘n einde te maak aan die onderdrukking van wit mense en kleurlinge in die Wes-Kaap.
Die ANC is vol dubbele standaarde: blykbaar is Rusland se “beskerming” van Russe in die Oekraïne reg. Blykbaar is die skep van ‘n Palestynse staat reg. Blykbaar is die outonomie wat China aan Hong Kong en Macao gee ook reg. Net wit mense in SA wat vra vir outonomie/selfregering is egter verkeerd,rassisties en “vol apartheid”.

stargazer ·

Steenhuizen lief. Zelensky het ALLE OPPOSISIE EN MEDIA verban, grootste OPPOSISIE leier is nou nog in aanhouding, so hoe kon hy met hulle praat. Die DA is klaar en Kan nie gou genoeg gebeur nie

Cryptogruppe ·

gaan na die naaste stasie en jy sal sommer sien hier woed ook ‘n oorlog- sonder wapens word die infrastruktuur stukkie vir stukkie afgebreek met geen redding in sig. Waarom vee jy nie voor ons deur nie?

Amelia ·

Hy is dan altyd besig om voor ons deur te vee, met net hierdie een uitsondering?

Gerhard Adriaan ·

Rusland is die agressor, daarom kies ek Oekraïne se kant. Ek wonder egter of Denel die uitmuntende geleentheid met alby arms aangegryp het en begin besigheid doen het met Oekraïne en Rusland! So hartseer as wat oorlog is, as jy in die wapenbedryf is, is oorlog lewensbloed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.