Oorlog wink oor Russiese strewe na ‘mag, glorie’

‘n Soldaat van Oekraïne stap deur die dorp Schastia, naby die stad Lugansk. (Foto: Aris Messinis/AFP)

ʼn Oorlog tussen Rusland en Oekraïne blyk ʼn al groter moontlikheid te wees en kenners waarsku Moeder Rusland is goed voorbereid op ʼn oorlog.

Nietemin sê Russiese president Wladimir Poetin Moskou is gereed om na “diplomatieke oplossings” te kyk te midde van verhoogde spanning met die Weste oor Oekraïne. Hy het wel benadruk dat die land se belange nie onderhandelbaar is nie.

“Ons land is altyd oop vir regstreekse en eerlike dialoog, vir die soeke na diplomatieke oplossings vir die mees ingewikkelde probleme,” het Poetin Woensdag in ʼn videoboodskap gesê.

Maar, het hy bygevoeg, “die belange van Rusland, die veiligheid van ons burgers, is nie vir ons onderhandelbaar nie”.

Oekraïne het Woensdag ʼn beroep op sy burgers gedoen om Rusland “dadelik” te verlaat, terwyl Engeland Dinsdag begin het om sanksies teen Rusland in te stel. Die stap kom nadat Poetin gister die onafhanklikheid van die Donetsk- en Lugansk-streek van Oekraïne erken het en enkele ure later sy weermag opdrag gegee het om die “handhawing van vrede” in die rebelle-republieke oor te neem.

Prof. Theo Neethling, ʼn politieke en militêre kenner verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), sê alles dui tans daarop dat Rusland beoog om ʼn volskaalse militêre aanval op Oekraïne te doen. Hy meen egter ook hoewel dit “baie laat geraak” het vir diplomasie, dit nog nie té laat is nie.

“Die feit dat Rusland erkenning gee aan die twee wegbreek-‘republieke’ in die ooste van Oekraïne, dui ook daarop dat Rusland reeds sy voet in die deur gekry het in minstens ʼn gedeelte van Oekraïne,” sê Neethling.

“Rusland het selfs sy diplomatieke personeel aan Kiëf onttrek en die vraag is nou of Rusland die twee genoemde gebiede gaan beset en selfs die hele Donbasprovinsie, waarvan die twee wegbreek-‘republieke’ deel vorm.”

Neethling meen ʼn aanval van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) op Russiese magte, sal die heel laaste opsie wees en dat eers probeer sal word om alle internasionale diplomatieke middele in te span om Poetin van sy aanvalsplanne te laat afsien. Rusland se volgende stap mag dalk wees om die twee rebellestate militêr te beset, of selfs die hele Donbasprovinsie.

Russe het ‘formidabele’ weermag

Russiese weermagvoertuie word op ‘n trein by ‘n stasie naby die grens met Donetsk gelaai. (Foto: AFP)

Dat Rusland goed voorbereid is vir ʼn oorlog, is nie altemit nie.

Neethling sê Rusland beskik oor ʼn “formidabele militêre mag” en dreigemente van Moskou – en Poetin met sy sterk nasionalistiese ideale – moet ernstig opgeneem word.

“Die Russiese weermag tel met sy meer as een miljoen soldate onder een van die vyf grootstes ter wêreld,” sê Neethling.

China, met meer as twee miljoen soldate, is in die eerste plek, gevolg deur Indië met net minder as 1,5 miljoen soldate, die VSA met ongeveer 1,4 miljoen soldate en Noord-Korea met ongeveer 1,3 miljoen.

Suid-Afrika het sowat 66 500 aktiewe weermaglede.

Neethling sê tog word die Russiese weermag volgens verskeie bronne in terme van vuurkrag, naas die VSA as die tweede sterkste militêre mag in die wêreld beskou.

“Dit is inderwaarheid die weermag met die grootste aantal tenks, grootste aantal kernplofkoppe, die tweede grootste lugmag (naas die VSA) en die derde grootste aantal duikbote (naas die VSA en China).

“Moskou se besteding op militêre uitgawes is ook hoog en het sedert 2008 met ongeveer ʼn derde toegeneem,” sê Neethling. Die verwagting is dat dit in die toekoms selfs meer sal groei.

Poetin se droom

Rusland se departement van verdediging in Moskou. (Foto: Dimitar Dilkoff/AFP)

Volgens Neethling beskou Poetin Rusland as ʼn land met grootmoondheidstatus, en selfs supermoondheidstatus. Hy het veral in die afgelope dekade gestreef na die herstel van politieke invloed, mag en selfs glorie wat Rusland as deel van die voormalige Sowjetunie tydens die Koue Oorlog geniet het.

“Hy erken nie Oekraïne as ʼn land met ʼn reg op selfstandige bestaan nie en sien ook nie die inwoners van Oekraïne as ʼn afsonderlike volk nie, maar as Russe wat by Rusland tuishoort en ingesluit moet word.

“Die Westerse wêreld glo dit is Oekraïne se reg as onafhanklike staat om by Navo aan te sluit as die inwoners van die land só besluit. Dit is wat die VSA en Europese lande in konflik met Poetin bring, asook die feit dat Poetin Navo verafsku en as ʼn groot politieke en veiligheidsbedreiging vir Rusland beskou,” sê Neethling.

Volgens Neethling is daar sterk historiese, etniese en kulturele bande tussen Rusland en Oekraïne – en daarom maak Poetin ʼn politieke aanspraak op Oekraïne se aansluiting by Rusland.

“Hierbenewens wil Poetin die VSA uit Europa dryf. Dit alles skep baie spanning tussen Rusland en die Weste,” sê Neethling.

Nadelige handelsgevolge – en olieprys styg

Oliepryse het Woensdag begin stabiliseer terwyl beleggers die situasie tussen Rusland en Oekraïne dopgehou en minder ernstig as verwagte sanksies eindelik teen Moskou ingestel is.

Die prys van olie het vandeesweek tot net-net onder die $100-kerf gestyg, ʼn vlak wat nie sedert 2014 gesien is nie.

Neethling sê hoewel Suid-Afrika nie regstreeks deur ʼn oorlog tussen Rusland en Oekraïne geraak gaan word nie, sal dit beslis onregstreeks gevoel word – veral omdat die internasionale olieprys skerp kan styg.

“Rusland lewer groot hoeveelhede olie en natuurlike gas aan Europa wat deur pypleidings in Oekraïne na Europa vloei. Die lewering van dié olie en gas aan Europa kan baie nadelig deur ʼn oorlog geraak word en etlike Europese lande ekonomies skade aandoen met baie negatiewe internasionale handelsgevolge.”

SA se stilswye

Die DA het vandeesweek Russiese aggressie onder die “dekmantel van die handhawing van vrede, veiligheid en stabiliteit verwerp” en gesê die Suid-Afrikaanse regering moet dieselfde doen.

Suid-Afrika is ʼn lid van die Brics-groep van lande, wat bestaan uit Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika en die regering het tot dusver geen beduidende stellings oor die spanning gemaak nie.

Maar Neethling bestempel die situasie as grootmoondheidspolitiek en sê “Suid-Afrika se politieke invloed is veels te klein om enige verskil te maak”.

“Omtrent al die state wat betekenisvol betrokke is, is kernmoondhede. Terselfdertyd is Suid-Afrika se stilswye en gebrek aan ʼn standpunt veelseggend in die sin dat Suid-Afrika nie enige standpunt sal wil inneem wat hom in ʼn posisie sal plaas om teen sy Brics-genote te gaan nie.

“Dít, al is China en Rusland ondemokraties en outokraties van aard en state wat geen grondwetlike waardes met Suid-Afrika deel nie. Daarby neem Suid-Afrika vir jare reeds ’n houding in wat nie pro-Westers is nie,” sê Neethling.

Bykomende bron: AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

JohanR ·

Lyk my die wereld gaan weer ‘n Winston Churchill nodig he? Miskien is sy naam Bheki Cele….en daar val ek a

JohanR ·

Lyk my die wereld gaan weer ‘n Winston Churchill nodig he? Miskien is sy naam Bheki Cele….en daar val ek alweer van my stoel af van die lag!

Anoniem ·

Toegerus met 8 Kernplofkop Posduiwe, 4 ANC klas Rob Duikbote (wat kan sink, maar nie weer opkom nie) en 2 Bataljons Muishond Gevegseenhede.

Tipper ·

Dat een man se opgeblase ego die wêreld so op die afgrond kan hou!

Robert ·

Ja nee daai Biden is nogal verwaand… sy seun ook en die ander Demokrate met belange daar.

JohanR ·

En Hitler was ook nie, en kyk hoe het hy die wereld verwoes en eintlik niks beryk nie behalwe vir dood en ellende! Toe Hitler die hoofstad van Yogoslavia Belgrade inval was daar amper nie iets meer lewend daar toe hy klaar is, van mens, tot perd tot voel, en alle geboue was in pyn gele. Wil ons dit rerig weer sien?

Colin ·

Ek stem saam JohanR. Enige persoon (soos Putin/Poetin) wat die wette van ‘n land verander om langer as president te kan dien is gevaarlik. Dis ‘n magsbeheptheid wat niks goed gaan inhou nie. As die Oekraïne by NAVO, BRICS of hul naaste golfklub wil aansluit is dit hul reg as onafhanklike staat om hul eie besluite te neem. Putin gebruik die seperatiste as verskoning om amok te maak.

Treurwilger ·

Colin, wette verander om langer te dien is beslis nie goed nie, maar verskil nie wesenlik van beroepspolitici en politiekgedrewe ‘mafia’-families in die VSA wat lewenslank dinge uit Washington beheer nie.
Clinton, Bush, Biden, Romney, Cheyney, McCain etc. etc. etc.

Misky ·

SA het 66 500 bakkers in weermagbasisse. Ons het ongeveer 30 jaar nie meer ‘n weermag nie.

Twallie ·

Ek vra hoekom Vladimir Putin in die artikel as Wladimir Poetin gespel word dan verwyder Maroela Media my vraag?

Hoe druis dit in teen julle “bepalings en voorwaardes”? Mag lesers nie vrae vra nie?

Wat is volgende….Jou Baaiden ipv Joe Biden?

LOL.

Janice du Plessis ·

Dagsê

Buitelandse eiename word in Afrikaans getranslitereer wanneer die twee tale nie dieselfde alfabet gebruik nie. In Engels word die naam, Влади́мир Влади́мирович Пу́тин, byvoorbeeld as “Vladimir Putin” gespel, en in Afrikaans “Wladimir Poetin”, of Горбачёв word as “Gorbachev” of “Gorbachyov” gespel, en in Afrikaans “Gorbatsjof”.

“Wladimir Poetin” is dus die standaard Afrikaanse transliterasie vir sy naam uit die Sirilliese alfabet wat die Russe gebruik na die Latynse alfabet wat ons gebruik. Die spelling “Vladimir Putin” is die standaard Engelse transliterasie vanaf Sirilliese skrif na die Latynse alfabet wat Engels gebruik. Die Franse spel sy naam byvoorbeeld “Vladimir Poutine”, die Spanjaarde skryf “Vladímir Putin”, en so voorts.

Groetnis
Janice
nms Maroela Media

piet ·

Ons verstaan maar persoonlik dink ek alle lande moet dit spel soos dit oorspronklik geregistreer is in die man se moederland. Hoe spel mens dit direk vanaf Russies dis hoe dit in alle tale gespel behoort te word volgens my? Kyk dan nou die Afrikaanse spelling van Gorbatsjof, genade mens weet eintlik nie eers na wie verwys word nie.

Twallie ·

Dis ‘n redelike vraag en Maroela het dit beantwoord, en ek verstaan nou hoekom dit gedoen word.

johan ·

Sy naam is Putin, en dit het niks met ‘n sug na mag te doen, maar om sy land teen die redelose onophoudelike vergroting van NAVO al nader na sy grense te stuit.

Twallie ·

Ek verstaan nie hoekom hulle nie die mense se name reg spel nie. Jy kan nie alles wil verAfrikaans nie. Dis verskriklik irriterend.

Jou Baaiden en Borrie Jansen. LOL.

Janice du Plessis ·

Dagsê

Buitelandse eiename word in Afrikaans getranslitereer wanneer die twee tale nie dieselfde alfabet gebruik nie. In Engels word die naam, Влади́мир Влади́мирович Пу́тин, byvoorbeeld as “Vladimir Putin” gespel, en in Afrikaans “Wladimir Poetin”, of Горбачёв word as “Gorbachev” of “Gorbachyov” gespel, en in Afrikaans “Gorbatsjof”.

“Wladimir Poetin” is dus die standaard Afrikaanse transliterasie vir sy naam uit die Sirilliese alfabet wat die Russe gebruik na die Latynse alfabet wat ons gebruik. Die spelling “Vladimir Putin” is die standaard Engelse transliterasie vanaf Sirilliese skrif na die Latynse alfabet wat Engels gebruik. Die Franse spel sy naam byvoorbeeld “Vladimir Poutine”, die Spanjaarde skryf “Vladímir Putin”, en so voorts.

Groetnis
Janice
nms Maroela Media

Barend ·

Hitler het ook “Oostenryk en Poland is maar eintlik deel van ons” gebruik en kyk waar het dit gedraai.

Twallie ·

Dankie vir die verduideliking, Janice. Nou verstaan ek die verskille in hoe sy naam gespel word.

piet ·

Ja dis interessant maar maak dit nie “reg” in my opinie nie. Ek reken dit moet direk uit Russies vertaal word en in alle lande so gespel word. Van die name word so verander mens weet in sommige gevalle nie eers na wie verwys word nie. As ons dit begin doen, moet ons Spaanse name soos Rafael Nadal dan ook Afrikaans maak. Wat sal dit dan wees? Riaan Nortje of so iets? Dit begin grens aan die belaglike myns insiens. Riaan Nortje het weer die Kwartaar Ope gewen. LOL

Kokerboom ·

Die wereld sal ‘n beter plek wees deur magsbehepte heersugtige heersers betyds te elimineer

Autobahn ·

Die meerderheid van Duitsers sien vir Putin en Rusland nie as vyande nie. Teenstaande alle pogings deur die Duitse regering om ´n negatiewe beeld van Putin in die bevolking te veranker. Die Duitsers vind ook nie dat die Oekraïne in die Nato behoort nie. Veel eerder wil die meerderheid van Duitsers dat die VSA sy Kernwapens uit Duitsland verwyder.

As ek reg onthou het die Nederlanders en Franse reeds in vorige referendums met ´n meerderheid daarvoor gestem dat die Oekraïne nie in die EU mag kom nie.

Putin is nie ´n gevaar vir ons nie. Die westerse regerings vandag is ´n gevaar vir die eie burgers.

LeonS ·

Veral Duitsland hul vinnig besig om agteruit te gaan hul weermag ook nie meer wat wonders nie, hul moet nou maar kruip om simpatie te soek, veral met hul klomp immigrante

JohanR ·

Die vraag nou is as die Oekraïne, oorompel is watter land is volgende, en daar sal ‘n volgende en volgende land wees!

Anthony ·

Suid-Afrika het sowat 66 500 aktiewe weermaglede……………………LOL……come on,

annie ·

Mag en glorie… Wow! Hoe het die outeur daarby uitgekom? Wat noem mens Robinson se ontvlugtingsgedrag en Biden se verkeerde-‘raak’-voorspellings? Sou Rusland werklik oulik gewees het as hy die opbou op sy grens met die Oekraïene bloot net geïgnoreer het? Kyk het hoe het die VSA aangegaan toe Rusland destyds tydens Kennedy se termyn wapens aan Kuba verskaf het. Eensydige kommentaar: 007-geïnspireer.

Marthinus W ·

In 2014 het Amerika 300 lede van die 173rd Airborne Brigade ingestuur, die CIA-hoof het daar gekuier, en toe verskyn daar n biologiese-oorlogslaboratorium van die Pentagon in Oekriane. Die Russe sien, en weet wat dit beteken. Na agt jaar het hulle genoeg gevra vir vrede.

Ettienne ·

Suid-Afrika het lank nie meer ‘n weermag nie. SA het slegs militia of ‘n para-militêre polisiëringsmag. Vir die wat skree vir ‘n sterker weermag. Wees versigtig. Afrika het ‘n geskiedenis van staatsgrepe….

Marthinus W ·

n Skoolkind het Poetin eenkeer gevra of Rusland n supermoondheid is. “Nee”, ons is nie” het Poetin geantwoord, “en ons het geen begeerte om een te wees nie. Dit kos baie geld, en dien geen doel nie”. Die onderhoud is op die net beskikbaar, waar enige professor dit sekerlik sal kan opspoor en bestudeer.

Poetin het eenkeer gesê, “Enigeen wat nie spyt is oor die einde van die Sowjetunie nie, het geen hart. Enigeen wat dink jy kan die Sowjetunie herskep, het geen verstand.” (My vertaling van prof Stephen F Cohen se aanhaling).

Poetin se beroemdste aanhaling is dat hy gese het die ineenstort van die Sowjetunie is een van die grootste katastrofes van die 20ste eeu. In die Weste word dit vertaal as “die grootste” ipv “een van die grootstes”. [Russies het nie n woord “die” nie] Gister, op Nederlandse nuus het hulle weer hierdie aanhaling verkeerdelik gebruik om te bewys dat Poetin se ambisies met Oekraine suiwer gierigheid en megalomanie is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.