‘Oorlog woed teen SA se vroue’

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Phando Jikelo/ANA

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag op Vrouedag gesê die gewelddadige oorlog teen vroue in Suid-Afrika moet tot ʼn einde kom en dat ʼn beraad aan die einde van die maand in dié verband gehou sal word.

“In klein en groot dorpe, in huise, in skole, in kolleges en universiteite, in parke en openbare plekke word daar ʼn oorlog gevoer teen vroue se reg tot veiligheid en gelykheid,” het Ramaphosa tydens ʼn byeenkoms in Paarl in die Wes-Kaap gesê.

“Ons moet besef dat ons nie vroue óf hul liggame besit nie en ons moet ook nie probeer om hulle te domineer nie.”

Ramaphosa het gesê die buitensporige emosionele en fisieke mishandeling van vroue wys dat die regering en samelewing misluk het om gehoor te gee aan die belofte van 1994 van ʼn nie-seksistiese, nie-gewelddadige post-apartheid staat.

“Die aanval op die waardigheid en integriteit van vroue het ongekende vlakke bereik. Daar is ‘n werklike gevaar dat geweld teen vroue so deurdringend geword het dat ons as ‘n samelewing geleidelik onbewus geword het en opgehou het om dit as ʼn gruwel te beskou.”

Ramaphosa het ʼn oomblik van stilte versoek vir al die vroue wat al aangerand, verkrag en vermoor is.

“Ons sal hierdie vlaag moorde op vroue, die verkragting van vroue, en die geweld teen die vroue van ons land stop.” Die nasionale beraad sal op 31 Augustus gehou word.

Ramaphosa het daarop gewys dat patriargie ’n bepalende kenmerk van die samelewing bly. Hy het gesê daar moet verstaan word hoekom mans vroue verkrag en vermoor.

Die beraad sal daarop fokus om ʼn konsensus te bereik oor ʼn doeltreffende en dringende benadering tot geslagsgegronde geweld, diskriminasie teen vroue en ongelykhede.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Wonder net ·

Pragtige belofte dat geweld en verkragtings teen vroue gestop gaan word.
Tot nou het julle liederlik gefaal om enige geweld te stop.
Dit is stakings en brande oraloor.
Alles word gemonitor.
Gaan die een gestop of gemonitor word?
Wys ons of die belofte waar gaan word.
‘n Hele kultuur moet verander. As jy labolla betaal het is die vrou jou eiendom en mag jy met haar maak soos jy wil.
Nou word daar weer geld gemors op ‘n beraad om dit te bespreek.
Mishandeling en verkragtings is nie toelaatbaar nie. Punt STOP.
Verwyder skuldiges uit die samelewing met geen borg tot vonnisoplegging.
Ons het al hoeveel keer gelees van ‘n verkragter uit op borg en dan verkrag hy alweer.
Het julle hierdie keer die wil om ferm op te tree?

Peet ·

Verkleurmannetjie. Wat van die oorlog teenoor wittes en boere?

marous ·

Wie se monde en dade dink hy het die wetteloosheid wat die land oorheers veroorsaak ? Sy stilswye oor moorde van blanke vrouens is duidelik goedkeurend daarvan . Hy weet baie goed dat sy regerende party die oorsaak is dat die regering disfunksionel geraak het en anargie die direkte gevolg daarvan is. Hy en sy gevolg se onvermoens om enigsins met doelgerigte integriteit , waardes en voorbeeldige leierskap suksesvol te regeer , sal verewig op die witman en meer spesifiek die Afrikaner blameer word.

Willie ·

Ag asseblief CR, talk is cheep, money buys the whiskey.. Die hele land is in n gemors… Die ANC het n minister van ondewys beskerm met sy nagklubs aanrandings… Die cANCer is een van die grootste kwaat stekers, dink julle is bo als en almal..

Hanna Hoekom ·

Daar woed tans n “gewelddadige oorlog” in SA teen wetsgehoorsame burgers! Veral boere (wat jul dik pense vol kos hou) word deur hierdie oorlog geraak. Moenie jou tyd mors nie CR, een van jou slim LURre het net nou die dag laat blyk dat dit net witmans is wat verkrag en nog altyd verkrag het sedert ou Jan hier geland het. So, knip maar jou sopstories kort: die land BRAND!

IK ·

Daar is niks om te verstaan hoekom misdaad hoogty vier en riool in die strate voortstroom. Dit is net doodeenvoudig ‘n regering wat nie omgee vir die bevolking. Die mooi woord is ANARGIE. Ek wonder net waar kom die ‘post-apartheid’ in? Dis weer net praat-praat-praat-praat . . in Rama-land en bokkerol DOEN!!

leser ·

nou kom plaasmoorde ook weer in ag geneem
hoeveel vroue word nie net verkrag, aangerand en vermoor nie
gaan jy (“stir-all”) ook dit in ag neem

Snowball ·

Hou nog ‘n beraad, gesels lekker daaroor…totdat kriminele nie weer ontsag het vir die wet nie, sal alle misdaad, net verder en verder toeneem.

Vermeendes ·

Hoekom almal oor dieselfde kam skeer, as hy statestieke geraadpleeg het dan sou hy gesien het dat geslagsgeweld die grootste probleem onder die swart bevolking is en nou maak hy ander rasse sommer so oor die veralgemening ook skuldig.

Hanna Hoekom ·

Volgens LUR Leeto (Vrystaat) is dit BLANKE mans wat verkrag!

GM ·

Al wat ek tussen die lyne lees is dat hulle almal lekker gaan eet en drink by die beraad, en die belastingbetaler gaan daarvoor betaal.
Ek kan ook nie help om op te let dat hy altyd dinge moet opdeel in pre- en post-apartheid nie. Shame man, dat mens nou so kan twyfel aan jou leierskapsvermoë dat jy altyd die ander partye eers moet sleg maak om jouself ‘goed’ te laat lyk.

Carl ·

Ja CR, soos dinge nou aangaan, sit jy dalk binnekort met ‘n burgeroorlog. Dit is iets om regtig oor na te dink!

paddapot ·

O maar hy is maar net nie lekker nie die paddapot koker.
Probeer net gesigkoop vir die Buiteland en verder beteken hy niks.

Grassie ·

Hierdie vroueregte-kampanje van die afgelope maand het soms ontaard in ‘n smeerveldtog teen mans in die algemeen. Ek het my lewe lank alle vroue, en veral die een waarmee ek getroud is, met die grootste respek behandel, al was enkeles soms nie daardie respek waardig nie. Dit grief my as ek, bloot omdat ek ‘n man is, in dieselfde kategorie geplaas word as skurke wat vroue fisies of op enige ander wyse mishandel.

Nee, ou Sirrel – ek laat sak nie my kop in skaamte nie want ek is trots op die wyse waarop ek die skonere geslag nog my lewe lank behandel het. Ek het nêrens ‘n bietjie waardering gesien vir mans wat hul beter helftes koester en versorg nie.

Rerig? ·

Dis nou van ‘n uwe wat self erken het hy het sy vrou verneuk. En ‘n wit regter wat prontuit gesê het amper al die sake v verkragting en kindermisbruik in haar hof is v Afrika mans – toe word sy gekruisig en weggejaag omdat sy die waarheid praat

paddapot ·

Hy lyk al net soos die naam van die pot wat hy kook.
Hy beteken niks en wil net stemme werf en so belowe hy alles maar al wat gaan voortgaan is die plaasbesettings en hy voel ‘n veer daaroor.

Johan H. ·

Grassie!! Ek stem saam met jou 100%,, Dink hulle is besig om die aandag weg te ly van belangriker sake sooos KABINETSDIEFSTAL,,Makliker om op n verhogie te staan en heeldag(maand) te kerm oor dit en dat. Almal gaan soek die fout by jouself. as jy voel jy word te na gekom Shampies

ina ·

Hierdie ‘oorlog ‘ mnr , is al jare aan die gang. Vrouens en kinders word op n daaglikse basis mishandel. Verbaal en fisies. Meeste vrouens is te bang om sake te gaan maak as manlief hulle oë blou slaan en hulle ribbes afskop, want wat dan.. die man moet tronk toe. Wie moet dan help met finansies om die kinders te versorg? waar gaan mens heen met jou kinders? bitter mis vrouens is sterk genoeg om terug te baklei, Selfs op vergoedingspakette kry mans ver meer geld as mans. So dis die siek samelewing wat hierdie dinge aanhits., en ongelukkig gaan geen ‘beraad’ hierdie situasie verander nie. Net die mishandelaar, en die moordenaar se houding gaan die situasie verander. Kinders mag nie meer getug word nie, so dit se alles oor hiedie siek wereld.

Cornelia ·

Grassie en al die ware here: ‘n Ode van eerbewys en dank aan al die manne wat vroue met waardigheid, respek en selfrespek behandel. ‘n Heer het die gawe om enige vrou se selfwaarde te verryk. Ook die vroue wat onder verwerping en pyn geknak het. ‘n Heer herinner aan Christus se waardetoevoeging tot elke man se hoofskap in verhouding met Sy eie Liefde wat Sy bruid getrou lei en bemin. Mag die manne wat hulle vroue nog koester, ervaar dat hulle dubbele eer ontvang. Die koning van haar hart en huis is. Koop die gawe van God se unieke liefde vir die huwelik met ‘n rein gewete en dank uit. Want ook dit gaan verby.

John ·

Belastinggeld word nou daagliks kwistig spandeer op begrafnisse van hogeres en misbruik as platforms vir urelangs politieke vergaderings… maar moenie dit, dit noem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.