‘Oorlog woed teen SA se vroue’

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Phando Jikelo/ANA

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag op Vrouedag gesê die gewelddadige oorlog teen vroue in Suid-Afrika moet tot ʼn einde kom en dat ʼn beraad aan die einde van die maand in dié verband gehou sal word.

“In klein en groot dorpe, in huise, in skole, in kolleges en universiteite, in parke en openbare plekke word daar ʼn oorlog gevoer teen vroue se reg tot veiligheid en gelykheid,” het Ramaphosa tydens ʼn byeenkoms in Paarl in die Wes-Kaap gesê.

“Ons moet besef dat ons nie vroue óf hul liggame besit nie en ons moet ook nie probeer om hulle te domineer nie.”

Ramaphosa het gesê die buitensporige emosionele en fisieke mishandeling van vroue wys dat die regering en samelewing misluk het om gehoor te gee aan die belofte van 1994 van ʼn nie-seksistiese, nie-gewelddadige post-apartheid staat.

“Die aanval op die waardigheid en integriteit van vroue het ongekende vlakke bereik. Daar is ‘n werklike gevaar dat geweld teen vroue so deurdringend geword het dat ons as ‘n samelewing geleidelik onbewus geword het en opgehou het om dit as ʼn gruwel te beskou.”

Ramaphosa het ʼn oomblik van stilte versoek vir al die vroue wat al aangerand, verkrag en vermoor is.

“Ons sal hierdie vlaag moorde op vroue, die verkragting van vroue, en die geweld teen die vroue van ons land stop.” Die nasionale beraad sal op 31 Augustus gehou word.

Ramaphosa het daarop gewys dat patriargie ’n bepalende kenmerk van die samelewing bly. Hy het gesê daar moet verstaan word hoekom mans vroue verkrag en vermoor.

Die beraad sal daarop fokus om ʼn konsensus te bereik oor ʼn doeltreffende en dringende benadering tot geslagsgegronde geweld, diskriminasie teen vroue en ongelykhede.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wonder net

Pragtige belofte dat geweld en verkragtings teen vroue gestop gaan word. Tot nou het julle liederlik gefaal om enige geweld te stop. Dit is stakings en brande oraloor. Alles word gemonitor. Gaan die een gestop of gemonitor word? Wys ons of die belofte waar gaan word. ‘n Hele kultuur moet verander. As jy labolla betaal het is die vrou jou eiendom en mag jy met haar maak soos jy wil. Nou word daar weer geld gemors op ‘n beraad om dit te bespreek. Mishandeling en verkragtings is nie toelaatbaar nie. Punt STOP. Verwyder skuldiges uit die samelewing met geen borg… Lees meer »

Peet

Verkleurmannetjie. Wat van die oorlog teenoor wittes en boere?

marous

Wie se monde en dade dink hy het die wetteloosheid wat die land oorheers veroorsaak ? Sy stilswye oor moorde van blanke vrouens is duidelik goedkeurend daarvan . Hy weet baie goed dat sy regerende party die oorsaak is dat die regering disfunksionel geraak het en anargie die direkte gevolg daarvan is. Hy en sy gevolg se onvermoens om enigsins met doelgerigte integriteit , waardes en voorbeeldige leierskap suksesvol te regeer , sal verewig op die witman en meer spesifiek die Afrikaner blameer word.

Willie

Ag asseblief CR, talk is cheep, money buys the whiskey.. Die hele land is in n gemors… Die ANC het n minister van ondewys beskerm met sy nagklubs aanrandings… Die cANCer is een van die grootste kwaat stekers, dink julle is bo als en almal..

Hanna Hoekom

Daar woed tans n “gewelddadige oorlog” in SA teen wetsgehoorsame burgers! Veral boere (wat jul dik pense vol kos hou) word deur hierdie oorlog geraak. Moenie jou tyd mors nie CR, een van jou slim LURre het net nou die dag laat blyk dat dit net witmans is wat verkrag en nog altyd verkrag het sedert ou Jan hier geland het. So, knip maar jou sopstories kort: die land BRAND!