‘Oorlog’ woed voort by Wits

Foto: Twitter via @MASANGO123

Foto: Twitter via @MASANGO123

Betogende studente het Maandagoggend weer chaos op die Braamfontein-kampus van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) veroorsaak ten spyte van ʼn swaar polisieteenwoordigheid en die implementering van streng veiligheidsmaatreëls deur die bestuur.

Die betogers het gesê hulle sal nie toelaat dat klasse hervat word nie alvorens daar aan hul eis vir gratis onderrig gehoor gegee is. Betogers het hulle skynbaar nie gesteur aan die reël wat oor die naweek deur die universiteitsbestuur ingestel is, dat hulle slegs in afgebakende, geïdentifiseerde areas mag betoog nie.

Foto: Twitter via @AI_WITS

Foto: Twitter via @AI_WITS

Polisiebeamptes en veiligheidswagte is weer eens met klippe bestook en die polisie het rubberkoeëls, skokgranate en traangas afgevuur om betogers uitmekaar te jaag. ʼn Rekenaarlaboratorium is vroeër met opset deur betogers oorstroom om studente uit die laboratorium uit te kry.

Volgens mediaberigte is twee studente Maandag op die kampus in hegtenis geneem. Brig. Sally de Beer, nasionale polisiewoordvoerder, wou dit nie onmiddellik bevestig nie en het gesê volledige inligting sal Maandagmiddag tydens ʼn mediakonferensie gegee word.

Foto: Twitter via @MASANGO123

Foto: Twitter via @MASANGO123

Die universiteit het in ʼn verklaring gesê geen amnestie sal aan studente gegee word wat betrokke is by onwettige aktiwiteite nie. Die verklaring het ook beklemtoon dat die bestuur verskeie kere direk met die studenteleierskap asook deur middel van bemiddellaars vergader het, maar dat dit tevergeefs was.

“Die senaat het ʼn nuwe akademiese kalender en eksamenrooster goedgekeur wat binne die volgende paar dae aan studente en personeellede beskikbaar gestel sal word. Geen studente sal verbied word om eksamen te skryf weens uitstaande klasgelde nie,” het die universiteit in die verklaring gesê.

“Ons moedig studente aan om vandeesweek terug te keer na klasse, selfs al is daar ontwrigtings. Ons verstaan dat sommige klasse wel ontwrig word, maar ons het geen ander keuse nie as om te probeer om die akademiese jaar te red.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

R van Niekerk ·

Ek sou graag wou weet wat die studenteleiers se akademiese geskiedenis/rekord is en wie vir hulle studies betaal.

Boer maak plan ·

Gaan eenvoudig voor met onderrig via sosiale media en chat groepe tot die stof gaan lê.

callie ·

Moenie ingee. Niks kan kom van gratis onderrig. Gedink aan die duisende wat dan goed gaan afbrand oor hy nou gratis kan onderrig kry maar daar nou kamtig nie plek is nie. Vra weer laat studente wat wil studeer hulle name opsit en klas loop. Enige oortreder of staker word verwyder en vir 2 jaar van kampusse geskors.
Hoe moelik is dit om dissipline toe te pas. Brandstigters wat geidentifiseer is moet tronk toe. ASB. Julle leiers met handskoene aan vernietig SA in n rekord tyd.

arizona ·

Duidelik werk die rubber koels, traangas en skokgranate nie.

Stoney ·

Ek glo ook al hierdie betogers is nie ingeskrewe studente nie. Check hulle studentekaarte en ek waag dit om te sê dat 80% nie ingeskrewe studente is nie. Hulle optrede word elke jaar met eindeksamens herhaal aangesien hulle nie deur die jaar hulle kant gebring het nie. Nou moet die skuld daarvoor op iemand anders gepak word. En ons is te stupid om dit raak te sien. Hoekom bodder met ‘n klomp ‘studente ‘ wat kamma gegrief is. Sluit univ gronde en net studente wat werklik wil swot word toegelaat. Kampussekuriteit lyk vir my ook maar na bangbroeke.

FB ·

Dosente behoort mos innoverent te wees en van die nuutste onderwystegnologie te weet, so gebruik tog nou web2.0 platforms vir onderrig, dan is julle very van inmenging oor hierdie kritieke periode.

Skroplap ·

Toe hulle die waterkanon voor die saal parkeer vanoggend toe weet ek my spesmase was in die kol.

MUM ·

MESKIEN MOET ONS DIE PRESIDENTE VAN OORSEE VRA OM TE KOM HELP, HULLE HET NIE HIERDIE NONSENS OORSEE NIE

Buitestander ·

Aangesien studente nou so vreed saam met klippe in die habd tetoog moet die veiligheidsmagte ook oorgaan tot vreedsame aksie naamlik skerppunt ammenisie en hakkejag by studente se huise.

Oosie ·

Ons land word gyselaar gehou deur ‘n handjievol mense. As dit nou nie belaglik is nie dan weet ek nie…!!! ‘n Totaal MAGTELOSE regering!!

John ·

Sjoe, maar die bestuur probeer regtig hard. Niks het verbeter nie. Inteendeel. Miskien laat die bestuur dinge eskaleer om die kabinet te druk vir vinnige toegewings.

Dirk Breytenbach ·

Die klomp slaprugte probeer geensins hard nie, hoeveel weke word dit nou al voort? In die begin het hulle dit saam met die regering goed gepraat.

Deon Koegelenberg ·

Dit slaan my dronk dat daar nie behoorlik beheer gevat word by die kampusse deur die polisie nie. Waarom word die kamstige studente toegelaat om so ver te kom om binne hierdie geboue te kom. Die van hulle wie werklik studente is skors hulle en laat hulle nie weer toe by enige van die Suid Afrikaanse Universiteite nie . Tree ferm en beslis op

G ·

Die polisie moet ophou speel, en ook begin om petrolbomme uit te ruk. As die ‘beskaafde studente’ ‘egte vuurhoutjies’ kan gebruik om vure te stig, hoekom moet die polisie rubberkoeëls gebruik? Hulle sal die belastingbetalers ‘n guns doen.

solange ·

dit kan n boeke teenvieter wees as alle studente wat willens en wetens AaN die stakings deelgeneem het, se ouers, familie eggenote se inkomstebelasting met 25% opgesit word. dit kan dan help betaalvur hulle gratis onderrig en die skade wat hulle aanrig. ander belastingbetaler s behoort nie oor die wangedrag en vergrype beboet te word met hoEr belasting nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.