Oorsaak bekend van treinbotsing wat 66 beseer laat

Fikile Mbalula, die nuutaangestelde minister van vervoer, het ‘n inspeksie gedoen van die trein wat in die botsing betrokke was. (Foto: Brenda Masilela/ANA)

Die botsing op ʼn treinspoor Saterdagaand in Mamelodi, in die noordooste van Pretoria, wat tientalle passasiers beseer gelaat het, is veroorsaak deur remme wat onklaar geraak het.

Só het Fikile Mbalula, die nuutaangestelde minister van vervoer, Woensdag gesê toe hy die bevindings van ʼn voorlopige ondersoekverslag oor die botsing bekendgemaak het.

Luidens die verslag het ʼn Transnet-onderstopmasjien by die Eerste Fabrieke-stasie met ʼn Prasa-trein gebots toe die onderstopmasjien reeds by die Greenview-stasie onklaar geraak het, sy remme ophou werk het en die masjien onbeheersd op die spoor versnel het. Die verslag dui ook aan dat die kommunikasie tussen die onderstopmasjien en die gesentraliseerde treinbeheersentrum ook nie gewerk het nie.

“Die verslag dui verder aan dat die seinstelsel tussen die Eerste Fabrieke- en die Pienaarspoortstasie al vir ongeveer twee jaar nie in ʼn werkende toestand is nie. Dit is ʼn bron van ernstige kommer weens die verhoogde risiko wanneer magtiging met die hand gedoen word,” het Mbalula gesê.

Hy het bygevoeg die verslag maak dit duidelik dat die treinbemanning hul pligte op ʼn kalm, professionele en toegewyde manier uitgevoer het en sodoende moontlik baie meer beserings voorkom het.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, met Dikeledi Magadadzi (adjunkminister van vervoer) en Nkosinathi Sishi (uitvoerende hoof van Prasa) weerskante van hom, spreek die media toe. (Foto: Brenda Masilela/ANA)

“Ek is besonder bekommerd oor die bevinding dat pendelaars ingemeng het met die veiligheidsprosedures op die trein deur die noodalarm te aktiveer toe die treindrywer probeer het om die trein agteruit te beweeg om ʼn botsing te vermy. Dit is net so skokkend om te hoor dat die passasiers ook geweier het om gehoor te gee aan die drywer se opdrag om die trein te ontruim – dit het gelei tot beserings wat verhoed kon geword het,” sê Mbalula.

“Hierdie moet egter nie gesien word as verplasing van blaam op diegene wat beseer is nie. Ons wens hulle ʼn spoedige herstel toe en sal alles moontlik doen om te verseker dat ons passasierspoorwegstelsel op ʼn volhoubare manier verbeter. Dit is egter tyd dat ons ʼn kultuur begin kweek waar ons almal verstaan dat veiligheid ʼn gesamentlik verantwoordelikheid is.”

Die minister sê hy het ʼn beroep op Prasa gedoen om hul ondersoek na die voorval te bespoedig en te verseker dat daadwerklike stappe gedoen word om te verseker dat so ʼn voorval nie weer gebeur nie.

Mbalula het gesê al 64 passasiers en twee bemanningslede wat in die botsing beseer is, is sedertdien uit die onderskeie hospitale ontslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Diefie ·

Goeie genade tog. Dat ons pragtige land nou oorheers word deur kriminele. Vader help ons asseblief.

fred ·

Goeie genade “reeds vir jare stukkend….?”
Selfde probleme as by Eskom…vir jare geen onderhoud gedoen…
N tikkende tydbom…wat het die onderhouds personeel al die jare gedoen????

Rupert Ashford ·

Hulle doen niks, fred. Die salarisrekening beloop omtrent 80% van die totale begroting so daar is net geld om die personeel te betaal, maar daar is nie geld om hulle hulle werk te laat doen nie. En as die begroting styg, staak hulle net vir verdere salarisverhogings. Die oomblik wat enige organisasie se salarisrekening oor 50% van die begroting gaan, begin rooi ligte flikker vir doeltreffendheid, behalwe vir Suid-Afrikaanse munisipaliteite en ander staatsinstellings en ondernemings.

Hendrik van George ·

Fred, spoor veiligheid en onderhoud is ‘n glo ‘n Westerse begrip.

Hannes ·

Afrika, wat is onderhoud? Gebruik tot klaar en staan bakhand en wag vir die volgende.

Willie ·

Hy lieg. Dis nuwe treine daardie. Die remme was dalk nie gekoppel nie. Wat weet hy inelkgeval behalwe hoe om R10mil te verduister.

LV ·

Ek stel voor jy lees weer die artikel,dalk net stadiger die keer.

Netso ·

Dit is tipies dat oral in die vervoer bedryf die eerste verskoning vir enige ongeluk altyd “die briekke het ge-fail” gebruik word om die seker te maak dat hy as die “drywer” geen skuld aan die ongeluk hoef te aanvaar nie. CASE CLOSED!

Jacques ·

Ja ja ja Suid Afrika, wens hul wil die land se naam ook verander om aan te pas by die res van Afrika en hul kultuur. Die wapen moet ook n boks vuurhoutjies op he

Johanna Botha ·

Presies wat ek verwag het en dit gaan weer gebeur …hulle luister nie en daar is geen gevolge dis mos net n ”JOB”

Dirk ·

Ja so is dit nou maar,niks werk in die nuwe bedeling nie.Sal ook nooit regkom nie.

emily ·

Nuwe treine en klaar in hulle kanon in.
Maar ja niks in die nuwe SA word meer in stand gehou nie, kyk na ons paaie, sypaadjies en vele ander. Hulle soek die salaris maar wil nie daarvoor werk nie.

Theresa ·

Instandhouding. Dit kan hul nie doen nie. Dis hoekom ons gedurig sonder krag of water sit. GEEN instandhouding van enige iets word gedoen nie. Want hul weet ook nie. Al die bevoegde mense is mos laat loop om plek te maak vir hulle.

Martin Dreyer ·

Ag asseblief. Dit is maar te maklik om die blaam te plaas op splinter nuwe toerusting. Dink liewers dit is onbevoegte mense wat aangestel word.

???? leser ·

nou waar is mbalula se vlermuis bril, het hy nou agter gekom dit werk nie vir hom nie
nou wat moet die “passasiers” doen as hulle iets snaaks aan die trein beweging sien, nood knoppie druk of deur die vensters uitspring, het hulle geraai daars fout vir die treindrywer, trein en onderstop masjien

Ep ·

Gie gie ou frikkie … ek hoop die skrywe is foutief op boonste foto waar genoem word dat JY inspeksie gedoen het Jy van alle mense wat n grap. Die pendelaars moes help wat drywer het nie geweet wat hy doen

jakes ·

Jou lewe is net so in gevaar op n trein in SA as in n mini bus taxi.

Danie ·

Oorsake eenvoudig:
Swak bestuur…swak aanstellings
Bestuurders in nuwe bestel bang om dissipline af te dwing..bestaan nie in hul kultuur
Swak of geen voorkomende onderhoud
Geen trots
Geen nooddrils
Gebrek aan toegewydheid
Disrespek vir lewens…ens.

elize ·

Ons het nou gehoor wat die probleem was. Ons wil nou weet wie verantwoordelik was vir die onderhoud op die toerusting, hoekom dit nie gedoen was nie, en ook wat die aksies is wat teen hulle geneem gaan word. Of gaan hulle maar net aan en trek salaris vir niks doen.

Gert van Wierdapark ·

Die a en see het die spoor lankal reeds byster geraak en die soustrein het ook nie remme/brieke nie!! So word eenvoudig net voort-gefop.

Sarie ·

Die skare word van kindsbeen af aangemoedig en geleer om amok te maak. Noudat hulle met die veiligheidsprosedures ingemeng het, word daar vir hulle vertel hulle moet verantwoordelik optree? Dit is mos nou teenstrydig.

Johan ·

Skielik werk niks nie!!!
Waarom is dit só moeilik om die belangrikheid van deurlopende onderhoud te besef?

Treindrywer ·

Die onderstop masjien wat aan loop gegaan het, het ‘n onafhanklike handrem. Maw, kalf die normale remme, is hy daar as noodrem. Dis seker nie in die nuwe afgewaterde handleiding nie.

Sarie ·

Treindrywer die onafhanklike handrem is seker lankal verkoop vir scrapmetal.

Henk ·

Sien , die ding werk so. Onder normale omstandighede word enige trein beskerm teen teenstrydige treinbewegings deur vangwissels by stasies wat so gestel word dat die teenstrydige beweging sal ontspoor en dus ongelukke van die aard sal vermy. Ongelukkig is dit vandag so dat die sinjaleringstelsel buite werking is , hoofsaaklik agv kabel diefstalle , ens. Dit help ook nie om te vervang nie , dis werkskepping vir kriminele. Die antwoord le dus daarin om eerstens wet en orde af te dwing , daarna kan die infrastruktuur weer herstel word en sal hierdie gevalle nie meer plaasvind nie. Sal dit onder die huidige regering gebeur ? Helaas nee, onder hulle tel ‘n kriminele rekord as ‘n inskrywing op jou CV….

ne ·

@Danie – jy is heeltemal reg! Die nasie weet nie van die punte wat jy genoem het nie. Kry vet salarisse en de hel met die res.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.