Oorsaak van Annatjie Myburgh se dood bekend

Annatjie Myburgh. Foto: Facebook

Annatjie Myburgh. Foto: Facebook

Die familie van Annatjie Myburgh (58), die vrou van Witrivier wat verlede week dood gevind is nadat sy vier dae lank vermis was, het die uitslae van die nadoodse ondersoek bevestig.

Bruce Macaulay, woordvoerder van die familie, het aan Maroela Media gesê die nadoodse ondersoek dui aan Myburgh het aan ʼn hartaanval gesterf, wat vermoedelik veroorsaak is deur die angs en trauma wat sy deurgemaak het tydens die kaping en ontvoering. Geen opsigtelike beserings is aan haar liggaam gevind nie.

“Die familie wag nog vir die amptelike verslag van die nadoodse ondersoek, maar dit blyk asof dit wel ʼn hartaanval was,” het hy gesê.

Intussen het die tweede verdagte, wat in verband met die voorval in hegtenis geneem is, Paul Mathebula (32), Dinsdag in die Witrivier-landdroshof verskyn. Hy sal weer op 27 Junie saam met sy medebeskuldigde, Selby John Mabila (26), in die hof verskyn om vir borgtog aansoek te doen. Hulle staan tereg op aanklagte van ontvoering en kaping.

ʼn Gedenkdiens vir Myburgh sal Saterdag om 11:00 vanuit die NG Kerk Witrivier gehou word.

Lees alle vorige berigte oor Annatjie Myburgh op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Pieter ·

nou gaan hulle dan nou vrygelaat word?? hulle is mos verantwoordelik vir haar dood

Bianca ·

Ek sê ten minste moet hul dan aangekla word van 2nd degree murder, want dit is deur hul toedoen dat sy in angs dood is!

Mel ·

Goeie Genade ek sou beswyk het aan ‘n hartaanval, dis juis hulle skuld dat sy dear di angs en trauma is, dan gaan daar nog borg aansoek gedoen word op ontvoering en Kaping, whatever, dit is moord!!!!!! Di vrou, Ma en Ouma kom nooit weer terug ni maar nou ja…… sterkte aan haar familie, RIV Annatjie

Elbri ·

Dit was maar wat meeste van ons vermoed het. Hoop haar familie kan berusting vind. Sterkte aan hulle.

MADSIE ·

So hartseer maar hul is seker nou nie verandwoordelik vir moord nie — net kaping en ontvoering. RIP en sterkte aan die familie

Arno ·

Die klag van moord moet bygevoeg word. Dieselfde skuiwergat wat hulle vir Oscar Pistorius wil gebruik is dus hier van toepassing: Hulle moes voorsien het dat die dame van skok en angs ‘n hartstilstand sal kry, en kon hulle haar daar by die hek gelos het. Maar nee, hulle het dit geniet om te sien hoe sy al hoe meer beangs raak en het aangehou ry met haar. Toe hulle gesien het sy sukkel met asem kon hulle die regte ding gedoen het – maar het nie. Moord in my oë!!!!

Elbri ·

Dis wat baie maar vermoed het. Mag haar familie berusting vind.

Irene ·

Ek sal ook een gekry het as dit met my gebeur het Hoop hulle sit lank

tamboti ·

Hulle het met geweld en wapens haar gekaap en ontvoer, hulle kon haar motor vat en haar los! Beslis moord met voorbedagte rade – wat sou hul met haar doen indien sy nie gesterf het aan hartaanval nie? Nee wat MOORD met VERSWARENDE OMSTANDIGHEDE!!!!

Ek hoop ·

Ek hoop uit my hart dat die reg, regssamestellers en mense regte en aktiviste en almal die impak van so daad sien. Hoe vreesbevange moet jy nie wees om jou hart te laat stop, regtig sit julleself in hierdie vrou se skoene en probeer bang wees, so bang dat jou liggaam dit nie meer kan vat nie en eenvoudig oppak, kom eers in daai skoene, dan baklei jy vir regte vir misdadigers. My 1ste reaksie is om dankie te sê jul het haar nie leed aangedoen, maar uit haar dood kan ons duidelik sien dat wat jul ookal doen om iemand te roof en nog te ontvoer veroorsaak geweldige vrees, watse genot kry jy daaruit. Sal dit nei regverdig wees as ons dieselfde vrees terugsit op jul misdadigers dat jul voel hoe voel magteloos en beangs. Dit is sooo onnodig en onregverdig, help wat se mense reg het Annatjie Myburgh gehad? Het sy werklik mense reg gehad, nee nooit, dit is nie regverdig en noudat hul haar nie fisiek mishandel het is hul nie skuldig aan haar dood, dit maak net nie sin, hoe moeilik kan dit wees, maak asb die somme en maak die dinge reg.

Jeanne Hugo ·

Hierdie tragiese gebeure het my so ontstel, want ek was sedert die eerste berig seker hul gaan haar nie vind nie en dat sy reeds dood is. Die kaping en ontvoering is erger as moord want die proses wat sy moes deurgaan om tot by haar dood te kom, is verskriklik! Die ontsaglike vrees het sonder twyfel haar dood veroorsaak. Glo sy het geweet sy gaan eventueel vermoor of verkrag word… Mag God haar in vrede laat rus en haar familie vertroos. Goddank nie vermin of verkrag nie!!! Sy darem die vernedering gespaar!

Hannetjie ·

Arno ek stem saam. Dit bly moord want as hulle haar nie onder soveel spanning gesit het nie het sy nog gelewe. En hulle het geen poging aangewend on haar te help toe sy n hart aanval gekry het nie. So dit bly moord

Oudste ·

ABBA, U genade is groot en ek vra in my eenvoud dat U die gesin en familie sal bystaan in hulle hartseer. Ek vra dit nie omdat dit ek is nie, maar in die naam van Jeshua, U Seun. Mag almal berusting vind in haar dood op aarde en mag sy sag in U genade rus tot in ewigheid. Amen en Shalom vir die naasbestaandes. Reg en geregtigheid in terme van ons wetgewing moet nog steeds volg.

Mari-Lou ·

Sal graag wil weet of hul haar in bos gelos het na sy hartaanval gekry het of tydens dit en wanneer sy hartaanval gekry het?

Susan ·

Dit is genade uit die Vader se hand dat sy liewer ‘n hartaanval gekry het, want wat hulle met haar en aan haar wou doen sou verskriklik gewees het. Nadat sy dood is aan hartaanval het hulle plan nie meer gewerk nie en toe dump hulle haar net.

Leeukop ·

Is moord, hulle was oor saak van stres en hulle het haar net daar gelos in plaas van hospitaal toe vat.

Theresa ·

Kaping, roof, mense mishandeling, ontvoering, MOORD! Direk verantwoordelik.

petro ·

As hul haar nie in daardie situasie gesit het waar sy angstig was nie sou sy dalk nie n hartaanval gehad het nie. of as sy n hartaanval gehad het op daardie spesifieke oomblik en tussen haar mense was kon sy betyds mediese hulp gekry het.

cobusp ·

Een van die beskuldiges het gese sy het gesterf aan n hart aanval en hy het ook die lyk gaan uitwys waar hulle haar in die bosse gegooi het…………….nou sal dieselfde beskuldugte seker staats getuienis word en sal skotvry daarvan afkom………….en die ander beskuldugte vir ontvoering en kaping seker nie eers n 1 jaar sit nie op grond van n eerste oortreding en goeie gedrag……. Die vraag is hoe errlik en opreg is ons regstelsel, hier het n wonderlike moeder,ouma haar lewe verloor en die beskuldiges gaan amper met enige straf wegkom……..regswet beskerm net die oortreders………….

Nee man... ·

Fout in die berig. Dit is nog NIE bevestig dat die oorsaak van haar dood ‘n hartaanval was nie. Familie ontken dat hulle dit bevestig het.

Nico Strydom ·

Dagsê Nee man
Soos in die berig gemeld word, het Bruce Macaulay, woordvoerder van die familie, dit bevestig. Daar staan ook in die berig dat die familie op die amptelike verslag wag maar dat dit wel blyk dat sy aan ‘n hartaanval dood is.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Nita ·

Ja beslis van nou af moet n klag van rassisme ook by elke roof, kaping en moordklag gevoeg word. Maak nie saak of dit swart op wit is, of wit op swart, nie, dis rassisme.

christine ·

Hulle het haar voortydige dood veroorsaak, ook verhoed dat sy by n hospitaal uitgekom het, kla reg aan vir die moord asseblief want dis wat dit is.

Delva ·

They should definitely be charged with murder as well, it is through their doing that her life was taken.

Tanya ·

Dis poging tot moord…… En moord omdat hulle haar nie gehelp nie. Wat ek net nie kan verstaan nie is waarom het hulle hierdie weerlose ongewapende vrou saam met hul geneem, dit kon net kaping gewees het, maar nee hulle vat Tannie Annetjie saam, geen vrou sal die vreesaanjaende gevoel oorleef nie. Dis ruggraatlose, wrede mans. Ek hoop hulle sit lank en as hul op borgtog vrygelaat word sal almal wat gebid het, hul inwag en ons sal self met hul afreken en sê did self verdediging.

Hannelie ·

Hartaanval……..en hulle word aangekla vir ontvoering en kaping??? Dis belaglik. Hulle is die oorsaak dat sy ‘n hartaanval gekry het, punt. Hulle moet verantwoordelik gehou word vir haar dood! As hulle net vir die 2 goed aangekla word, is ons land nou op sy ergste. EN die feit dat hulle sommer net haar liggaam langs die pad gelos/gegooi het, wys net hulle het in elk geval niks gevoel nie. As sy nie gesterf het weens ‘n hartaanval nie sou hulle haar elk geval vermoor het. Dis mos wat almal deesdae doen, ‘n lewe is NIKS. Ek bid vir haar man en kinders dat hul by God vertroosting sal kry, want hul sit ook met die wete wat het deur hul vrou en ma se kop gegaan, die angs waardeur sy is. Dit moet vir hulle as familie erg wees.

Lallie ·

Jul weet net so goed soos ek hul gaan vrygelaat word. Daar gaan nou gesè word sy is dood aan n natuurlike oorsaak. Ja dit was hul skuld gewees want as hul haar nie gekaap het nie het sy nog geleef. In ons wonderlike SA kom hul letterlik en figuurlik met MOORD weg!!!

Georgean ·

Ons God is groot!!!!!!!!! Hy het hasr hemel toe gevat voor hulle haar leed kon aandoen. Genade onbeskryflik groot!!!!!!!!

Georgean ·

Ons dien ñ groot lewende God en Hy het haar hemel toe gevat voor hulle haar leed kon aandoen. Genade onbeskryflik groot!!!!!!!!!!!!

Heidi Lundie ·

Wie sê sy wou hemel toe gaan. Ek dink sy wou eerder by haar familie wees. Hoekom was God nie groot en het die ontvoering gestop nie? God maak nie mense dood nie, of doen Hy???

Meisie ·

Ek wonder as sy die nodige mediese behandeling kon kry sou sy nog gelewe het. Almal gaan nie dood met n hartaanval nie,net betyds en gou hulp kry.Laat my wonder?

Susanna ·

Sy is verseker n grusame dood gespaar deur haar hartaanval, maar duidelik het haar aanvallers geen siel of gewete nie want hul is uit Shebeens uitgehaal waar hulle lekker sit en bier drink terwyl hul 4 dae terug n goeie mens in die plantasies gaan gooi het. Geen genade geen parool dit is moord. En as hulle parool gaan gee aan die Mosambieker is hy verseker 2ure daarna oor die grens deur een van die vele gate wat alreeds in die heinings is.

Laetitia Smit ·

Hoekom word hulle nie van manslag aangekla nie. Hulle het haar dood veroorsaak

m ·

Hierdie mense het ma net geen respek vir lewe nie, so gemaak en so gelaatstaan. Hulle sal nooit verander nie want hulle haat teenoor wittes is ma net te groot. Ek hoop hulle sit baie lank in die tronk.

Racheltjie ·

Dis moord ……. wie weet of sy dalk net bewusteloos was en gelos is vir dood?

Annette Kruger ·

Ek neem aan ons gee die goed n medalje omdat n hartaanval was en hulke niks daarmee te doen gehad het nie. Viva zuma!!@!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.