Oorsaak van ‘boelie-slagoffer’ se dood bekend

Argieffoto

Die voorlopige uitslag van die nadoodse ondersoek na die dood van Louis de Jonge, die 13-jarige leerder van Noorderlig Gekombineerde Skool in Benoni wat ná ʼn beweerde boelie-voorval gesterf het, is bekendgemaak.

Lt.kol. Mack Mngomezulu, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die ondersoekresultate het getoon dat De Jonge se dood nie met die beweerde aanrandings verband hou nie. Volgens Mngomezulu het die ondersoek getoon dat die tienerseun gesterf het weens ʼn abses wat in sy skedel ontwikkel het.

“Die polisie se geregtelike doodsondersoek gaan steeds voort. Wanneer die ondersoek afgehandel is, sal die dossier na die hof gestuur word wat sal besluit of enigiemand vervolg sal word,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig De Jonge het verlede week by sy huis gesterf nadat hy van erge hoofpyn gekla en begin braak het. De Jonge se ma beweer haar seun het gereeld onder boelies by sy skool deurgeloop en is onder meer in ʼn stadium met ʼn knie teen sy kop gestamp en ʼn ander keer met ʼn sokkerbal teen die kop gegooi.

Sizakele Nkosi-Malobane, die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het kort ná De Jonge se dood die skool besoek om ondersoek in te stel na bewerings dat daar gereeld boelie-voorvalle by die skool voorkom. Die Gautengse departement van onderwys het ook sy eie ondersoek na die voorval van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Tanya ·

Kon die abses in sy skedel nie dalk ontstaan het as gevolg van al die beserings wat hy inwendig opgedoen het nie?

Susan ·

Tanya, ek stem saam met jou, dit klink logies. Jammer vir die ouers.

Se net ·

Tanya dit kan beslis. Dit het met my kleinseun gebeur nadat ‘n maat by ‘n uitstappie ‘n swaaihek met vors geswaai en dit hom teen die kop getref het terwyl hy deurgestap het. Of dit moedswillig was sal ons nooit weet nie. Hy het slegs ‘n klein blou knop aan die linkerkantste frontale lob gehad. ‘n Paar dae later het hy begin kla oor hoofpyne en toe hoofpyn met naarheid. Uiteinde daarvan was drukking op die brein veroorsaak deur ‘n abses. Hy was een van die gelukkiges wat volkome herstel het na drie suksesvolle breinoperasies in die Rob Ferreira Hospitaal in Nelspruit om die drukking te verlig. Die neuroloog het agterna gese dat hy by tye gedink het hy gaan dit nie maak nie maar dank die Here hy het. Dit was net genade dat hul ‘n Lumberpunch in ongevalle, hom dadelik opgeneem en die volgende dag n MRI scan gedoen het. Dit is tragies dat hy moes boet vir die boelies se onaanvaarbare gedrag. Laat dit ‘n les wees vir ouers wat hul kinders moet opvoed oor nagevolge van hardhandige optredes.

jackie ·

Ek stem saam het dit nie dan ontwikkel nie en as nie, het die skop van bal teen sy kop nie veroorsaak dat die abses dood veroorsaak het nie?

blom ·

Regtig? n abses – ek wonder van waar die abses dan gekom het? Seker die hou en klappe teen die arme kind se kop! Boelies behoort hul te skaam, sies man!

Abses agv boelie JA! ·

Abses dalk ontstaan van konstante klappe en houe en knieë teen sy kop…?

Leslie ·

Waarom moet boelies alewig aan ander kinders se koppe klap of stamp? Die abses kon ontwikkel het asgevolg van die voortdurende getik teen die kop. Sou die abses rustend gewees het kon die geklap teen sy kop dit aggressief gemaak het. As hul wil boelie moet hul liewer na skool in ń kroeg iemand gaan takel wat hul beslis van hul eie meds sal gee. Die gedrag hoort nie in skole nie.

My mening ·

Hmmm, ek is beslis nie n Dr nie en het geen mediese kennis nie, maar het die abses nie iets te doen met die houe wat hy wel gekry het voor die laaste voorval wat dalk kon veroorsaak dat die abses nou nog groter geword het nie? Wat veroorsaak n abses om in die skedel te ontwikkel? Is dit n algemene ding om te ontwikkel of is dit as gevolg van stampe teen die kop? Ek sal graag wil weet….

Loots ·

n Abses kan nie ontstaan deur houe en klappe nie MAAR klappe en houe kan wel dit bevorder, in my opinie is dit nogsteeds deel van die geboelie dat die seun gesterf het, maar hulle kan en gaan redeneer dat hulle nie die oorsaak is nie, wel net n bykomende faktor.

Donald ·

Ek hoop die Klomp wat geboelie het word nie vrygespreek Omdat hulle nie kan tronkstraf kry nie. Ek was geboelie op skool en ek hoop hulle suffer for wat hulle gedoen het

Natasha ·

Donald my kind was geboelie op skool en sy het probeer selfmoord pleeg – ek absoluut haat ‘n boelie. Ek sal so ‘n kind te lyf gaan. En die skool het niks daar omtrent gedoen nie, gelukkig het sy ‘n goeie sielkundige gehad.

Doris ·

Mamma en Pappa as ek julle is sal ek aandring op die verslag en neem dit na n private dokter toe om daarna te kyk want ek dink in baie gevalle wil hulle die boelie stories by skole toesmeer ek het so sewe jaar gelede die geval met my kind gehad wat oorlede is in n ongeluk waar hy aandiens gesterf het en glo my met sy nadoodse ondersoek en die toetse van die pataloog se beeëdige verklaring sou ek sien my kind het n verkeerde lyk nr. het bewyse gaan kry by die lykshuis en nadat ek aangedring het ek soek die verslag sou die dokter uitvind watse nalatige foute daar gemaak is. So n mens moenie net glo wat hulle te sê het nie.

Mornay ·

As die ouers kan moet hul n 2 de opinie kry op die nadoodse ondersoek
jy weet nooit wie wil wat weg steek nie se maar net
Sterkte aan die ouers

Theresa B ·

Ek hoop nie almal staar hulle nou weer blind omdat daar ‘n abses was nie. Dit kan beslis begin het met die geboelie op skool. Kyk dieper. Hoe ookal sy. Boelies moet ernstig vasgevat word. Die snert ruk ook nou hand uit want kinders mag mos nie meer gevoeter word nie. Ongeag wat daardie boelies moet die gevolge dra.

JAckie ·

Ja hoor, en kan al die slimmes nou vir ons se HOEKOM daar ‘n abses in sy brein ontwikkel het? Hy is vir BAIE lank geboelie, kon ‘n vorige besering nie dalk tot die abses gelei het nie? So maklik om die boelies alweer te verontskuldig terwyl hierdie mense by ‘n oop graf moes staan en van hulle kind moes afstand doen. GOOI die boelies in die tronk, hulle is misdadigers, niks anders nie.

Annie ·

Die geboelie en geslaan en balle teen kop het defnitief die abses veroorsaak. Die seuns wat hom geboelie het sowel as hulle ouers en die skoolfhoof moet almal aan die pen ry. Hoof het geweet daarvan en niks gedoen nie. Ouers kry ‘n tweede opinie.

Lukea ·

Klappe veroorsaak nie n abses nie, dit kan wel dit aanhelp en meer skade maak, maar dit veroorsaak beslis nie n abses nie.

Altie ·

Ek sou dit ook nie goedamoeds aanvaar nie. Dink die abses is reeds agv binne beserings oor n tydperk. Dis n abses…nie n gewas nie. Ek is ook nie n Dr nie maar sover ek verstaan vorm n abses agv n wond wat septies word ….of iets soortgelyk. Ek hoop sy ouers kan nog n opinie kry en die waarheid aan die lig kom. Boelies moet krimineel vervolg word.

[email protected] ·

Dis hartseer. Ek weet van eie ondervinding dat daar wel geboelie word in daai skool. Ek as ouer sou dit nie daar los nie. Kry asseblief 2de opinie. Ons is deur hel en terug met ons eie hartseer verhaal maar ek kon my kinders uit die skool kry voor daar groot skade was. Sterkte vir die ouers.

E.K. - ek sê net! ·

Boelies moet STEEDS voor stok gekry word. Al het hul wandade niks met sy dood of dalk net indirek daartoe gelei hoop ek hulle word vasgevat en GOED ook. Want nou sal hul dink hul kan maar aangaan met hul optrede. Tyd dat skole boelies voor hele skool uitwys op die verhoog in die saal. Of sit hul foto’s oral in gange op en skryf daarby SO lyk ‘n boelie. As niks ander help dink ek DIT sal help, dat almal hulle vermy en hulle te skaam kry om êrens op skoolgronde rond te stap. DOEN dit!

Marc du Plessis ·

In die ou dae was boelies na verbetring skool gestuur, of tronk vir minderjariges, maar dit gebeur mos nie meer nie.

Ek se boelies het self sielkundige issues, hulle tien teen een Hui’s boelie om daai aandag te kry om uitgewys te word.

Dit kom neer op bybelse beginsels, don’t spare the rod, boelie se ore werk nie….

Hulle verdien om soos in die ou dae, polisie stasie pak sla te kry, ….

Dit is bewys deur oorsese unversiteite, dat reeks moordenaars en boelies dieselfde problem het, dat die sektor in die brein vir meegevoel, en sosiale morele waardes, onaktief is…..

Boelie is nou maar net n vrats van die lewe, klomp niks werds…..

Ek weet van van n self erkende boelie wat kinders op skool geboelie het, nou loop sy vrou elke tweede aand onder sy vuis deur, n boelie kan nie , verander wie en wat hulle is nie, hulle moet eerder van kant gemaak word…… Ongelukig is die lands wet nie ten gunste nie, so ons sit met die goed op geskeep….

Marc du Plessis ·

Ek was geboelie op skool, en dit het efekte op my tot in my laat 30’s , die boelie op skool, het veroorsaak DAT ek moes gaan vir anger management ens…. Ek haat n boelie in elke en enige vorm….. Daai arme 13 jarige se familie…… Van ALS is ek die meeste kwaad vir die onderwysers, ek het menige keer vir hulp gaan vra, maar GEEN hulp gekry, so ek se, die boelies en onderwysers en hoof moet in die hof gaan verduidelik, en ten minste n kriminele rekord en tronkstraf, kry as medepligtige aan moord, want in my boek is hierdie kind dood geboelie….

Dereck Le Roux. ·

Abseste of toesmeerdery, God Almagtig sal self eendag Sy bevinding gee waar daar geen apel aangeteken kan word nie en Sy vonnis sal finaal wees.

spook ·

eks is jammer marc, jammer dat jy dit moea deur maak, jammer dat mensdom dit toesmeer en weg praat, jammer dat die lieflike seun moea dood gaan, jammer dat my kind saam die goed moet skool gaan. Dit is hoog tyd dat boelies vas gevat word! Hoe toelaat ons die tiepe van mense om vry te loop?

Deloris ·

Hierdie houe teen die kip met die geboeliery, speel n rol, n abses o twikkel nie sommer net so nie….

JJ ·

As ek die ouers is sal ek beslis ‘n private dokter aanstel om ‘n tweede opinie te kry. Ek weet van ‘n saak waar die ma deur haar seun doodgeslaan is en die Staat se dokter het gese sy is aan ‘n hartaanval oorlede. Die seun se verloofde het toe agterna erken hy het op sy ma gesit (terwyl sy op die vloer gele het) en haar geslaan en gewurg het tot sy dood is! Die seun en sy verloofde sit vandag in die tronk!

Onaanvaarbaar ·

Brain abscess (or cerebral abscess) is an abscess caused by inflammation and collection of infected material, coming from local (ear infection, dental abscess, infection of paranasal sinuses, infection of the mastoid air cells of the temporal bone, epidural abscess) or remote (lung, heart, kidney etc.) infectious sources, within the brain tissue. The infection may also be introduced through a skull fracture following a head trauma or surgical procedures. Brain abscess is usually associated with congenital heart disease in young children. It may occur at any age but is most frequent in the third decade of life.
Dit se hier dat dit ook veroorsaak kan word deur skull fracture of head trauma dit se vir my dat die boelies wel n oorsaak kon wees hiervan

Noem My Stupid ·

Dankie Jan, ek wou nou net se, noem my nou maar wat jy wil maar ek glo die twee hou verband en die boelies IS verantwoordelik!!

A ·

Let op as boelies 50 is. Hulle is of arm of suksesvolle besigheid mense. Wat nog steeds almal boelie. Kyk rond. Dink terug.

Stop-die-lorrie ·

n Breinabses kan wees agv enige infeksie in liggaam wat daarheen sprei, van n vrot tand of van sinusitis. As n n hematoom gehad het wat infektief geraak het en abses gevorm het sou hy al n paar dae van pyn moes kla van hematoom tot abses vat n tyd.

Antoinette ·

Dis so ‘n jammerte dat die seun dood is, maar ek kan nie help om te wonder hoekom sy ouers hom nie dokter of hospital toe geneem het die oggend nie..dalk sou die uitkoms anders gewess het.

Pam ·

As ek reg onthou uit ‘n vorige berig van die seun, is die ouers finansieel nie sterk nie. Ek ry elke dag verby die skool na en van werk, dis nie in die beste gebiede nie en die staats hospitale ook nie van die beste nie. Voel regit jammer vir sy ouers en die boetie wie die seun probeer beskerm het.

MM ·

Abses ontwikkel nie net vanself nie – die klappe / knie stampe en bal teen die kop het defnietief ook deel daaraan – Jammer vir die ouers – maar as ek hulle is doen ek n private ondersoek – Daai seun/s wat geboelie het het defnitief ook deel aan die kind se dood.

Theresa ·

Bitter jammer vir die ouers. Hoop egter hul staan vas dat die boelies wat hierdie seun deurentyd getreiter het (bal teen kop; skop en stamp) steeds vasgevat en gestraf moet word. Daardie houe is tien teen een die oorsaak van die abses en dus sy dood.
Ek stem saam met van die boonste kommentare, dat die nadoodse ondersoek se bevinding nie die boelies vryspreek nie. In teendeel. Kry ‘n kenner op die gebied. Gaan aan met ‘n saak teen die boelies. Hul moet iewers ‘n les geleer word. Die seun het die duurste prys betaal.

Ada ·

Boelies is kinders wat ongelukkig in hul huise is en wat dan sterk probeer voorkom wat kan veroorsaak dat ‘n nie-boelie onnodig sterf of seerkry of mental skade op opdoen. Wanneer mens hierdie boelies begin terugslaan kom die onskuldiges in die moeilikheid want die boelies begin huil en hardloop na mamma toe. ‘n Ouer wat ‘n boelie grootmaak is ook skuldig.

Belinda ·

Sjoe, ek sou dink mense sa verlig voel om te hoor dit hou heel moontlik nie verband met die geboelie nie. Maar dis ongelukkig hoe die mensdom is – MOET iemand blameer en dit MOET iemand se skuld wees, iemand MOET boet daarvoor dan voel ons mos beter. Ja die boelie het nie reg gemaak nie en het hulp nodig, maar EK is bly hy hoef nie met daai skuld gevoel saam te leef nie. Hy is net ‘n kind, em kan verander as daar met hom gewerk word. En skielik is almal ook dokters, want hul kan nie erken hul blaam was verkeerdelik geplad nie….

Marc du Plessis ·

Belinda, al sou die boelie dalk nie die oorsaak van die dood wees nie, het die boelies nie te min sielkundige skade beroken aan hulle slagoffer.

Enige boelie, moet tereg gestel word, ek hoop en bid jy of jou kind loop nooit onder n boelie deur nie….. En as jou kind n boelie is, belowe ek jou sal hy of sy , min agting in die ergste vorm van my af kry….

Marc du Plessis ·

Belinda, ek is jammer om jou bubble te bars, maar die boelie hou verband, ek het 8jaar op die ambulans gewerk, en toe ek self geboelie was, weet jy hoeveel keer het ek harsing skude gehad? Te veel keer…… Al daai tel op, al is dit net n druppel, genoeg druppels maak n emmer vol, soos ons nou gesien het met hierdie kind se tragiese dood.

Wat okal in n boelie se huis gebeur of nie gebeur nie, daai boelie moet self vir hulp gaan en nie ander se lewens op neek nie…..

Ek het GEEN genade vir n boelie nie, ek is nou in my laat 30’s en “suffer” nog steeds van die efekte van die boelie op skool….. Ek moet gaan vir anger management ens…..

So , sorry Belinda, of die boelie nog n kind is of nie, in my boek is en sal boelies altyd manipelerende psigopate wees……

Hulle deel uit elke dag, en dan slaan die slagoffer een dag terug, Dan hard loop die boelie al tjankende na ma en pa, en juf toe, Dan is die slagoffer die vark …..

Nee , wat, Belinda , jy en jou boelies waarvoor jy so opkom, kan maar na die warm plekie benede gaan, soos ek se , ek het Geen geduld of genade vir n boelie , of vir iemand wat opkom vir n boelie….

spook ·

ek stem nie saam nie belinda, hulle is nou kriminele wat gaan weg kom met hulle daad. kind of nie, boelies is kriminele… geen genade, ek is jammer, maar dit is joekom ons is waar ons is, ons probeer als fix n toesmeer.

Hennnie ·

Dis net te toevallig dat die seun dood is aan die abses direk na die hou teen die kop met die knie asook die sokkerbal in sy gesig. Is mense regtig so stoksienig???

M'Lady ·

Sy dood is beslis regstreeks agv die geboelie. Die abses ontstaan agv n wond aan die kop of enige ander plek aan die persoon se lyf. Kry asseblief n tweede opinie. Hier is weer n toesmeerdery aan die orde van die dag.

Meraai ·

Defenitief van die geboelie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! My hart gaan uit dat so n pragtige seun se lewe so kort geknip is! Ek stres oor my eie seun en hoop elke keer dat hy my verseker daars niks fout by skool dat dit die waarheid is,wel ek kan jul verseker elke kind wat betrokke was sal verseker weet eks daar vir die res van hul lewens!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Leeu ·

Ons het weer die wereld se kenners op die blad vandag, n groot groep dokters en spesialiste.

Belinda ·

Sê ek ook Leeu – die mense wil so graag iemand kan blameer en iemand straf, eerder as verlig voel dat dit nie die boelie se skuld was nie. Ja hy was nie reg om ‘n ander kind te boelie nie, maar help hom eerder reg- hy is steeds net ‘n kind.

Ekke ·

En jou punt is leeu? Terug wildtuin toe met jou. Daar sal jy dalk meer beteken.

charmaine ·

My opinie ek dink ook hy het die abses gekry agv al die houe en stampe teen die kop dit is mos nie goed om soveel stampe teen jou skedel te kry nie? En die laaste houe het dit dalk net vererger en tot die arme kind se dood gelei. So ja, agv die lang proses van boelie is hy “vermoor” deur boelies. Sy ouers moet nou sonder hom aangaan maar daai boelies se gewete sal altyd met hulle wees.

Verstom ·

.. en dit is SO mooi seun. Bitter jammer vir die ouers se verlies. Dis so onnodig.

Marc du Plessis ·

Julle , dit maak my siek om te lees dat daar eintlik mense is wat vir n boelie opkom, deur te se hy is nog n kind…..

Ek haat n boelie, in my hele wese, ek hoop en bid my kind word nooit geboelie op skool, want ek sal daai boelie voor sy ouers uit mekaar uit haal..,.

adriana ·

Ek ht nou net gelees dat ‘n Graad 2 leerder met ‘n gelaaide vuurwapen by ‘n skool aangekom het – ook in die Benoni-omgewing. Hy wou dit gebruik teen iemand met wie hy slaags geraak het. Lees dit op News 24. Dalk was hy ook geboelie of dalk is hy die boelie?

regtig waar ·

ag genugtig kom by asb dis comminsence om teweet die kind se abses is agv die boelies kind of nie kind hulle sal uitmekaar geskeer word stukkie vor stukkie so asb belinda en leeu gaan doen julle.navorsing oor die impak wat dit het sielkundig op n kind dan praat ons weer

uitmekaar geskeer word sou dot my kids wees so belinda en leeu

Johann ·

My nou n goeie paar minute gevat om te lees wat jy probeer sê! Daars n plek oop by die laerskool nou, dalk kan jy daai leemte vul en gaan leer skryf.

nou ja ·

baie jammer vir daai gesin my seun was in pvt skool en die heeltyd geboelie ons as ouers het vir hom gese om nie terug te slaan ons was menige male skool toe en met hoof gepraat en sy antwoord eas “ag hulle is net seuns” ek het elke keer vir die hoof gese as my seun gaan “snap” gaan hy die rook uit die seuns uit slaan (my seun doen al 4 jaar kick boxing) my seun hy is klein en maer toe die weer by huis kom sien ek sy vuiste is rooi hy het die rook uit die 3 seuns geslaan hulle ouers het n saak van aanranding gemaak die skool het niks omtrent dit gedoen nie en net skouers op getrek die hoof is later geskors maar weer terug by skool die ouers het ook die saak terug getrek en die seuns gestuur vir sielkundige behandelling ons het ons seun later geskuif na ander skool…..die boelies kan gehelp word as ouers betrokke is gewoonlik doen die boelies dit om aandag by ander maats te kry

V ·

Jip. Ook my seun geskuif agv boelies en graad hoofde wat net sê dis tiener seuns en dit raak nie beter nie. Nie bereid gewees om t wag om te kyk tot watter uiterstes die boelies kan gaan nie. Eerste prioriteit hier is my seun nie die skool onderwysers of boelies nie.

WONDER ·

Ek gee nie om of hierdie boelies jong kinders is of nie, dit is nou maar in hul gene en klaar. My probleem is dat die mense reeds voorheen gekla het hieroor. Dit het met ons kind ook gebeur, na selfverdedigings/karate lesse het ons eers die ouers aangevat (ek het hulle gewaarsku dat ons reg in eie hande sal neem en die onus is nou in hulle en hul boelie kind se hande). NADAT ons die stappe gedoen het,het die kind dit weer in ‘n klas gedoen en het my kind hom IN DIE KLAS goed bymekaargemaak EN die juffrou het ingekom en dit gesien. Sy het al voorheen met boelie gepraat sonder sukses, sy het net eenvoudig die boelie aanbeveel om by die hoof en sy ouers te gaan kla, want dit was sy verdiende loon. Die seun bel en kommunikeer tot vandag met my kind en hulle is op goeie voet.

Helene Heyns ·

Al het die boelies nie regstreeks sy dood veroorsaak nie, is hul nogtans skuldig aan aanranding.

Shaun ·

@Marc en regtig waar . Sjoe ouens . Sulke gedrag ( of denke ) waar julle n kind ” uitmekaar haal of skeer ( skeur ? ) , stel die voorbeeld aan jou kinders dat geweld aanvaarbaar is . Die kern of wortel van die boelies se gedrag , lê seer sekerlik by die ouers . Daar by hulle huise waar hulle geweld ervaar of sien dalk . Julle woede moet eerder geprojekteer word op die ouers van sulke boelies .

susan forret ·

Die seun is dood agv houe en skoppe teen sy kop. Kla die MOORDENAARS aan asb. Anders gaan hulle nooit ophou nie

Anoniem ·

As n volwasse vrou in my 30’s was ek geboelie sedert laerskool, regdeur tot matriek.o ja laat ek byvoeg…dis ouers se houding van ‘hulle is net kinders’ te hel met dit,jy leer jou kind reg en verkeerd, op daai dag en oomblik het daai kind geweet hulle is verkeerd!ek verpes n boelie en sal altyd opstaan vir kinders wat geboelie word.pssst gewoonlik volg n kind sy ouers se voorbeeld so dink maar mooi hoe jul praat van ander en met ander.monkey see monkey do. Oktober is anti bullying month en ek wens elke kind en volwassene kan besef not all scars heal. Stopbullying.gov daar is menigte artikels oor boelies en ook die verskillende tekens wat wys n kind word geboelie.Sommige skoolhoofde en personeel hou hul blind en doof vir die gevalle want hul is helfte van die tyd in iemand se alie opgekruip vir een of ander funding!tsk!sterkte aan hierdie mamma en pappa wat se seer ondraaglik is, mag liewe jesus jul styf vashou in hierdie tyd.mag hierdie seun se dood nie net nog n statistiek word nie, maar gebruik dit om ander meer bewus te maak van wat in die samelewing gebeur.

Sanna ·

N geboelie gebeur in alle skole. Party net erger as ander. My seun het al self deurgeloop by n bekende laerskool in sasolburg. Gesiene skool, maar al wat tel daar is hoeveel geld jy as ouers diskool instop. Die skoolhoof ontvang hordes klagtes in 3 jaar van 1 boelie…. En wat is sy antw daarop? Jammer maar daai seun is ook geregtig op education. Dis belaglik hoe skole en hoofde op hulle gaai sit en te SLEG is om iets daaraan te doen. Wat MEER kan jy as ouer doen? Jy gaan kla elke dag maar jammer di boelie is geregtig op education. Dit is belaglik want dit gaan nooit ophou in skole nie.

CHARLIE ·

Daar word vir alle skole voorgeskryf dat daar ‘n “Zero tolerance policy for bullying in schools” moet wees. Dit word nie toegepas nie! My kleinkind was al in Gr 1 geboelie. Nog ouers het gaan kla, die boelie se ouers is ingeroep, die boelie het terapie gekry by Sielkundige. Hy het nie opgehou om my kleinseun agteraf te boelie nie. Op ‘n slinkse manier het hy aangehou om terwyl hy “behandel” word nog steeds te boelie. Dit het die hele jaar aangehou en net opghou toe ons kleinseun en die boelie in Gr 2 in verskillende klasse geplaas is. Omtrent in alle gevalle is die boelies jaloers omdat hulle minderwaardig voel. By hulle ouerhuis is byna altyd een of ander probleem. Hulle kies dan ‘n kind wat eintlik alles is en het wat hulle begeer en knou daai kind af. As skole nie ophou om die boelies te beskerm nie, gaan hierdie probleem net meer voorkom. Ja, ek was ‘n onderwyseres en ek weet waarvan ek praat!

Sonja Mulder ·

Indien Louis herhaaldelike houe teen sy skedel moes verduur, het hy moontlik ‘n skedelfraktuur opgedoen wat beslis kan lei tot ‘n skedel- of selfs breinabses. Dikwels word simptome, bv. hoofpyn geïgnoreer, veral as die persoon (des te meer as dit ‘n kind is wat nie van beter weet nie) gereeld aanvalle moes verduur en dit maar daaraan toegeskryf het.

Dit sal regtig jammer wees as hier nou weer ‘n uitkoms vir die boelies gesoek word. Die publiek moet nou saamstaan en hul stemme laat hoor, veral in die pers en sosiale media. Volgende keer is dit dalk ons kind of familielid wat sterf.

Wilna ·

Dit is n tragedie en skuld vir die seun se dood le grotendeels by skole.Onderwysers wat toekyk hoe kinders geterg en geboelie word is medepligtig.Ek was self gereeld geboelie terwyl onderwysers toegekyk en selfs saam geboelie het.Die skool stelsel is gebrekkig om die minste te se.

Petro ·

Ek was n slagoffer van boelies toe ek op skool was en ek kan my net inleef oor dit wat hierdie kind deurgemaak het… Ek onthou as jong kind die vernedering en pyn en skaamte… Dit was verskriklik. Vandag is die kind dood aan n abses in die brein? hoe het dit onstaan? deur aanhoudende geslaan en kopgestamp en geskop. Plein en simpel, Dit moet nie daar gelos word nie. Hierdie kind is stadig doodgemartel. Dag vir dag is hy hieraan blootgestel en NIEMAND het iets gedoen om hom te beskerm nie… Die ‘skare’ het hom gefaal… ek voel ons kan hom nie in sy dood ook versaak nie en ons moet iets doen hieraan… Die boelies het jammer gese, maar dis nie genoeg nie… Hier is n kind dood. Dit kon jou kind gewees het. Kyk uit vir die tekens en tree op. Ek het NIEMAND gehad wat vir my opgestaan het nie, en dit is God se genade dat ek vandag leef, anders het ek lankal my eie lewe geneem… Vandag het ek geleer om op te staan wanner ek geskop word, Ek het net soveel reg op aarde as enige iemand aarde… Maar tot n paar jaar gelede? Dit was hel. Ek kry nou nagmerries partykeer van wat hulle aan my gedoen het, al was dit 50 jaar terug… Vandag wil ek vra: Kyk na jou kind. Kyk na sy reaksie. En doen iets daaraan. Hierdie dood kon gekeer word AS IEMAND net ingetree het!

Adam ·

Ek wil graag by die medici hierbo hoor. Indien kopstampe so maklik absesse veroorsaak, sou dit korrek wees om die afleiding te maak dat rugbyspelers wandelende absessse is?

spook ·

Ai ek weet nie, navorsing se wel dit kan gebeur. Maar die punt is dat ons almal keelvol verby is vr boelies. Hulle kom weg daarmee, en as volwassenes kom hulle verder weg met moord. Hoeveel vrouens en kinders en baie gevalle mans moet ly ondera boelies, kinder en volwasse boelies. Ek was nie geboelie op skool nie maar het dit nog altyd verafsku, hoe in jou regdenkende wyse rig jy skade aan n ander persoon? Dit is siek verby man.

moeg vir boelies ·

Belinda ek wil net vir jou sê jy het seker nie n kind op skool gehad wat geboelie is nie ek kan vir jou sê my kind is geboelie en dat hy gesê het hy wil nie meer skool toe gaan nie want dit is gewoonlik meer as een wat die kinders boelie want hulle slaan teen die koppe en gooi die rugbybal teen die kop wat dink jy nou eintlik daar moet n kneusing plaasvind in die kop en later word daar n abses gevorm klink so of jy die nadoodse ondersoek glo.

Delatz ·

Nee my kind word nie geboelie nie, ek’t my kind groot gemaak om homself te kan verdedig, ek maak nie my kinders groot om hierdie “slagoffer” houding te hê nie.

SuZ ·

What causes a brain abscess?

There are three main ways that a brain abscess can develop:

an infection in another part of the skull, such as an ear infection, sinusitis or dental abscess, spreads directly into the brain
an infection in another part of the body, such as the lung infection pneumonia, spreads into the brain via the blood
trauma, such as a severe head injury, that cracks open the skull allowing bacteria or fungi to enter the brain
Although in around 1 in 7 cases the source of the infection remains unknown.

JOHANNA ·

RESULTAAT AGV BESERINGS WAT DEUR DIE BOELIES VEROORSAAK IS. DIS VOOR DIE HANDLIGGEND.

Michelle ·

My innige simpatie en meegevoel aan hierdie gesin, wat jy aan een doen sal aan jou terug gedoen word. Watter tipe kind slaan ‘n ander kind by ‘n skool dood.

Geboeliede mens ·

Die seun is oor sy foorkoms geboelie.

Ek self…hul het my bop tv genoem en my met klipe gagooi.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.