Oorsaak van brand by polisiestasie ondersoek

Twee geboue agter die Bellville-polisiestasie is Dinsdagoggend deur ‘n brand beskadig. (Foto: Henk Kruger/ANA)

Misdaadtoneelkenners van die SAPD is tans op die toneel by die Bellville-polisiestasie in Kaapstad waar ʼn brand Dinsdag in die vroeë oggendure uitgebreek het.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê beamptes het gesien hoe rook uit ʼn gebou aan die agterkant van die perseel kom. “Dié gebou word deur administratiewe personeel gebruik en daar was niemand in die gebou ten tyde van die voorval nie,” sê Van Wyk.

Hy sê niemand is tydens die brand beseer nie.

“Skade aan twee administratiewe kantore word tans geassesseer.” Hy het nie onmiddellik bekendgemaak of enige dossiere of bewysstukke in die brand in die slag gebly het nie.

Van Wyk het ʼn beroep op die media gedoen om nie oor die oorsaak van die brand te bespiegel nie. “Speurders is besig om die omstandighede te ondersoek. Die ondersoek is tans in ʼn sensitiewe stadium. Ons moet [die ondersoekspan] die ruimte gee om hul ondersoek uit te voer,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

IK ·

Bespiegel?? Hierdie tyd van die jaar kan jy by menige staatsinstansie instap waar die verwarmers voluit in werking is.

willem Botha ·

Die woorde spel,die ondersoek span is in n sensitiewe stadium van die ondersoek en moet ruimte gegun word.Die realiteit is die polisie weet nie waar om te begin nie ,het geen benul wat die brand veroorsaak het nie en gaan soos gewoonlik niks doen en kyk of iemand nie dalk n perlemoen of twee het wat gekonfiskeer kan word nie.

se net ·

Natuurlik dieselfde as wat orals gebeur waar mense werk en verwarmers onder hul tafels sit. Ja ek weet dit is nog nie winter nie, maar van ons kollegas doen dit tot in Desember. Weet wraggies nie of hul nie weet wat koud of warm is nie. En ek ken die staatsdiens se ou verwarmers. Glo my hul sien nooit n elektrisien nie en dit dateer uit noag se ark.

Willie ·

Ons ontvangs doen dit ook, tot in die somer… dis eindelik teen die wet! Maar jy mag niks se nie dan is dit rasisties…

Alida ·

Sommige mense is mal oor hitte. Trek dik jasse aan in Desember in Messina!

Spook op thaba ·

So tong in die kies gese….wonder of Mat Joubert en Bennie Griesel deel van die ondersoekspan is hehehe

Voter ·

Ek wonder hoeveel brande word deesdae ONDERSOEK en wat kom daarvan? Hoeveel paaie en geboue en voertuie word DAAGLIKS uitgebrand en word ONDERSOEK .. daar kom nooit iets van nie .. hou op om die PUBLIEK te flous .. soek julle stemme?

jakes ·

Die brand kan agv n duisend redes ontstaan het. Die mees waarskynlike is dat die brand gestig is om dosiere of bewysstukke te vernietig. Of dalk dat die polisiemanne n laaaang naweek wou deurbring en sodoende hul werkplek aan die brand gesteek het. Ek kan nog so honderd ander opnoem……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.