Oorsaak van dood bekend van lodge-eienaar se vrou

Herman van Tonder. Foto: Via Facebook.

Herman van Tonder (50), die eienaar van die bekende Mbizi-lodge buite Bela-Bela in Limpopo, en sy vrou, Elrina (42), het ʼn onstuimige huwelik gehad voordat sy in November 2014 gesterf het.

Só lui die akte van beskuldiging wat Vrydag deur die staat by die Bela-Bela-landdroshof ingedien is.

Van Tonder staan nou, byna vier jaar ná Elrina se dood, tereg vir die moord op sy vrou. Van Tonder het verlede week weer in die hof verskyn.

Luidens die akte van beskuldiging was Van Tonder en Elrina die aand van 5 November 2014 alleen by die huis. Van Tonder het die volgende oggend met sy vrou se liggaam by die hospitaal opgedaag. Volgens die staat was Elrina reeds dood.

“[Van Tonder] het beweer sy het in sy teenwoordigheid gesterf aan natuurlike oorsake en/of siekte. Dit was duidelik dat sy al ʼn geruime tyd dood was en sy het enkele sigbare beserings gehad.”

Volgens die staat het ʼn nadoodse ondersoek later getoon dat Elrina verwurg is.

Elrina van Tonder. Foto: Via Facebook

Maroela Media het vroeër berig die Bela-Bela-gemeenskap was destyds geruk deur Elrina se skielike dood en klaarblyklik was daar nooit sekerheid oor die presiese oorsaak van haar dood nie. Die plaaslike koerant het destyds berig dat sy vermoedelik gesterf het weens inwendige bloeding van ʼn maagseer. ʼn Geregtelike doodsondersoek is ná haar dood gedoen.

Van Tonder is in Januarie vanjaar op aanklag van moord in hegtenis geneem en is later op borgtog van R15 000 vrygelaat.

Rapport het vroeër berig dat Van Tonder glo kort voor Elrina se dood ʼn polis op haar lewe van R3 miljoen tot R7 miljoen verhoog het. Op die lys van getuies wat tydens die verhoor deur die staat geroep sal word, verskyn die name van twee verteenwoordigers van Old Mutual in Pinelands, Kaapstad. Ander getuies sluit in die polisieondersoekbeampte en dokters by die Warmbad Staatshospitaal en St. Vincent- private hospitaal op die dorp.

Van Tonder se verhoor sal van 4 tot 8 Maart 2019 in die rondgaande hof in Lephalale plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Theresa B ·

Hoe in die liewe lewe kan jy so iets aanvang en aangaan met jou lewe asof niks fout is nie?!
Geld vier hooggety in alles!

Rupert Ashford ·

Meeste mense wat sulke goed aanvang is aartsoptimiste wat dink hulle sal wegkom daarmee, en wat ook nie regtig hulle huiswerk doen oor patologie ens voor hulle tot aksie oorgaan nie.

LB S ·

4 Jaar later! Die vrou het sulke hartseer oë, mens kan amper haar pyn aanvoel.

Ai ·

Net soos die Rhode geval, sulke mooi vrouens. Wat het van SKEI geword? Dit is tog sekerlik makliker om te skei as om iemand te vermoord? Skokkend.

Avra ·

Jip en hul dink geld wat storm is, maak reg wat krom is. Nou het hy niks want die versekering gaan ook nie uitbetaal nie. Het Mbisi nie genoeg geld gemaak nie? Daar was dan altyd groot aktiwiteite op jou wildsplase.
Bloed aan jou hand, Herman. Bloed wat nie af was nie

Nettie ·

Skei is nie ‘n opsie as jy jou ogie op die versekeringspolisgeld het wat op iemand se lewe uitgeneem is nie. Vraag is: hoe kon die man die versekeringsbedrag op SY VROU se lewe verhoog, sonder dat sy ingestem het en daarvoor geteken het? Ek sal wraggies nie instem dat iemand wat voordeel uit my dood sal trek, my lewensversekering verhoog nie …..

Terloops, dit is moontlik om iemand se dood ‘natuurlik’ te laat voorkom – vra my, ek weet. Ek kyk genoeg misdaad-programme op TV om te weet wat om NÍÉ te doen nie as jy iemand uit die weg wil ruim, sonder dat daar ‘n rot geruik word.

Tanzie ·

Skei sou nie ‘n opsie wees nie want dan moes hy opdok. Soos in die berig het hy haar lewenspolis se bedrag opgeskuif. So dit was beplan.

Blommie ·

Dis net jammer dat dit so lank vat, hy gaan aan met sy lewe.
Die verhoor beging eers volgende jaar, dis belaglik man!
Die kriminele het meer regte as die res van die mense.

Pappa beer ·

Wees rustig. Die lewe soos hy dit geken het is in elke geval verby. Die waarheid is uit. Jy ken mense. Hy sal nooit weer ‘n goeie, normale lewe hê nie. Hy het nou die skandevlek op sy voorkop.

Wonder ·

Ek het baie gewonder as mens, mense so sien. Wie is gelukkig en wie siels ongelukkig… Wie hou voor dat als honkie dorie is.. Mense se dinge bly maar duister

Rupert Ashford ·

Dit is baie waar. Mens weet nie wat agter toe deure gebeur nie…ook nie van verbale en ander nie-fisiese mishandeling nie.

Jan Maritz ·

Ek stem sal jy ooit weet wat in mense se koppe aangaan.

Nettie ·

@Pappa beer – jip, sy lewe sal beslis handomkeer verander. Die ou mense het ‘n gesegde gehad wat lui: “Die Leuen het báie kort beentjies. Dit kan nie vir Die Waarheid weghardloop nie”.

Nou ja, wat kan mens meer sê?

DS ·

Dit begin met ‘n klap of twee en as jy as vrou nie daar en dan jou voet neersit en uitloop nie dan is dit die uiteinde. Daarna raak dit net erger en erger. En ongelukkig is baie vroue nie in staat om finansieel die besluit te kan neem om uit te loop nie.

Ekke ·

Jy is doodreg DS. Almal skree skei skei. Dis nie altyd so eenvoudig.

1 X Te veel ·

My ex man het EEN KEER sy hande vir my gelig (en my gedryg met sy jaggeweer) en ek het die volgende dag uitgetrek. Week later geskei. Net my klere en n enkelbedjie gehad om mee oor te begin. GLO MY! as jy regtig wil, sal jy die moed en krag hê om dit te doen.
#FirstTimeYourAVictom
#SecondTimeYourAVaulenteer

Elzette ·

Skei is nie ‘n oplossing vir hulle nie – dit is die polisgeld is wat tel!
Een of ander tyd word jy tog uitgevang!

Wonder ·

Dan aan die ander kant, party mense kom so verlief en gelukkig voor, en as jy weer hoor was daar groot drama…

HD ·

Klink vir my na ‘n beplande storie…wonder of daar medepligtes gaan wees?

HPV ·

Tragies, die een plek waar ‘n vrou veilig behoort te wees, by haar man en vertroueling, en dan word sy vermoor!

Gesiggie ·

As ek kyk na die Mnr van Tonder se foto, lyk hy soos n goeie eerbare mens, maar ons sal nooit weet wat als aangegaan het, geld kan n opsessie raak… ek kan nie dink dat n man sy vrou sal vermoor sodat hy geld kan eis? Mev van Tonder was n prag van n mens en in haar gesig kan n mens net eerlikheid sien. Die waarheid sal wel uitkom… hierdie moordenaar moet met sy gewete leef???

Johan ·

Wat baie snaaks is v my .Hoekom is daar so min in nuus oor die Mbizi Lodge moord. Is dit meskien omdat die skoue daar gehou word.

HP ·

Die buitelug skou word vanaf die jaar nie meer daar gehou. Hierdie jaar by Sondela, goeie besluit

DS ·

Johan wat het die lodge daarmee te doen? Dis die eienaar wat aangekla is en solank as wat die lodge kan funksioneer beteken dit mense verloor nie hulle werk nie en ‘n fantastiese plek is beskikbaar vir ander mense om te ontspan. Hoekom die oord betrek? Almal is bewus van die daad en wie dit gepleeg het. Herman van Tonder (nie Mbizi-lodge) moet nou verantwoordelikheid aanvaar en gevolge dra.

HP ·

HY is Mbizi Lodge, gaan hom beslis nie verder ondersteun om hom te help om sy regskostes te betaal nie. Ek het net na die eerste berig, gesien op fb hy het nie lank getreur oor sy vrou nie!

Johan ·

DS. Wat vir my snaaks bly. As dit my Loge was en ek het my vrou gemoor ,was dit voorblad nuus. Maar omdat Die TV betrokke is bly dit maar n Stil moord. Maar hy sal getuug

Driekie ·

7 miljoen was vir hom aantrekliker as sy pragtige vrou… Mnr van Tonder het nie gedink aan die groot oordeelsdag wat gaan kom nie. Hy kan vir mense lieg, maar Hy wat die ewige oordeel gaan fel weet die waarheid!

Andre ·

Baie snaaks dat daar nog niks genoem is van ‘n derde party wat betrokke is nie…..sal seker nog uitkom…….

Avril ·

Mense…moenie iemand skuldig bevind voor al die feite nie aan die lig gebring word nie. Kom ons almal wees oordeelkundig en wag vir die Hof om daardie beslissing te maak! Nie “Ek of jy” is geregtig om ander te oordeel nie! Die oordeel kom slegs GOD toe…en as Christenmens behoort ons dit te weet…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.