Oorsaak van Edna Molewa se dood bekend

Edna Molewa (Minister van omgewingsake) Foto: GCIS

Edna Molewa, minister van omgewingsake wat Saterdag in die ouderdom van 61 oorlede is, se broer, Fana Mmethi, het Sondagoggend die oorsaak van haar dood bekend gemaak.

Mmethi het namens die familie almal bedank vir die medelye wat sedert die aankondiging ingestroom het.

“Ons suster het 22 September gesterf as gevolg van komplikasies weens legioensiekte,” het Mmethi gesê.

Legioensiekte is ʼn tipe longonsteking.

Mmethi het gesê die feit dat die familie geweet het sy is siek het nie veel gedoen om die pyn meer draaglik te maak nie.

“Dit is veral moeilik om haar dood te aanvaar gegewe dat haar lewe beëindig is in die fleur van haar lewe, toe sy nog soveel gehad het om te bied aan haar gesin, haar vriende, haar kollegas, haar kerk en haar gemeenskap.”

Mmethi het gesê sy het gekies om nie ʼn bystander tot die geskiedenis te wees nie, maar op te tree namens die armes, die onderdruktes en die gemarginaliseerdes. “Ons het nog altyd geweet sy behoort nie net aan ons nie, maar aan Suid-Afrika.”

Mmethi het gesê alhoewel Molewa talle uitstekende eienskappe gehad het, die grootste en mooiste daarvan haar onwrikbare geloof was.

“Dit is haar geloof wat haar regop gehou het deur haar lewe en dit is geloof wat ons staande hou terwyl ons oor haar treur.”

Pres. Cyril Ramaphosa het Saterdag ʼn amptelike tydperk van rou aangekondig ná haar dood en die opdrag gegee dat die nasionale vlag halfmas moet hang in Suid-Afrika en ook wêreldwyd by Suid-Afrikaanse diplomatieke bedrywighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Maar tog was sy een van die lawaaimakers wanneer daar in die parlement gepraat was oor plaasaanvalle en die spreker verskree was/

Adam ·

Gerhard, in tye van nood en droefheid besef ‘n mens dat alles nie altyd gaan oor wie is reg en verkeerd nie. Terloops, kan jy betoog dat jy al ooit ‘n perfekte mens teegekom het?

Stan ·

Gerhard, ek stem. Nie almal ken hul vyand nie. Dieselfde persoon het geen gevoel gehad teenoor boere wat wreed vermoor is nie.

Pens en pooitjies ·

Alhoewel dagga gebruik/rook nou vir privaat gebruik gewettig is en al is dit na bewering hoe goed vir siektes, kan ek dit nie gebruik nie, my longe is kaputt van vroeër jare se pyprook , ek sukkel nou en dan met benoudheid en asemhaling, ek sal graag ‘n trek aan ‘n zol wil vat dat dit help, maar dan sal ek dood neerslaan.

Conrad ·

The reality is that we are living in a modern, functional state with strong institutions, a transparent and accountable government, a free and vibrant civil society and media and an independent judiciary. Most importantly, we are living in a country in which the law reigns, with a Constitution that provides checks and balances and holds the executive to account. -Edna Molewa, April 2017

Buffel ·

@Conrad: I think whoever said this live in the USA, UK or even Germany. If this is what Edna said I would not publish it ………except if you wanted to embarras her and the entire goverment.

Loon ·

Hulle moet sommer al die vlaggies permanent halfmas hou, SA in geheel is dood.
Nou is daar n opskudding oor een minister dood is, besef hierdie mense ons gaan almal die een of ander tyd dood.

Pens en pooitjies ·

Ek was toe ek 30 jaar oud geraak het bevrees vir die dood, ook toe ek 40 jaar oud geraak het kon ek dit beswaarlik hanteer, ek was vir ten minste die hele week uitgestres, vandag kan dit nie gou genoeg kom nie.

Mara Hatti gh ·

Mense sy het self n plaas gehad. Sy was ook n mens en bekommerd. Sy het ons plaas presies 21 dae terug gekoop.

Swartwolf ·

@Pens en pooitjies: Niemand van ons weet ons tyd nie. Of ons nou pyp gerook het, rondgeslaap het, jare van hamburgers geleef het of twee bottels ‘n dag gedink het. Sterkte met jou vrees vir die dood. Weet nie of dit vir jou waarde het nie maar jy sal nie ‘n haar verloor sonder dat die Vader dit toelaat nie. Watter groter troos is daar ? Se maar net.

Anoniem ·

As die vlae maar halfmas gehang het vir elke boer wat tydens ‘n plaasaanval vermoor word…

Piet Pompies ·

Legioen siekte se bron kom van waterverkoelde lugversorgers, verkoeling torings, selfs storte, jou tuinslang ook. Die virus kom in jou longe deur “air bourne water spray”. Dit is ook die enigste manier hoe die mens aangesteek kan word, as jy water sproei water inasem wat die Ligeonela virus bevat. Mense in warm gebiede kan gerus hul storte eers vir ‘n minuut of twee met warm water te laat loop om die virus dood te maak. Hierdie is ook ‘n aanmeldbare siekte by die department van gesondheid.

@Piet poempieS ·

Dis n bakterie nie n virus. Daar IS N GROOT VERSKIL!!!!

MANIE ·

Enige een wat die korrupte anc verlaat laat my n vlag wat halfmas hang ondersteun

Casper Labuschagne ·

Sou daar ‘n uitbraak van Legioensiekte in SA wees, dan sou dit so seldsaam wees dat dit vir weke die voorblaaie sal haal. Legioensiekte word versoorsaak deur bakterieë wat natuurlik in water voorkom en waar waterdruppels in die atmosfeer, tipies vanweë groot verkoelingstelsels, die liggaam infekteer. Dit is so ‘n seldsame siekte dat dit eers in 1976 geïdentifiseer is, en daar kom minder as ‘n duisend uitbrake voor in ‘n dekade. Met suksesvolle behandeling is die mortaliteitsyfer sowat 5%. Legioensiekte kom hoofsaaklik by ouer persone voor asook persone waar die immuunstelsel grotendeels afgetakel is. Volgens haar opgedateerde Wikipedia inskrywing het sy 8 September teruggekeer van ‘n staatsbesoek aan Beijing waar sy volgens Wikipedia die virus opgedoen het. En hierdie laaste paar feite is die eintlike storie waaroor die pers nie berig nie.

Bokka ·

Rus in vrede as ek lees DAT jou geloof jou staande gehou het glo ek jy was n kind van GOD.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.