Oorsaak van graad 1-seun se dood steeds ʼn raaisel

Divan Joubert.

Divan Joubert.

Die oorsaak van Divan Joubert se dood is steeds ʼn raaisel, maar die gesin weet genoeg om gerugte en spekulasie in die kiem te smoor. Divan, ’n graad 1-seun van Laerskool Standerton in Mpumalanga, is verlede Maandag by die skool dood.

Maroela Media het vroeër berig Divan het glo op die skoolterrein gestruikel. Graad 7-leerlinge het hom opgehelp, maar hy het onmiddellik daarna inmekaar gesak. Noodhulp is toegepas, maar hy kon nie bygebring word nie. ʼn Dokter, wat langs die skool woon, se hulp is onmiddellik ingeroep en hy het Joubert dood verklaar. Die skool het die polisie en die departement van onderwys in kennis gestel.

Sy gedenkdiens is Vrydag in die NG Moedergemeente (Klipkerk) in die dorp gehou.

Divan se pa, Leon, sy ma, Marlene, en suster, Zoë, het Maandag in ʼn verklaring gesê die hoekoms en waaroms het nie antwoorde nie. “Ons as gesin wil die bevinding van die nadoodse ondersoek bekend maak om die spekulasie en gerugte, wat almal rondom Divan seer maak, tot ʼn einde te bring,” lui die verklaring.

Van die spekulasies wat onder meer gemaak is, is dat Divan ʼn lekker in sy mond gehad het en daaraan verstik het toe hy geval het.

Sy gesin het egter bevestig die nadoodse ondersoek het bevind dat daar geen opsigtelike rede vir sy dood is nie.

“Sy organe was gesond en sy lugweg skoon. Hy het geen bloeding of enige kneusings gehad nie. Hy het nie gestruikel en geval nie, maar ineengestort. Die patologiese verslag sal weke neem om afgehandel te word en selfs dit sal dalk nie ʼn antwoord bied nie. Divan was gesond en het geen medikasie gebruik nie en was soos gewoonlik luidrugtig toe hy by die skool afgelaai is.”

Die gesin het gesê Laerskool Standerton se leerlingraadslede en personeel op die terrein het onmiddellik noodhulp toegepas. “Divan het nie gereageer nie en was binne minute na ʼn  bekwame geneesheer geneem wat reg oorkant die skool bly. Hy was toe reeds oorlede. Ons is ook onmiddellik in kennis gestel en was self binne minute by Divan. Alles wat menslik moontlik is, was vir hom gedoen.

“Ons as ouers wil dit onomwonde stel dat ons niemand verkwalik of sou wou gehad het dat daar enigsins anders moes opgetree gewees het deur enige iemand betrokke nie. Ons wil eerder ons dank en waardering uitspreek vir die skool se personeel se toegewydheid en liefde aan ons almal se kinders. Ons weet en ervaar ook julle hartseer saam met ons. Dalk sal ons eendag kan verstaan,” het hulle afgesluit.

Lees die vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Eish! ·

Dankie. Ons almal bly wonder hoe so iets kon gebeur het. Ek sal bitter graag wil weet hoekom en wat. Sal bly wees as jul uitvind om dit ook met ons te deel. Enige mens kan by dit leer en prober keer as daar ‘n rede is. Dankie weereens vir die berig. Sterkte

anne ·

Klein Divan, jy is in so baie van ons se gedagtes. En jou mamma,pappa en sussie in ons gebede. RIV seuntjie

Peet Schabort ·

Wonderlike ouers wat berusting vind dat alles menslik gedoen is vir Divan. Ek moes eintlik begin het met “Christen ouers”. Daarom die gelowige optrede en aanvaarding. Ek weet dat die Here met julle is.
Kan hierdie voorval vergelyk word met ‘n baba se “wiegiedood”? Daar moet kundiges wees wat sal weet.

Ansie ·

Jammer Peet, Christen of nie, jy kan nie dit sê nie. Elke situasie is anders.

As jou kind in raaiselagtige of geweldadige omstandighede doodgaan en jy vind nie berusting nie, maak dit nie van jou ‘n “nie-christen” nie.

Sterkte aan die familie met die verlies van hul pragtige seuntjie

Peet Schabort ·

Ansie, jy lees nie die berig se inhoud en veral my eerste sin volledig en korrek nie. Daar staan “dat alles menslik gedoen is…”

Christa ·

Ek wil graag hoor of iemand my dringend kan help met Amerikaanse (so klink hul aksent) mense wat soos n “sindikaat” besig is om mense van hul geld in die hande te kry voor hul land uit vlug asb? Ek het al die besonderhede. Die mense maak of hul n pakkie het wat “Parcel Force Worldwide” vir jou gestuur het wat “valse” inligting besit en dan moet jy die afleweringskoste betaal en sodra jy die groot klomp geld betaal het en hul dit dadelik ontrek het, moet jy nog n groot bedrag inbetaal en as jy dit ni dadelik doen nie, bel hul jou heel dag lank en dwing jou om die geld dadelik in te betaal. Hul raak sommer ongeskik en dreigend… Ek het gelukkig n aflewerings dokument bekom en hom goed nagegaan en met die afsender gepraat en hul het bevestig dat dit nie van hul af kom nie. Kan iemand help om hierdie mense vas te trek? Groete

Knersus D ·

SJoe Christa, dis maar moeilik – maar niks in die lewe is verniet nie. Beskou dit maar as klasgeld – daar is nie medisyne vir onnoselgeid nie

SNEL ·

Baie dankie vir die berig. Dit is maar so, as jy iets in die nuus gelees het, dan bly jy wonder daaroor, ek stem saam me I Eish, mens wonder wat kon dit wees, dit was dan n normale gesonde seuntjie. Dis vreeslik, baie sterkte aan die ouers en ek stem saam met Peet, dis Christen ouers wat se wortels diep gewortel is, want as die lewe druk of mens se boot geskud word, is dit wanneer mens werklik besef hoe sterk jou geloof is. Mag die Here julle dra en krag gee en mag julle antwoorde op al julle vrae kry. Baie sterkte!!!!

Christa, sterkte, ek hoop een kan jou help, weet ook nie waar jy kan aanklop vir hulp nie. Dis seker maar n kwessie van…aanvaar jou verliese en waarsku ander, maar Amerikaaners wonder ek, alle onheil broei in Negirië uit, daai klomp is so uitgeslape, ek glo hul sal selfs die aksent kan namaak. Sterkte, ek hoop iemand sien jou berig wat jou kan help.

Jakoos ·

Aan die ouers van Divan, baie sterkte – ek weet waardeur julle gaan. Dit is ‘n baie groot verlies en ek bid dat julle ook vorentoe krag en genade sal ontvang om mekaar te ondersteun.

Christa, jou kommentaar hoort beslis nie by hierdie berig nie. In elk geval, hoe dwing iemand jou oor die foon om te betaal vir iets wat jy nie bestel het nie??

Christine V ·

Christa, nie hier nie, asseblief? Dis ietwat disrespekvol.

tjaart ·

Christa , jy het jou navraag op verkeerde plek geplaas.
maar dink jy kan Interpol probeer aangaande die kwesie

Estie ·

Aan Divan se ouers… Mens kan net se baie baie sterkte… Dit kan nie ‘n maklike proses van aanvaarding wees nie, maar God maak so iets meer draagbaar. Liewe kleine Divan, jy was ‘n pragtige ou seuntjie, en ek glo jou ouers mis jou terdee…. Aan al sy Familie, maatjies en onderwysers baie baie sterkte met julle verlies… Maroela Media, baie dankie vir die update, en ons hoor graag weer van julle oor hierdie berig. Baie dankie vir julle berigte wat ek elke oggend so lekker lees.

Hannelie ·

Christa jy is by verkeerde berig vrou, wat het jou kommentaar in elk geval te doen met Divan?

Baie baie sterkte aan sy ouers. So ‘n pragtige seuntjie en so vroeg na Jesus. Mag Jesus jul vashou en vertroos. Ek glo diep in my hart dat jul antwoorde vir jul vrae sal kry. Maroela Media baie baie dankie dat jul ons daagliks op hoogte hou, jul gaan dit nie glo nie, maar ek het al op baie verskeie berigte mense se kommentaar gelees. En die meeste word diep geraak deur ander se seer. Dis goed om te weet mense gee nog om.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.