Oorsaak van pasgetroudes se dood bevestig

’n Pasgetroude paartjie is die afgelope naweek in hul huis doodgeskok. (Argieffoto: pixabay)

’n Voorlopige ondersoek deur City Power na die skokdood van die Johannesburgse egpaar Zaheer Sarang (28) en sy vrou, Nabeelah Khan (24), dui daarop dat hulle dood waarskynlik weens ’n peutery met die kragboks veroorsaak is.

Maroela Media het vandeesweek berig dat die paartjie se liggame Sondag omstreeks 17:30 in die stort van hul huis naby Crosby in Mayfair ontdek is. Hulle is twee weke voor die voorval getroud.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, het vroeër reeds gesê daar word vermoed dat ’n foutiewe kragkabel weens onwettige kragkoppelings in die omgewing moontlik tot hulle dood gelei het.

“Ons kan bevestig dat ’n ‘geen krag’-oproep aan City Power vir twee eiendomme in St. Ivesstraat in Mayfair op 12 Junie aangeteken is.

“Na afloop van City Power se ondersoek kon ons bevestig dat daar inderdaad met die elektrisiteitsinfrastruktuur gepeuter is wat ’n stukkende verbinding en ’n lekkasie in die aardkabel van die kragmeterboks in die egpaar se huis tot gevolg gehad het.”

Volgens Mangena het hulle dié bevinding reeds aan die egpaar se onderskeie familielede bekendgemaak en is die familie versoek om nie die krag aan te skakel tot ’n veilige kragverbinding bevestig is nie.

“Ons sal ons pogings om onwettige kragkoppelings in die omgewing te stuit, versterk. Ons doen egter ’n beroep op inwoners om nie met elektrisiteitsinfrastruktuur te peuter nie aangesien vandalisme en onwettige verbindings daartoe kan lei dat die stroombaan onklaar raak.”

Die polisie se geregtelike doodsondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Francois ·

Stadsraad moet ophou versoeke stuur dat daar nie gepeuter word en neem eerder mense in hegtenis vir moord want dit is wat die diefstal van krag veroorsaak het

Moedeloos ·

Hoe gaan jy die skuldige vastrek? Dit is deesdae die norme om krag onwettig te bekom. Die munisipaliteite kan nie oral wees nie. Jou bure en omgewing moet dit aanmeld maar hulle doen dit nie want hul is self skuldig.

Deon ·

Dit is baie jammer dat hierdie mense hulle lewe op so manier moes verloor….. Jou “kragboks” in jou huis is daar om die huis se kant van die sg stroombaan te beskerm. Daar moet iets baie groot fout wees as ander buite jou sone droogmaak en jy skok in jou huis… SABS 010142(bedradings regulasie) val onder Wet nr 85 van 1993 wat staaf dat, die gebruiker huurder of eienaar van n perseel is verantwoordelik vir die veiligheid van die elektriese infra struktuur op daardie perseel..ONTHOU, ELEKTRISITEIT IS ‘n BAIE GOEIE SLAAF, MAAR’ n VERSKRIKLIKE WREDE BAAS….. As jy nie seker is nie kry maar ‘n professsionele persoon om jou van hulp te wees. Ek het kennis oor die onderwerp, elektrisien vanaf 1984..

Kathleen ·

sjoe , dit is verskriklik , jy gaan stort en woeps jy is die ewigheid in .

Keith ·

Messing around with the DB board or pre-paid meter is dangerous. Reversing the incoming live and neutral cables from the municipal feed line, especially if your geyser is not bonded or correctly installed, can cause this kind of fatal “accident”. Only allow qualified electricians to do such work at your home.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.