Oorsaak van Puk-student se dood bekend

Ettienne de Villiers. Foto: Facebook

Ettienne de Villiers. Foto: Facebook

Die oorsaak van Ettienne de Villiers (19), die eerstejaar-Puk-student wat Vrydag dood aangetref is in sy woonstel, is Maandagaand bekendgemaak.

Jean de Villiers, Ettienne se pa, het aan Maroela Media bevestig dat Ettienne aan virale meningitis (breinvliesontsteking) gesterf het. Die oorsaak van sy dood is deur ʼn nadoodse ondersoek vasgestel.

Maroela Media het vroeër berig Ettienne se liggaam is Vrydag omstreeks 17:00 deur sy woonstelmaat op sy bed aangetref. Hy sou om 16:00 ʼn toets geskryf het en toe hy nie vir die toets opdaag nie, het sy woonstelmaat onraad vermoed en gaan ondersoek instel. Sy woonstelmaat het onmiddellik die nooddienste ontbied en paramedici het probeer om Ettienne by te bring, maar hy is op die toneel dood verklaar.

Johan van Zyl, woordvoerder van die Noordwes Universiteit (NWU), was nie onmiddellik Maandagaand bewus daarvan dat die uitslae van die nadoodse ondersoek bekendgemaak is nie. Maroela Media wag op kommentaar van die universiteit.

Nog ʼn NWU-student is in Februarie vanjaar ook aan breinvliesontsteking dood. In Junie verlede jaar is Leana Labuschagne (19), ook ʼn eerstejaarstudent Puk-student, aan breinvliesontsteking dood.

Lees ook: [OPVOLG] Puk-student sterf aan nie-aansteeklike meningitis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Gideon ·

Hoekom is dit nie verpligtend dat alle studente vir breinvliesontsteking ingeënt word nie?

Merri ·

Dalk was hy ingeeënt. Die breinvliesontsteking inentings wat tans in SA beskikbaar is dek nie al die tipes breinvliesontsteking nie.

Melinda ·

Die eerste jaars is in die begin van die jaar reeds in gespuit. Die seun se mamma het die kinders wat vriende was met hom vanmiddag laat weet en ‘n apteek het ons dadelik vanmiddag bygestaan om antibiotika aan ons kinders te verskaf. Baie dankie dankie. Sterkte aan die seun se ouers in die hartseer tyd.

Bianca ·

Ek is ‘n eerstejaarstudent op die PUK en in ‘n koshuis. Al ons eerstejaars moes ingeent word, hetsy by jou huis en ‘n bewys saambring koshuis toe dat jy wel ingeent is of tydens R&O saam met jou koshuis.

Charne ·

Daar is baie ente wat help. Menactra is een van die nuwes. Word aangeraai om te gaan vir dit voor kids gaan swot. Ek dink universiteite moet mense inlig.

Paul ·

Melinda, dit is VIRALE meningitis. Dit beteken antibiotika help net mooi niks. Antibiotika help teen bakterieë, NIE teen virusse nie.

Varkie ·

Ek ken iemand wat n kind daar het wat n eerstejaar is en hulle almal was verplig om ingeent te word

Lindy Cant ·

Virale meningitis?? Daar is twee soorte meningitis. Die virale en die bakteriele een. Die bakteriele een is wat sieklik die dood kan veroorsaak maar die virale geval is nie so gevaarlik soos die bakteriele een nie en het gewoontlik nie antibiotika nodig nie want dis n virus infeksie. My dogters tans n mediese dokter haarself het vandat sy 10 jaar oud was elke jaar n aanval van virale breinvleis gehad en eers tydens haar studente jare het die aanvalle begin ophou. Meeste van die tyd het sy slegs in die hospitaal beland omdat sy geoefen het terwyl sy virale breinvlies gehad het omdat die sport afrigter haar gedruk het om te oefen sonder ons as ouer se wete. Sy was in n koshuis en het op n nationale vlak sport beoefen. Sjoe as ek vandag terug dink aan hoeveel keer sy dit reeds gekry het en oorleef het en hier sterf n jongman met slegs een aanval. Is hulle doodseker dat dit wel die oorsaak is van sy dood en dat die virale breinvlies nie dalk ook net toevallig teenwoordig is nie?

Lindy Cant ·

Daar is geen inenting vir VIRALE meningitus nie en dit is gewoontlik soos erg griep sintome, woed dan self uit en geen antibiotika is gewoontlik nodig nie want dit is n VIRUS. Mense verwar gou die verskillende gevalle van meningitus. Die bakteriele meningitus is die baie meer ernstige geval waar die dood wel n moontlikheid is.
In so n geval is die oorsaak van BAKTERIELE oorsaak wat die brein aanval. Dit sal dalk gaaf wees van die admin om n uitsetting vir die lesers te gee oor die verskille en sintome en behandeling sodat mense kan weet waarvoor om uit te kyk. Dit bly egter vir my BAIE vreemd dat die studente sterf aan virale meningitus. My dogter, tans nou al n mediese dokter haarself het VELE aanvalle in haar lewe gehad van virale meningitus en nooit enige antibiotika gebruik daarvoor nie en oorleef. Daar is ook nie n teen inenting vir VIRALE meningitus nie. Is die mense heeltemal seker dit was die VIRALE en nie dalk die BAKTERIELE meningitus nie?

ME ·

Daar is ‘n verskil tussen virale breinvliesontsteking en bakteriele breinvliesontsteking. Jy kan vir die bakteriele een ingeent word, maar nie vir die virale een nie.

Salomon de Jager ·

Azelle van Staden is ook verlede jaar op die PUK oorlede met soortgelyke simptome. Iewers is daar groot fout. Waar kom die studente in aanraking met die kiem?

Retha ·

Inentings word ten sterkste aanbeveel, maar soos met alles is dit vir sommige huishoudings nog ‘n R700 wat moeilik is om by te bring, en omdat die bedreiging nie onmiddelik is nie, laat mens dit soms gaan. Die inentings op kampus aan die begin vd jaar opgeraak, en ek het dit self laat gaan, eers weer geskrik toe iemand in my dogter se koshuis oorlede is aan meningitis. Toe spring ‘n klomp van ons om saam die profalaktiese behandeling geënt te word.

Louis ·

Dot wil vir my lyk of Noordwes universiteit geteister word met hierdie siekte
As ek dit nie mis het nie is dit nie die eerste geval daar nie?????

Frederik ·

As ek reg onthou, is dit omtrent die 3de geval daar die afgelope jaar. Die vorige twee was dames.

Martie ·

Dit is nie die eerste geval nie daar is nou n hele paar studente van Noordwes wat oorlede is van dieselfde siekte Sterkte aan die ouers.

ME ·

Dit is baie meer algemeen as wat ons besef. My seuntjie het dit verlede jaar gekry en op daardie stadium was daar in die een hospitaal alleen reeds ses kleintjies opgeneem daarmee.

Kaufman ·

Dit is n siekte wat veral toeslaan onder universiteitsstudente, maar die puk het n groter probleem hiermee as ander universiteite. Ek dink hulle moet die ventilasie in klaskamers ondersoek as n moontlike verklaring.

Johan van Zyl ·

Kaufman, ek kan jou waarborg dat daar geen fout is met klaskamers en lesinglokale se ventilasie nie. Die NWU-Puk het nie ‘n groter probleem as enige ande universiteit nie. Die verskil is, die NWU-Puk is baie deursigtig in sulke gevalle en kommunikeer elke verlies/dood aan al sy studente, personeel, ouers, oud-studente en die media. Ek is nie seker of ander universiteite dit ook so hanteer nie. Johan van Zyl, NWU-Puk Mediawoordvoerder

Kaufman ·

Dankie vir die manier hoe julle dit hanteer en die deursigtigheid. As dit waar is dat ander universiteite selfde omvang van probleem het en dit nie openbaar maak nie dan getuig dit van julle soliede integriteit. Verantwoordelike ouers sal eerder kinders stuur na n Universiteit wat eerlik is oor wat aangaan as een wat nuus laat verdwyn soos wat ek al van sekere ander universiteite gehoor het.

Lindy Cant ·

Virale breinvlies is nie dieselfde as die gevaarlike bakteriele een nie en word veroorsaak deur n virus. Dit is baie snaaks dat daar alreeds so baie studente daar aan virale breinvlies sterf aangesien die virale geval baie vergelyk met n erg griep en gewoontlik self uitwoed sonder die gebruik van antibiotika. Dis vir my BAIE vreemd.

Zelda Coetzee ·

Is julle doodseker van die oorsaak van sy dood ? I s dit nie dalk die Meningokokkale meningitis wat hy gehad het nie ? Daar is ‘n verskil tussen virale en m,eningokokkale meningitis. Antibiotika sal nie kan help vir ‘n virale infeksie nie . Die meningokokkale meningitis is baie vinniger in die verloop en baaaie gevaarliker ook .

Magrette Louw ·

My jitte Zelda, is jy n dokter? Ek is seker die persoon wat die nadoodse ondersoek gedoen het is heel moontlik beter gekwalifiseer as jy om die korrekte diagnose te gemaak het?

Yolanda ·

Ek stem 100% saam met jou Zelda. Antibiotika sal nie vir virale meningitis werk nie.

Weetjy ·

Magrette Louw. Wie het jou die reg gegee om mense sommer so aan te vat in die openbaar. Ek dink dit is ñ geldige VRAAG. Sy het nooit gesê dit is so nie, net gevra. Skaam jou. Lewer ñ positiewe bydrae of bly stil. Met so gevaarlike siekte is dit beter om dubbel seker te maak. Of dink jy nog ñ lewe of twee is nodig voor mense vra vir sekerheid. Ek is so moeg vir negatiewe komentaar.

Alice muller ·

Ja ek stem saam…ek glo dis die bakteriese een..meningococcal… Simone’ Swanepoel was in 2012 oorlede van dit. Saterdag was sy nog heel gesond..maandagaand die 27ste Augustus oorlede. Haar ouers het geen inligting gehad oor hierdie infeksie nie..anders sou sy ingeent gewees het! Sy was maar 15!!!…

Lindy Cant ·

Virale breinvlies is nie dieselfde as die gevaarlike bakteriele een nie en word veroorsaak deur n virus. Dit is baie snaaks dat daar alreeds so baie studente daar aan virale breinvlies sterf aangesien die virale geval baie vergelyk met n erg griep en gewoontlik self uitwoed sonder die gebruik van antibiotika. Dis vir my BAIE vreemd.

Melinda ·

Dit laat mens wonder of die inentings nie iets daarmee te doen het nie, veral as 3 studente binne ‘n jaar daaraan dood is.

Kaufman ·

Nee dit is nie die inentings nie. Moderne inentings is hoogs effektief en veilig, dis nou vir die siektes wat hulle voor ontwikkel is.

Rudi ·

Jy mag miskien reg wees. Ek gelees van ‘n persoon wat daaroor gewonder het en hy het 100 gevalle op die net gekry waar mense dood is enkele dae nadat hul inentings gekry het.

Nelri ·

Dankie Melinda vir jou brawe opmerking. Ek stem-daar is baie kontroversie rondom inentings en ek sou ook daar dinge gaan ondersoek. Inentings kan ook nie afgedwing word as verpligtend nie-dis nie landswet nie en ongrondwetlik indien die gevat.

Liezel ·

Zelda jy is reg. Ongelukkig is die tekens van nekstyf reeds amper te laat. Die virus is presies soos griep simptome met sinus en erge hoofpyne jy dink dis maar griep! sodra die dokter nekstyf diagnoseer is die virus al ver met jou.. Ek was n maand in die hospitaal en het gedink ek gaan dit nie maak nie by die dood omgedraai !!

Johan van Zyl ·

Verklaring – Eerstejaar nié dood aan aansteeklike breinvliesontsteking nie

Dr Emile Kotze, kampusdokter van die NWU-Pukkampus, het vanmiddag by die staatspatoloog bevestiging gekry dat Ettienne de Villiers, wat Vrydag skielik tragies oorlede is, nié aan aansteeklike breinvliesontsteking (bakteriële meningokokkale meningitis) gesterf het nie.

Die oorsaak van Ettienne se dood word deur sy ouers bevestig, na gesprek met die staatspatoloog: dit is die nie-aansteeklike breinvliesontsteking (virale enkefalitis) hier is dus nié sprake van die aansteeklike bakteriële meningokokkale meningitis nie.

Help asseblief dat alle bespiegelings en gerugte oor vermeende oorsake van Ettienne se tragiese dood, hiermee gestop word. Ek gee die versekering dat, indien daar enige risiko van enige aansteeklike siekte sou ontstaan, sal ons onmiddellik die nodige stappe neem en dit amptelik bekendmaak, soos ons gebruik is.

Ons kry swaar saam met Ettienne se pa-Jean en ma-Lizz, asook sy kamermaat Johnathan Steyn en ander familie en vriende. Mag hulle in hierdie moeilike dae besondere vrede en vertroosting ervaar, en dat die NWU-Pukgesin hulle bystaan en dra.

Fika J van Rensburg
Kampusrektor: NWU-Puk

Riana Terblanche ·

Baie, baie dankie aan die Puk vir hul deursigtige en volledige inligting. Ek is seker dat die Puk een van die min, indien nie die enigste universiteit is wat sy studente en ouers so volledig inlig en op hoogte hou van alle sake wat daagliks gebeur nie. Ek het self twee studente in die koshuis op die Puk en ek haal my hoed af vir die werk wat julle doen in die tyd waarin ons lewe. Nogmaals baie, baie dankie.

Bernice ·

Net n paar maande terug het ek gese op maroela media se kommentaar dat hul die universiteit moet druk om die saak aan te vat. As dit gedoen was sou die geval dalk nie gebeur het nie. Maar mens is mos vinnig om eerder hul te probeer beskerm om vrede te bewaar. Al wat vir my gese was is dat daar noe feite is nie.. daar is.. inteendeel op daai staium al 3 feite.. 3 studente.. nou is daar 4… hoefeel feite soek die uni nog voor daar stappe geneem word . Doe inentings word aan studente gepffer.. maar teen n R600? Hoefeel studente kan dot betaal. Oorgelaat aan hul eie lot..
#teleugesteldestudent

MissDemeanor ·

Miskien het jy nie gesien nie Bernice, maar die jongman het nie die siekte gehad waarvoor daar inenting beskikbaar is nie. Daar is nie iets duisters aan die gang nie, soms gaan mense dood van grieo…party mense se ligame kan ‘n infeksie beter hanteer as ander

Steyn ·

My innigste en diepste meegevoel met die De Villiers familie. My suster het in Februarie van dieselfde siekte op die PUK gesterf. Ons weet waardeur julle gaan en wens julle alle sterkte toe. Mag God julle styf is sy arms vashou op die lang en harde pad van aanvaarding en genesing. Mens sal dit nooit verstaan nie. Jy kan dit net aanvaar en probeer om berusting in God se liefde te vind. Groete en sterkte

humor ·

Hoe dit ook al sy hier is sekerlik ruimte vir navorsing.Ek stem ek is ewe – eens keelvol, as dit nie aan die anderkant van my anatomie vol is nie vir hierdie alewige negatiewe kommentaar. En so ook vir die onkundiges, leke wat voortyds weghartloop so asof hulle dokters, spesialiste regters en speurders is. Nie almal wat hier mediese kommentaar gelewer het is onkudiges nie.

Bruno Stef ·

Dit bekommer my as groot ouer vreeslik ek sukkel om aan die slaap te raak net moreoggend bel ek my kleinkind om te hoor of sy haar laat inent het.My innige simpatie aan die ouers en familie van die jongman dit is n groot skok maar waardeer PUK woordvoerders se verduideliking.

Jan Lategan ·

Kyk net hoe gooi NWU wal. Ek dink dit moet verder ondersoek word.

Leon ·

Hiermee ‘n uitreksel uit ‘n koerantberig van 2003 oor breinvliesontsteking op Potchefstroom. Ek weet dis lank terug maar dit wil voorkom dat daar van tyd tot tyd probleme in Potch is. Dis ‘n bekommernis as mens self ‘n kind op die universiteit het.

“Meningitis scare closes Potch University
Staff Reporter 28 Jul 2003 16:44

Lectures at the Potchefstroom University have been suspended from Monday afternoon until Wednesday after an outbreak of meningitis claimed the lives of two students within five days.

Another six people in the town were infected, of whom one died as well.

University spokesperson Frikkie Kotze said that classes had been suspended from 1pm on Monday until Wednesday morning.

All students would be given a free dose of the preventative drug Ciprobay between 4pm and 10pm on Monday.

As a preventative measure to the community at large, people were warned not to visit places which were not well ventilated, he said.

All health facilities in the Potchefstroom area are on high alert.

A 24-hour operational centre, managed by the local emergency services in conjunction with the SA National Defence Force, had been established.

Phillip Pretorius (20) an education student at the Potchefstroom University died last Wednesday, while André van Bommel, also 20, a second-year engineering student, died on Sunday night.

A female student at the Potchefstroom Beauty Academy died of meningitis at the end of June.

Five more people were treated”.

Ella van Bommel-Wessels ·

Andre van Bommel was my kind.
Ek voel as daar sterftes is kan die ander studente vroegtydig Ciprobay toegedien word en nie gewag word tot ten minste 3 sterftes gebeur word nie. Vrydag aand toe ek by my kind in die ICU was het gesondheidsraad my kom inlig alle studente sal nou medikasie as voorkoming kry. Jammer was te laat vir my kind!

Johann Marx ·

Ek mag verkeerd wees maar dit wil voorkom asof meningitis in verskillende geografiese streke MEER aktief is as in ander? Ek was in 1982 in 5SAI in Ladysmith Natal, en het virale meningitis gekry. Dr Louis Minders het my lewe gered met ‘n tydige diagnose. Ek was opgeneem in Ladysmith Provinsiaal en daarna oorgeplaas na 1 Militêre Hospitaal Voortrekkerhoogte. 100% herstel. Bestaan daar enige statistieke oor WAAR hierdie siekte meer voorkom in SA?

Sanet ·

Sterkte aan die ouers! Dit is enige ouer se grootste vrees om n kind te verloor! Maak nie saak in watse omstandighede nie. RIV jong man!

Pendoring ·

Ek is heeltemal dom met die mediese goete, maar daar het ‘n vraag by my opgekom: As dit die “nie aansteeklike” weergawe van die siekte is, hoekom het ander mense dit dan ook gekry? En hoekom is daar so baie wat dit kry? Hoe werk dit?

Judith ·

Ek wil net graag weet hkm kan di klinieke ok ni di kinders verniet spuit ni? Ek het 2 kinders en het glad ni di fonse om hulle te spuit ni.dit is vrek duur en kan ni eers medies bekostig ni.as di klinieke dit kan doen sal da ok minder dood gevalle wees.ek wil ok net se sterkte an di gesin en familie.mag God julle deur di moeilike tyd dra.

Lindy Cant ·

Daar is nie inenting vir VIRALE breinvlies nie net vir die bakteriele breinvlies. Dit is vreemd dat die seun sou sterf aan virale meningitus wat gewoontlik self uitwoed sonder antibiotika gebruik

Oud student ·

NWU, doen die verantwoordelike ding nou, doen n epidemiologiese studie om te bepaal of julle inderdaad nie n hoër voorkoms van die siekte as ander universiteite het nie, en hoe julle die voorkoms hiervan kan laat daal. Dit is n aansteeklike siekte, en daar is beslis maniere om dit te bestuur.

Lande ·

Ek verstom my elke dag aan die mensdom……

INNIGE SIMPATIE EN MEDELYE AAN ETIENNE SE GESIN, MAG GOD JULLE DRA EN ONDERSKRAAG GEDURENDE DIE ROUTYD.

Vir die res….
As daar Breinvliesontsteking is gil almal vir gratis medikasie en inentings, as daar weer breinvliesontsteking is weet almal beter as die dokters, gebeur dit weer is dit ewe skielik die inentings se skuld en die medikasie werk nie.

Ek was betrokke by die 2003 uitbraak met uitdeel van medikasie en opvolg met studente om uit te vind of hulle wel medikasie ontvang het. Mense weet julle hoeveel geld en mannekrag verg dit om so uitbraak te hanteer en beheer? Hoeveel mense werk oortyd om medikasie uit te deel, oproepe te maak ens. Die Universiteit en hulle personeel is uiters bekwaam en professioneel al skel mense hulle omdat hulle drie keer bel om seker te maak medikasie is geneem ens ens.

Van wanneer af is jou kind die Universiteit se verantwoordelikheid???? Kinders bly die ouers se verantwoordelikheid en as hulle Universiteit toe gaan is hulle mos nou al volwasse en mooi groot. As jou kind jou so na aan die hart lê spaar totdat jy genoeg geld het vir inenting of maak reëling by apteek om dit af te betaal. As jy glo die inentings is die oorsaak moenie dat jou kind dit neem nie!!

Ag nee regtig lyk my almal in SA soek deesdae alles verniet en neem geen verantwoordelikheid vir enige iets nie……ek skaam my!!

Stem saam ·

Ek stem 100% saam, werklik elke ouer se verantwoordelikheid om na sy kind se medies om te sien. Dalk moet mens dankbaar wees vir Puk en die ouers wat hierdie deel, dit kan ander help om nie dieselfde pad en hartseer te loop nie. Ek vermoed hierdie jong seun was baie besig en het seker net gedink dit is verkoue en eksamen stres, so absoluut normaal. So wees dankbaar en lig jou jong mens in om liewer onnodig dokter toe te gaan en seker te maak. Verder aan die dame wat nie geld het vir medies en die spuite, wil ek net sê as jy doodseker is jul dra nie die nuutste modes en eet basiese etes, het nie DSTV gaan na enige dokter, ek glo in my hart hy/sy sal julle help.

susan meintjes ·

PROF. FIKA + NWU-BESTUUR,DANKIE VIR DIE KONSTANTE OPDATUM HOU VAN GEBEURE OP KAMPUS.DIE OPENLIKHEID + HUIDIGE HANTEER VAN SITUASIES WAARVAN ONS AS OUERS MOET INGELIG GEHOU WORD.GLO + WEET EKVERSEKER(VRIENDE SE KINDERS ELDERS OP UNIV) IS DAAR NIE ANDER UNIV WAT SO VOORTDUREND OUERS VOLTYDS OPHOOGTE HOU VAN GEBEURE OP HULLE KAMPUSSE NIE + GERUSSTELLING DAT DIT ONDER BEHEER IS + UNIV DAADWERKLIK HULLE HULP BESKIKB STEL VIR ENIGE IEMAND WAT DIT SOU NODIG Hè ASOOK BYSTAAN VAN OUERS + MEDE-STUDENTE!! PUKKKKKKE BOOOO!!!

Nita ·

Liewe ouer stuur n ordentlike koorspen saam met jou kind wanneer hy weggaan om te gaan studeer. Leer hom wat normale temperatuur van n mens is. Wanneer hy siek of grieperig voel en koors is bo normaal, gaan hy dokter toe. Reel vooraf met n dokter in die omgewing van die student se verblyf, dat die student hom sal spreek indien nodig. Tref reelings ivm rekenings. Dit alles om te verseker dat jou kind BETYDS sal hulp soek wanneer hy siek voel. Hopelik sal dit n tragedie soos hierdie voorkom.

Anoniem ·

Ek lees nou al geruime tyd aan al die kommentare en wou nie betrokke raak nie, veral omdat ek geensins `n kenner is nie maar ek wil graag `n paar feite neerle om die lesers se baie vrae te antwoord aangesien ek naby aan die familie is, ek kan net dit byvoeg dat van die reaksies nie vlyend is nie en die familie sou die tyd graag met meer rustigheid wou deurgaan.

Ettienne was behandel vir erge griep en verkoue met antibiotika. Soos `n tiepiese seun het hy en maats vroee die winter in die Potch dam gaan swem wat ook vuil water in het. Wa sal jy nou `n 19 jarige seun stop om in die winter te swem? Ons het dit almal gedoen. Ons vermoede is dat hy die virus daar via sy mond ingekry het en omdat sy imuunstelsel so swak was weens die griep kon die virus redelik gou versprei deur sy liggaam. Die outopsie het dit gewys. Ek weerhou maar detail weens sensitiewiteit.

Ettienne en al sy studente vriende het Maart net na die vorige sterfte op die PUK gegaan vir inspuitings. Dit sou in elke geval nie gehelp het nie want die virus was baie ver gevorderd. Die ondersteuning wat die familie vanaf die universiteit afgekry het is en was ongelooflik. Hulle is voordurend inkontak en help met alles, veral die maatskaplike dienste. Die familie is baie dankbaar.

Hoop ons kan hiermee volstaan want die pyn is ondraaglik, en `n pragtige seun is weg.

Melanda ·

Baie dankie vir jou kommentaar Anoniem. Ek weet ook vir ‘n feit dat Jean en Liz ALLES in hulle vermoeë gedoen het om Ettienne veilig in ingelig te hou en aan hom alles gegee het wat hy nodig het.

Sy vroeë heengaan bly ‘n skok en is so hartseer. Punt bly staan hier is twee ouers wat hulle enigeste seun van die heel begin af oneindig lief gehad, was toe al ‘n kollega van Liz, en nou moes afstaan aan die dood.

Die belangrikste nou is om hierdie twee stukke mense, familie en vriende met respek te ondersteun en by te staan en maar eerder vrae “is julle seker dis waaraan hy dood is?” nie te vrae nie.

Jean, Liz , familie en vriende baie baie sterkte in hierdie tyd. Mag die Here julle dra en styf vashou en mag Hy julle trane droog en julle berusting gee en help verstaan.

Amanda ·

My seun is ook ‘n eerstejaar by die pukke probeer maar op hoogte bly met alles. Ons as volwassennes wat nie mediese kennis het nie lees maar op hieroor en kry so die voldoende inligting. Dra dit asseblief oof aan julle kinders. Ek het vir my seun laat weet hulle moet asb. dokter toe gaan indien enige een van hulle siekerig/verkouerig voel sodat dit nie met nog studente gebeur nie. Sy kommentaar aan my was: “Dit was nie die gevaarlike/aansteeklike breinvlies ontsteking” nie. Ons kinders dra ook nie kennis van die verskille nie. Verduidelik asseblief aan jou kind wat die simptome is daarvoor en waarvoor hulle moet oplet. Hulle moet in hulle vriende kring uitkyk vir mekaar omrede ons as ouers nie by hulle is om dit te doen nie. Hulle is wel volwassenes maar het nog nie kennis wat ek of jy het nie. Soos ‘n vorige persoon gesê het. Laat hulle eerder dokter toe gaan verniet as wat dit te laat is.

My innige meegevoel met die familie en mede studente. My hart bloei vir julle.

Fanie van der Walt ·

Wat is die moontlikheid dat virale breinvliesontsteking kan oorgedra word deur muskiete?
Terloops, daar is ‘n oulike artikel oor breinvliesontsteking op en.Wikipedia.org. By die virale soort kan verskeie soorte virus betrokke wees. Lees dit!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.