Oorsaak van treinbotsing bekend

Twee treine het tussen Pretoria en Johannesburg gebots. Foto: @EMER_G_MED /Twitter

Twee treine het tussen Pretoria en Johannesburg gebots. Foto: @EMER_G_MED /Twitter

ʼn Menslike fout was die oorsaak van die botsing tussen twee passasierstreine Maandagmiddag tussen Johannesburg en Pretoria waarin een mens dood en talle ander beseer is.

Metrorail het Maandagaand gesê een van die treine het verby ʼn gevaarteken gery voordat dit naby die Kaalfontein-stasie in Tembisa, noord van Johannesburg, reg van voor teen die ander trein gebots het.

Volgens Metrorail is een mens op die toneel dood en 243 passasiers van albei treine beseer. Die oorledene se liggaam is in een van die treinwrakke aangetref. Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.

“ʼn Ondersoek sal gedoen word na die oorsaak van die ongeluk. Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) sal saam met die spoorveiligheidsreguleerder werk in hierdie verband. ʼn Saak van strafbare manslag is by die Tembisa-polisiestasie aanhangig gemaak,” het Metrorail gesê.

“Die ongeluk en die verlies van lewens is betreurenswaardig en ons spreek ons innige medelye aan die familie van die oorledene uit. Metrorail en die Prasa-bestuur wens die beseerdes ʼn spoedige herstel toe.”

Die maatskappy het gesê ʼn kosteberaming van die skade van die ongeluk is nog nie gedoen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Oosie ·

Die regte ding om te doen sal wees om hom PERSOONLIK aanspreeklik te hou vir die TOTALE koste van die ongeluk (al kan hy nie betaal nie) EN hom STRAFREGTELIK te vervolg. Hy het of geslaap of was besig om te tik op sy selfoon… Hulle moet een of ander tyd geleer word dat verkeerde gedrag gevolge het…

Wim ·

As die persoon in beheer van die trein willens en wetens verby “n gevaarteken ry, wat is die kanse dat hy/sy by ‘n rooi verkeerslig sal stop.

Wim ·

As die persoon in beheer van die trein nie ag slaan op ‘n relevante gevaarteken nie, wat is die kanse dat hy/sy by ‘n rooi verkeerslig sal stilhou.

Ek ·

Hoe weet jy dit was ‘n swart persoon? Daar’s nog heelwat ouer wit mans wat die treine bestuur.

Carel ·

Die oorsaak is bekend maar ‘n ondersoek na die oorsaak sal gedoen word . . . ?

Tannie ·

Die treindrywer wat die ongeluk veroorsaak het, laat my onwillekeurig dink aan die taxibestuurders wat daagliks ontelbare oortredings begaan. Publieke vervoer wat met menselewens speel.

Ouma mix ·

Ja? En wat gaan met dai drywer gebeur? Seker net oor die vingers getik word hy moet n canary kry wie van jule weet wat is n canary?

Waarheid ·

Ai so TRAGIESE EN ONNODIGE insident.
Kan soiets HERHAALDELIK weer gebeur.?
Hoe kan DIT; sulke NALATIGHEID dadelik GESTOP word.?

Rika ·

Dit is tog so jammer dat die waardige trein drywers almal afbetaal is en vervang is deur die ” I WANT”. ‘N gevaar teken vir hulle beteken sit voet neer ” through the floor board is the best”. Wie veroorsaak die meester motor ongelukke waar daar die meeste onskuldige sterf gevalle is???? Oeps! Eish ek het so bietjie vergeet wat rooi beteken maar dit is nie my skuld die sein was rooi nie. My tjommie het vir my iets vertel en het geluister wat sy praat! Hahaha.

Johann Marx ·

Dit werk seker dieselfde as verkeersligte? In ander lande beteken groen RY, oranje WEES VERSIGTIG en rooi STOP. In Suid Afrika beteken groen JAAG, oranje JAAG VINNIGER en rooi NET NOG DRIE KARRE!!

SkarrelKiind ·

Dis hartseer. Ek lê tot ‘n mate die skuld voor Metrorail se deur ook. Dit gaan pateties met treine en tye hier in die Kaap. Laat, onveilig, oorvol, daag soms glad nie op nie. As bestuur te sleg is om op dit aan te spreek en op te los, waarom sal hulle seker maak die drywers is almal bekwaam genoeg? ‘n Vis vrot van sy kop af stert toe. en ek sê nie alle drywers nie, ek meen maar net Metrorail se bestuur en dienste laat veel te wense.

Pieter8F ·

Niemand so blind soos hy wat nie wil sien nie! Almal weet tog wat die regte problem is. As jy honderde mense se lewens in jou hand het, is ‘n menslike fout, of liewer nalatigheid, mos ‘n kriminele oortreding

Velle ·

Ek wonder ook of treindrywers gereelde mediese ondersoeke moet deurgaan soos met vlieniers?

Velle ·

Is treindrywers ook onderworpe aan gereelde streng mediese ondersoeke?

Treindrywer se vrou ·

Alle treindrywers ondergaan n verpligte mediese ondersoek jaarliks en her eksamen jaarliks.

Treindrywer se vrou ·

Alle treindrywers ondergaan n jaarlikse verpligte mediese ondersoek en doen n herhaling van treindrywer eksamen jaarliks.

LOUIS ·

Ja in my dae was dit so groot en ernstige oortreeding dat jy onmiddelik geskors was. Ek dink vandag vind dit daagliks plaas.Kom ons kyk maar net hoe ry die taxies. Hulle doen net wat hulleil op die pad en gaan ongesiens verby

jaco ·

Ek sidder vir n regstellende aksie geïnisieerde menslike fout by koeberg kernkragstasie. Een verkeerde knoppie en daars nuclear meltdown en 3.7 miljoen mense in Kaapstad se lewens word bedreig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.