Oorsaak van treinongeluk ondersoek

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Lynne Brown, die minister van openbare betrekkinge, het Sondag gesê die oorsaak van die treinongeluk waarin ʼn Transnet-masjinis en ʼn assistent gesterf het, word ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig ʼn trein, wat uit drie lokomotiewe bestaan het, het Sondagoggend by die Delville Wood-treinstasie in KwaZulu-Natal ontspoor. Hoewel Brown gesê het die oorsaak van die ongeluk sal ondersoek word, het ʼn Netcare 911-woordvoerder vroeër gesê ʼn grondstorting in die gebied het vermoedelik veroorsaak dat die trein ontspoor het.

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

“Ek is hartseer om van die dood van die Transnet-personeellede te verneem en dra my innige medelye aan hul families en kollegas oor,” het Brown gesê.

“Ek het Transnet versoek om die families die nodige ondersteuning te gee in hierdie moeilike tyd en om voortdurend sy veiligheidsprosedures op die verskillende treinspore na te gaan om ʼn herhaling van die gebeure te verhoed.”

Die name van die oorledenes is nog nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

brenda ·

Ek is bitter jammer vir die mense wat gesterf het; maar glo my; die toestand van treine en spore is soos alles in die land!! als val uitmekaar! ek bly langs n treinspoor en kan getuig hoe erg sommige treine klink!! die wiele skreeu; soos ek noem dit stomp wiele; die agterste waens spring so wild rond en maak verwoede aaklige geluide!! nes ons paaie vol gate val; so val die treine uitmekaar! Grondstorting se alie man!!

Peet J ·

Transnet pensioenarisse sal dit ook hoog op prys stel sou die minister van openbare betrekkinge die bestuur van Transnet versoek om aan sy pensioenarisse (Tweede vaste voordeel fonds) ‘n leefbare maandelikse pensioen te voorsien. Die hofsaak klasaksie is nou reeds 7 jaar aan die gang en die jaarlikse aanpassing van 2% bly onveranderd. Daar was sprake van dat die regering die betrokke Pensioenfonds sou rugsteun maar Transnet het blykbaar nie hulle kant gebring nie. Indien die regering ‘n eenmalige bedrag aan die fonds toeken behoort dit vir baie pensioenarisse ‘n uitkoms te bied.

JK ·

Stem saam. Grondstorting se dinges. Swak onderhoud want daar word nie meer behoorlik na die spore omgesien en werk gedoen wat daagliks /weekliks of maandeliks moet gedoen word. Ek is al 45 jaar met ‘n Baanmeester getroud. Ons weet hoeveel naweke en nagte hulle moes sukkel om spore reg te maak en om by ontsporings te moet werk.
Dit als vir die pensioen wat Transnet tans nie wil aan hierdie lojale mense wil betaal nie.

JCM ·

Miskien weet die nuwe werkers nie regtig hoe om spore se onderhoud te doen nie.
So gaan dit mos in ons land. Die mense wat die werk kon doen sit nou en bid dat Transnet hulle moet kos geld gee wat in elk geval nie gaan gebeur

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.