Oorsaak van twee SA mans se dood in VSA-hotel bekend

Gerrit Strydom. Foto: Verskaf

Gerrit Strydom. Foto: Verskaf

Die twee Suid-Afrikaanse mans wie se liggame verlede maand in verskillende kamers gevind is in ʼn hotel in Springfield, in die Amerikaanse deelstaat Missouri, se oorsaak van dood is bekend gemaak.

Gerrit Strydom (45) en James Bethel (44) se liggame is op Saterdag 9 Mei in afsonderlike kamers by die La Quinta Inn gevind. Lisa Cox, woordvoerder van die polisie in Springfield, het in ʼn verklaring gesê Strydom en Bethel is albei aan serebrale malaria oorlede. Volgens Cox is daar geen tekens van vuilspel nie en is serebrale malaria nie aansteeklik nie.

Strydom en Bethel het met motorfietse op Amerika se bekende Roete 66 gereis. Strydom was die hoofbestuurder van Eurasian Natural Resources Corporation (ENRC) se filiaal Congo Cobalt Corp in die DRK. Bethel was tot einde September hoof van ENRC se koper- en kobaltbedrywighede in die DRK. Hy het hierna sy eie onderneming begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Petra Spies ·

Daar is green manier dat dit waar is nie, dit is heeltemal te ‘toevallig’.

Bart ·

Ek stem , albei van n nie aansteeklike siekte, te toevallig.

Berhalet Beukes ·

Nee wat, dis te toevallig. Êrens is ‘n slang in die gras en VSA smeer dit gerieflikheidshalwe toe.

Mirinda ·

Ok… Se nou maar ons glo dit, hoe lank was hulle op toer in amerika? Malaria is afkomstig uit afrika en ek dink die inkubasie tydperk is 2 weke. Hoe was die laaste gesprek met hulle vrouens, was hulle deurmekaar? Het een van hulle siek geklink? Ek wonder net

Elfie ·

Ja-nee kyk … malaria gaan gepaard met hoë koors en ander tekens hoe sou NIEMAND dit opgemerk het nie? Hulle sou tog self gekla het dat hulle siek en sleg voel en as dit erg geraak het na ‘n dokter daar gegaan het. Die skoonamkers sou tog mos ook probeer inkom het en dan gaan kla het hulle kan nie skoonmaak nie en dan sou iemand mos agtergekomhet hulle was siek? Kyk, ons kan almal erg verkeerd wees, maar ek dink hier is ‘n slang in die gras…. ‘n yslike groot rinkhals!!

René van der Merwe ·

Ek ken die ouers van een van die oorledenes, en ek kan julle waarborg dat hier geen slange in die gras is nie. Die mense was op toer, en twee van hulle het sleg gevoel en in ‘n hotel ingeboek terwyl die res aangegaan het, Julle ken die res. Skaam julle dat julle altyd iets meer van ‘n saak wil maak as wat dit is. Dis vreeslik tragies en was baie skielik gewees!

Elfie ·

Rene, dankie vir jou antwoord – moenie mens sommer beskuldig nie. As mens nie die feite ken en so ‘n berig lees sal mens outomaties dink hier is ‘n slang in die gras met die diagnose en dat die Amerikaners iets probeer toesmeer/hul werk nie behoorlik gedoen het nie. Dis wat gebeur as mens in SA woon, ongelukkig, mens word gedurig gekonfronteer deur leuens, so as mens ‘n bergi soos heirbo lees kan mens nie anders om aannames te maak nie. Ek dink nie iemand het iets op die twee mans bedoel nie, maar eerder dat mens voel mens word deur die “authorities” belieg. Verskoning vir ons aannames maar ek glo jy verstaan hoe almal dit bedoel het. Medelye en sterkte aan die familie.

rob rover ·

Ek stem nie saam met jou nie Elfie, as jy suid afrikaans is behoort jy te weet wat doen serebrala malaria . Of meskien was jy nooit in a malaria area nie , of jy weet niks van SEREBRALA MALARIA NIE.

Michiel ·

Rob, bedaar tog nou net, leer reg spel en moenie skree nie. We got the picture!

Elfie ·

Rob, toevallig was ek nou nie by die manne en het dus nei die diagnose kon maak nie. So al is ek van Afrika en al sou ek die siekte goed ken was ek nie daar – verstaan jy beter? Jy sou ook nie want jy was ook nie daar en al dink jy jy is nou ‘n kenner. Na aanleiding van ‘n kriptiese berig maak mense afleidings. Daar is nêrens in vorige berigte genoem van malaria of serebrale malaria so hoe sou enigeen daarby uitkom – of jy nou weet van dit of nie. Jy gryp nou sommer in die lug rond en probeer maak of jy alles weet.

Jakoba ·

Ja nee ek sien die CSI agente is alweer op diens. Met soveel agente hier sal ‘n saak sommer binne 2 min opgelos word . Geen empatie vir die ouers nie nee niks, die CSI agente soek alweer die duiwel agter die bos. tsk tsk tsk

Francois ·

Ek stem saam met Jakoba…..die spoed waarmee ons nuwe “speurders” in die land voortbring verstom my elke dag. Maar hulle kan nie EEN ‘n plaas moord oplos nie…hoe dan nou?

nig ·

Fracois, stadig jy ook maar met klippe gooi ne. Mense reageer maar na aanleiding wat geskryf is so bedaar, toe!

Michiel ·

Jacoba, mens kan nie anders as om te wonder as mens so berig lees nie. Dit gee nie genoeg inligting/feite nie so dis menslik dat mens dink hier is toesmeerdery. Soos Elfie noem, dis hoe dinge in SA is, mens raak agterdogtig as dit so lank neem om antwoorde te kry en dan kry mens kriptiese inligting. Dis nie nodig dat jy sarkasties is nie.

Chris du Plessis ·

Ai Jakoba…jy moet ook maar jou eiertjie le………sommer so ongevraagd !!…eish

rob rover ·

Dit verbaas my dat julle so min weet van een van die doodlikse siektes in AFRIKA SEREBRALA MALARIA IS VINNIG EN MAAK GOU DOOD.

Michiel ·

Rob, bedaar tog nou net, leer reg spel en moenie skree nie. We got the picture!

Jakoos ·

As mens in Afrika werk – spesifiek malaria areas sal mens tog mens teen malaria laat inent dan nie? Sou mens as mens sleg voel en nie by die huis is ook nie dadelik dr toe gaan nie – net ingeval? Dis vrae wat in mens opkom as mens die berig lees, so dis verstaanbaar dat mense daaaroor wonder. Niemand het iets leliks van die mans gesê so hoe party mense nou weer alles uit verband ruk is vir my onverstaanbaar. Van die klomp wat nou so woes vinger wys is self skuldig aan wat hulle ander van beskuldig!

Hannelie ·

Dit is baie hartseer! Maar jul het my dag gemaak ek kan net lag vir die verskillende kommentaar van party mense. Sommiges is op die aanval, ander het ‘n bietjie humor tussen mekaar Dit sê baie van mense se persoonlikhede. Michiel ek hoop ook vir jou part Rob het al bedaar hehehehehe.

Elize ·

Genade so hulle was siek en was nie eens self daarvan bewus nie? Klink net te dik vir ‘n daalder.

Wouter ·

Ek dink van almal hierbo is net een reg en dit is Rob, ek is in die Congo en het gereeld malaria. Serebrala malaria maak jou dood binne twee dae en tekkens gaan jou nie veel help nie want dis maar n maagwerking en dan n ligte kopseer die eerste dag , die tweede dag kan jy al sterf.
Jy kry 3 verskillende soorte malaria waarvan werklik net serebala malaria jou dood maak as jy nie behandel word nie, die res maak jou siek en koors kry jy eers n hele paar dae later as dit nie behandel word nie. Met malaria sal jy dink jy het net iets verkeerds geeet en sal more weer beter voel. Dit is presies dieselfde as met Kongo koors wat jy van n bosluis kry, jy dink dit is n verkoue tot dit telaat is. Dit is ontstellend dat jul so min weet van malaria af, laas jaar alleen was daar 7 wit SA mans dood in die Congo van malaria en een wit vrou in Zambia- ek se wit sodat die slang uit jul gras kan padgee want dit gebeur met onse mense ook !!!!

Wouter ·

@ Jakoos, dit is nie so eenvoudig nie. Die inentting onderdruk die vroee simtome van malaria en teen die tyd wat dit uiteindelik begin is dit al vergevordered, inentting voorkoom nie malaria nie nes daai simpel pille wat hul in jou hande stop by die apteek. Malaria sal jy kry al gebruik jy wat jy gaan net erger afwees as die ou wat nie al daai goedters voor die tyd gebruik het nie. Malaria word net van nwyfie afgekry en sy vlieg net 500mm bo die grond en kom net in die nag uit. N muskiet is baie slimmer as wat ons dink en hul sal inkom by n slaapnet want hul sal die hele nag op en af teen daai net en selfs op die grond loop om in die net te kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.