Oorsaak van Zuma-seun se dood bekend

Voormalige pres. Jacob Zuma (Foto: ANA)

Die familie van oudpres. Jacob Zuma het Woensdag gesê lupus het die lewe van Vusi Nhlakanipho Zuma, een van Zuma se seuns, geëis.

Vusi is Sondagaand in die Milpark-hospitaal in Johannesburg dood.

Die familie het Suid-Afrikaners Woensdag in ʼn verklaring vir hul ondersteuning in dié tyd bedank.

“Die Zuma-familie wil graag hul hartlike dank uitspreek vir die warm boodskappe van ondersteuning wat deur die land – beide privaat en in die openbaar – aan ons oorgedra is. Die boodskappe het ons troos gebring in hierdie moeilike tyd van rou,” lui die verklaring.

Vusi is glo dood weens komplikasies van sistemiese lupus erythematosus – ʼn toestand waartydens die liggaam se immuunstelsel sy eie weefsel aanval.

Vusi was een van vyf kinders wat verwek is uit die huwelik van Zuma en sy derde vrou, Kate Mantsho. Die tweeling Duduzane en Duduzile Zuma is Vusi se broer en suster. Mantsho het in 2000 haar eie lewe geneem.

ʼn Roudiens vir naby vriende en familie word Donderdag in Johannesburg gehou. Vusi se begrafnis sal Saterdag by die Rhema Bible Church in Randburg gehou word. Hy sal hierna in die Wespark-begraafplaas ter ruste gelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Carel ·

Kan nie waar wees nie, lupus het ‘n lang aanloop tot iemand se dood.

Freud ·

En jou punt is? As jy nie sy dokter was nie wat laat jou enigsins dink dat sy siekte nie ‘n lang aanloop gehad het nie?

SLE Pasient ·

Sommige mense kry erge Lupus en dit kan vinnig so erg raak dat mens kan sterf. As mens se niere aangetas word byvoorbeeld. In die vyftiger jare was die lewensverwagting vir ‘n Lupus pasient net 5 jaar.

Marina ·

Dis steeds baie hartseer om n kind aan die dood af te staan ongeag wat die oorsaak is. Min mense weet wat lupus is en lupus kan nie vergelyk word met Aids nie want dis n ander soort siekte. Lupus is nie aansteeklik nie maar wel oorerflik en dis glad nie n aangename siekte om te he nie. Lupus ontstaan vanself en dit tas jou humeensisteem aan. Mense gaan google wat Lupus is dan sal julle n ander deuntjie sing. Dis n baie gevaarlike nare siekte om te he en dis geen grappies nie want ek weet waarvan ek praat ek ken baie mense wat lupus het.

Nel ·

Jy’s reg Marina dit is ‘n gevaarlike siekte, maar danksy gevorderde mediese behandeling kan tot 90% mense wat aan die siekte ly ‘n heel normale lewe lei. Dus wonder ek, Zuma kon tog sekerlik die beste moontlike mediese behandeling vir sy seun bekostig??

Dries ·

Humeensisteem?. Marina, jy lig ons nou in omtrent die mediese kwaal so kan jy sommer vir ons se wat beteken humeensisteem.

Marina ·

SLE lupus is baie gevaarlik en tas alles binne jou liggaam aan maw al jou organe en mense met SLE lupus lewe nie lank nie. Discoit lupus tas weer die vel aan dit veroorsaak dat al jou hare uitval en dit maak lelike merke op jou vel dit lyk of jy grbrand het. Lupus is NIE aansteeklik NIE en kan NIE met vigs vergelyk word NIE! Lupus is wel oorerflik maar NIE aansteeklik NIE! Die SLE lupus is baie gevaarlik. Steeds hartseer om n kind aan die dood af te staan ongeag wat die oorsaak is.

Geelheksi ·

Wat ook die rede van sy dood…hukom hom bykom oor sy pa se dade en sondes. Na alles het hy niks met dit te doene nie en mense het nie eers van hom geweet of gehoor tot hy dood is nie. Wat ook al die oorsaak…dit bly hartseer vir iemand wat in sy lewe was.

Lee ·

Dis so hartseer. Baie sterkte aan die familie in die moeilike tyd. Om ‘n kind te verloor is een van die ergste dinge wat met jou kan gebeur.

Mands ·

Lees 90% van julle berigte en is absoluut mal oor julle resepte

RHG ·

Geen ouer behoort die dood van ‘n kind te beleef nie. Al my simpatie aan die familie.
Die berig sê hy is dood aan komplikasies van lupus.
Waarom so veroordelend wees? Nie een van ons ken die man persoonlik nie en was ook nie daar nie. Carel, wat sou jy graag wou hê die oorsaak van sy dood moes wees?

martin cilliers ·

dood is n vloek op die aarde en sien niemand oor nie!!!!!

GM ·

Dit maak nie regtig saak waaraan hy dood is nie, die feit bly staan, ‘n ouer het sy kind verloor. Zuma het baie foute gemaak, ons almal voel dit aan ons basse. Hy gaan geen simpatie toon as een van ons familielede sou sterf nie, ek besef dit, maar net omdat iemand ‘n aaklige mens is, beteken nie die persoon se kind verdien om ‘n aaklige dood te sterf nie. Ek voel wel hy moes behandeling in ‘n staatshospitaal gekry het sodat die hoë-koppe vir ons kan wys dat hul dink die hospitale is op standaard. Maar hul weet dit is nie, daarom sal nie een van hulle daar gaan lê nie. Ons almal weet ook dat Z en sy familie genoeg geld het om mense om te koop om nie die regte oorsaak van sy dood bekend te maak nie, as hulle dit graag sou wou doen.

Marie van der Merwe ·

Ek ken iemand wat al vir 25 jaar lank Lupus het. Dis n lewe van hel. 37 jaar gelede is n tannie van my daaraan dood. Syt dit vir 7 jaar gehad. Dit wissel maar

Anna-Marie ·

Die komentaar is ongevraagd, Die behandeling van Lupus kan net so gevaarlik en erg wees. Sterkte aan die Zuma familie

se-maar-net ·

siekte is siekte. dood is dood. al is jy ryk of arm. boemelaar of president se kind. as dit jou tyd is is dit jou tyd. dis seer vir die familie wat agterbly maar dis die Here se wil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.