Oorsese sporttoere afgestel: ‘Ek sal al die ouers kontak’

Michael Beyneveldt

Vision Sport South Africa het onderneem om sake reg te stel nadat talle oorsese sporttoere afgestel is wat tot gevolg gehad het dat tientalle ouers derduisende rande kwyt en hul kinders platgeslaan is.

Michael Beyneveldt, direkteur van Vision Sport, ʼn maatskappy wat oorsese sport- en akademiese toere vir skoolkinders organiseer, sê die maatskappy sal nie meer sy deure sluit nie.

Dit kom nadat talle ouers dié week ʼn WhatsApp-boodskap van Beyneveldt ontvang het dat Vision Sport South Africa oornag gesluit is. In die WhatsApp-boodskap aan ouers sê Beyneveldt “dit was ʼn moeilike besluit om te maak, gegewe al die lewens wat deur die besluit geraak gaan word”.

In die boodskap sê hy ook dat hy met sy regspan sal vergader oor die proses wat nou gaan volg.

Beyneveldt voer egter nou aan dat hy die afgelope tyd goeie ondersteuning ontvang het oor hoe die situasie beredder kan word.

“Die toere is ongelukkig daarmee heen, maar ons gaan kyk hoe ons die toere kan uitstel of die spelers kan terugbetaal nadat alle verliese bereken is deur betalings aan diensverskaffers.

“Ek sal die week met elkeen van die ouers in kontak wees om die opsies te bespreek,” het Beyneveldt gesê.

Hy het vroeër voet by stuk gehou dat die toere gekanselleer is omdat die meerderheid ouers nie betyds daarvoor betaal het nie.

Talle ouers het vroeër aan Maroela Media gesê dat hulle ʼn stel met Vision Sport South Africa afgetrap het. Die meeste van hierdie kinders is tydens provinsiale toernooie gekies om aan die oorsese toere deel te neem.

“My kind se tas was klaar gepak,” het Elischa Fourie, wie se dogter Jenny van Blerk op ʼn hokkietoer sou gaan, gesê. “Sy moes die tas gisteraand terugsleep kamer toe. My hart het gebreek vir haar,” het dié ma van Secunda in Mpumalanga gesê.

Die boodskap wat Michael Beyneveldt aan ouers gestuur het. Hy sê hy het dit gedoen omdat hy vrees vir sy lewe.

Jenny moes aanstaande week op die toer na Nederland vertrek, wat ook ʼn besoek aan Frankryk en onder meer Disneyland in Parys sou insluit. Internasionale afrigters sou haar dogter, ʼn doelwagter, tydens die toer leiding gee. Hulle het boonop ʼn skarefinansieringsinisiatief begin om geld vir die toer te help insamel. Jenny was rasend van opgewondheid.

ʼn Klomp jong rugbyspelers is vroeër na bewering meestal by die Noordvaal-toernooi in Vereeniging gewerf en hulle sou op 30 November na Argentinië vertrek. ʼn Ouer van Noordwes het gesê haar seun se vertrekdatum is daarna tot 2 Desember uitgestel. Sy het sy dieselfde boodskap ontvang dat die toer daarmee heen is. “Hy is baie teleurgesteld,” het die ma gesê.

Hulle het sowat R37 000 vir die toer opgedok. Haar dogter sou boonop saamreis en het die méér as R37 000 vir die toer uit haar eie sak betaal.

Nóg ʼn ma het aan Maroela Media gesê haar 16-jarige seun het bitter hard gewerk om die span te haal. Dit sou boonop sy eerste keer op ʼn vliegtuig wees.

“Hierdie geld was vir ons bloedgeld en nou is dit weg. Ek glo nie ons gaan enigiets terugkry nie. “Maar erger nog, hierdie kinders se drome is heeltemal verpletter,” het sy gesê.

Daar is glo ook skole wat reeds deposito’s aan Vision Sport South Africa betaal het vir toere aanstaande jaar.

In dié stadium word vier toergroepe, ʼn sokker- en rugbytoernooi en twee hokkietoernooie deur die besluit geraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

SêMaarNet ·

Julle geld het gaan toer. Ek wonder hoe ‘n lekker lewe die man het met al daai gelde? Die ouers, kinders en skole het al die risikos gedra.

Steven ·

Vra hom waar is:
Patrick Motsepe se gelde geskenk vir ‘n netbal toer na Singapoer weggeraak het tot so mate dat ek van die dienste moes betaal
Waar is die gelde van die seuns van Boys Town wat vir hulle toer geskenk is.
Hoe skuld hy nog ongeveer R 1 200 000 aan Travel Places in England vir dienste gelewer op toere twee jaar terug
Daar is tientalle gevalle oor jare van waar hy geld verduister het, vals dokumentasie verskaf het en vele meer
Beyneveldt sê hy gaan aangaan sodat meer onskuldige mense meer geld aan hom kan betaal.
Hy is ‘n vlug risiko Mauritius toe so ek hoop iemand hou hom in die land.

legens ·

Daar het jy dit weer , trek die godsdiens “get- out -of -jail -free-nie my skuld-ek is slagoffer-“kaart .
doen verantwoording vir jou eie skokkend misdadige optrede .

Lc ·

Sal Dit nie goedkoper wees om so afrigter in te bring RSA toe nie. Ek voel baie ouers gaan Selfs lenings aan om hulle kinders op hierdie toere te stuur en kan dit eintlik nie bekostig nie. Jy noem Dit groeps druk,
anders gaan jou kind uit wees.Skole moet ook verantwoodelik gehou word vir hierdie status bollie deesdae.
As kind nie finasieel gaan baat uit So n toer nie , dink twee keer

Muffin ·

Dit is regtig nie aanvaarbaar nie. Arme kinders hoe moet hulle nou voel.
Wat my aan betref is dit bedrog en moet die valke die saak ondersoek.

Henna ·

Is dit nie dieselfde ou wat so 6 jaar terug n klomp kinders in Potugal gelos het en teruggevlug het na SA nie?

Krappie ·

Gee die man asb kans om dinge die week uit te sorteer voordat almal hom so beledig. Genade tog. Hy is ook ‘n mens!

Jared ·

@Krappie – ek is bereid om sulke ouens ‘n kans te gun. ‘n Kans om aan ‘n landdros te verduidelik waarom hulle borgtog moet kry. En dan later aan ‘n regter hoekom die minimum 15 jaar vonnis vir bedrog nie op hom van toepassing moet wees nie.

Meisie ·

Meneer wat jy aan hierdie kinders gedoen het gaan jou aan die agterent kom byt, kyk maar uit daarvoor.

HPV ·

Mense behoort aan te dring dat ‘n onafhanklike oudit of ondersoek gedoen word, of vra ‘n ondersoek deur die polisie se handelstak.

Otto ·

ja Krappie hy is ook ‘n mens nes menige skelms mense is. Die kinders is onskuldige slagoffers en getraumatiseer. Hierdie klas mens hoort agter tralies. Die skelmstreek kom al lankal voor. Ons is net so ingeloop al 47 jaar gelede.

Lynette ·

@Krappie….en wat daarvan?? Dis geen verskoning nie….hierdie kli k soos een v d oudste skelmstreke in die boek….

Linda ·

Vir wat wil hy met sy prokureurs vergader, seker om van die kinders wat reeds betaal het, se gelde af te trek vir voorlopige uitgawes, of totdat hy die land kan verlaat en verdwyn ! Betaal hierdie mense se volle bedrag terug wat inbetaal was !!!!! Jy is besig met skelmstreke !!!!

Chris ·

‘n Bedrieer ontsien niks en niemand nie. Ek voel jammer vir die kinders vir wie verwagringe gekep is . Horkom het die ouers nie hulle huiswerk behoorlik gedoen voordat die gelde oorbetaal is nie . In vandag se lewe moet mens 100 x100% seker maak of iets nie n bedrog spul is nie. As dit te goed om waar te wees klink bly weg!!!

Nicolene ·

Die tragedie is dat dit nié te goed geklink het om waar te wees nie. En glo my – selfs die versigtigste mense word soms “gevang”. Hoeveel mense het al vliegtuigkaartjies gekoop en dan is daar probleme met stakings of die lugredery self. Daar is nie waarborge nie.

Mm ja nee ·

Sport kwotas het gemaak dat n ander span, ook kinders, so ongeveer 15 jaar terug nie kon gaan nie, van die ouers het basies op die nippertjie gese dat hulle dit nie kan bekostig nie. Hierdie kan dalk dieselfde tipe geval wees.

Yvonne ·

@MM ja nee ek hoor wat jy se maar as dit die geval was hoekom gee hy nie vir ouers wat betaal het nie hulle geld terug nie hy het vir 2 maande in Japan gaan vakansie hou met die kinders se geld weet jy hoeveel kindertjie se harte is gebreuk hulle drome waaraan hulle so hard gewerk het net so vernietig deur skelm geite. Mag hy kry wat sy kant toe kom ek glo daar is n hele paar ouers wat uit is vir sy bloed hoor.

HARTSEER ·

Die hartseer is die droom wat vernietig is!

Stertkte aan almal.

TravelAndSport ·

Kan ‘n ander agentskap nie die toere namens die maarskappy oorneem nie? Probeer 0860 333 555 en +27 12 348 9000. Hul bestaan al sedert 1995 en kan nie weghardloop nie. Hul het geboue met kantore in Pretoria. Ons het al baie goeie ervarings met Travel & Sport gehad.

Linda wilken ·

Die man is n ou Jakkals. Hy het laasjaar ook so streep getrek met ons. Behalwe ons kinders was reeds oorsee. Hulle moes van hul etes self betaal sekere hokkie games was gekanseleer en van die uitstappies ook. Die hotelle het nie al hul geld van hom gekry nie, volgens hom was dit ook omdat nie almal se geld betyds betaal was nie. Maar almal het optyd betaal.
Ek glo nie hy weet hoe n ma se hart voel as jy n email kry om te se jou kind sit sonder heenkome in n ander land. Skole se hoofde moet ingelig word van Vision sport, sodat hul ouers kan waarsku.

Sterkte vir julle,

Krappie ·

Linda, ek is seker als sal uitkom as hul saak gemaak het.Hy het nie al die geld gehad nie en moes dus toere kanseleer. Lyk of daar so oor een koms was? Maar saak het drie kante en niemand sal weet wat waar is of nie.

Dennis ·

@Krappie, dit wil vir my voorkom either jy werk vir hom, of jy is hy dat jy hom so verdedig. Face dit dude, 130 kinders se geld is gone…Did bedrog, bedrieer, skelm, plaineweg diefstal van ander se hard verdiende geld. Dan die narcissist antwoord van “almal wat my in die rug gesteek het” etc etc….Altyd n victim, never the perp… Feite is, die ou het “toere” gereel, geld gevat, toere gekanseleer, geld nie gerefund nie….dis diefstal en bedrog want die geld is op bedrieglike wyse verkry vir iets wat nooit sou realiseer nie….

Krappie ·

@Dennis, ek ken die man nie. Ek is defnitief nie hy nie
????
Ek is wel iemand wat mense tweede kanse gee en net eers al die inligting wil sien.
Dat die geld weg is en kinders skade gelei het is waar. Maar ek dink tog daars meer hier agter as wat almal dink….
All I’m saying is, hy sê geld nie als betaal nie. Ouers sê als is betaal. Kyk dan na almal se bankstate en dan kan mens eers al die feite het. Sê mense dan sleg soos jul wil. Maar harde feite is nodig. Not he said she said nie….

Henna ·

Ek is seker dis hy wat kinder so 6 jaar terug in Portugal “abandon” het. Op daardie stadium het ander ouers van vorige jare se mislukte toere ook vorendag gekom. Wanneer gaan dir eindig?

@Krappie ·

Krappie, gaan soek Vision Sport op Hello Peter, dan sal jy verstaan hoekom jy nie naïef moet wees oor hierdie skema.

Zombie ·

Wees maar versigtig as hulle eers met hulle God-seën/vergewe praatjies kom.

Johann ·

Krappie ek is oortuig as jy hierdie riller van ‘n storie vir ‘n 12 jarige kind gee om te lees gaan hy ook dadelik vir jou sê hierdie is nie ‘n riller nie maar bedrog op sy beste. Sluit toe, lê beslag op sy reisdokumente en laat hom op ‘n stywe borg vry. Hy het beslis baie om te verduidelik.

George in Bloem. ·

Arresteer hom,weier borg en vonnis en sluit hom toe vir lank. Stuur ‘n sterk boodskap uit aan die gemeenskap dat hierdie tipe snert nie langer geduld sal word nie. Punt.

Franje ·

Dankie tog vir n ma se 6de sintuig en gesonde verstand. Dis nou ek. My briljante seun was ook “raakgesien” op Cravenweek.

Blondie ·

Ekt gelees hy was met die wêreld beker in Japan……..met wie se geld?

Witbanker ·

Krappie. Jy sal n ander siening hê as dit jy was met n gesin wat v R37 000 ingedoen is en jou kind word benadeel. Vir elke 20 kinders het hy +- 1 mil in sy sal gedruk v geen dienste gelewer. Hy is skelm. Sluit die hom toe. Wat is reg en verkeerd in jou oë? Zoempie moet dan mos ook gelos word in jou oë.

@witbanker ·

Ek sê nie dis reg nie. Ek sê net dat almal met state en bewyse sit en dan kan hy gekruisig word as als wat hy sê vals was.
Ek sou ook so riageer het as ek in jul skoene was maar ek sê net, kry als bymekaar en dan kan mens appels met appels vergeleik

Christien ·

Ja, vervolg hom as hy korrup is. Maar…. Hoekom moet kinders op oorsese sporttoere gaan? Sit jou spaargeldjie eenkant vir die kinders om eendag ietsie te studeer. Moenie gaan skuld maak onnodige dinge nie. Ek sien dit as ‘n luukse.

Witbanker ·

Hi. Stem saam met jou. Moenie skuld maak om jou kind te stuur nie. Dit is maar n ouer wat altyd hom of haarself sal tekort skiet sodat sy of haar kind n werêldse ervaring kan kry. Dalk v jou kind n geleentheid skep om op n ander vlak deel te neem. Kotas en groepsdruk laat n man noe altyd logies dink nie. Ons het in die kaap gaan toer en dit was v my as jong rugbyspeller vrek ver en n ervaring. Dalk moet ons in ons eie land geleenthede skep en dalk n afrigter v die buiteland kry wat goedkoper gaan wees.

Thomas ·

Dit kom van ouers wat hulle lewe deur hulle kinders wil leef. Hoekom moet kinders nou skielik op oorsese sporttoere gaan? Hierdie man het die eggo’s van die ouers uitgebuit en die ouers is gevang deur hulle eie kombinasie van hoogmoed en onnoselheid.
Hoekom sou hy nou skielik in kinders se prestasies belangstel?

Gert J ·

Nog n scam, mense moet nie wag kla hom vinnig aan voor hy verdwyn met julle geld. waar n rokie is is n vuurtjie, toere kan deur baie ander betroubare en ervare mense gereel word

Madelyn ·

@ Krappie

Daar 2 ander reviews gewees toe ons agterkom iets is nie lekker nie. Ongelukkig was dit op die 1 of ander manier verwyder. GELUKKIG het ons screen shots van dit gemaak!!!

Ore ·

Ek is in totaal gekant teen hierdie toere. Arm maar talentvolle kinders moet tuis bly omrede ouers nie finansieel kan bykom nie.Waarom altyd oorsee? Onderwysers/ afrigters reel dalk toere sodat hulle kan gaan. My kind was ook deel van groep waar die president en beamptes van die unie erken het dat ons as ouers hulle koste betaal aangesien hulle geleenthede vir die kinders geskep het!

Brannas is Koning ·

Hello?…is dit jy Marietjie !?
..
..
…ek hoor net n gelag aan die anderkant van die telefoon.?!

Belanghebbende ·

Is daar al ‘n saaknommer?
Indien wel kan dit asb hier geplaas word, sodat die ander daarna kan verwys.

tans ·

Dit is ongelukkig so dat skole se uitstappies ook nou oorsee is. My seun het volgende jaar ‘n uitstappie Europa toe waar hul ook Parys en allerhande plekke gaan vir hul Graad 9 jaar. Ongelukkig kan ons as ouers dit nie bekostig nie. Dit is baie sleg want my kind se maats gaan en hy bly agter. Dit voel so onregverdig dat skole dit doen. Ongelukkig is die trip R40 000 en dit is nie kleingeld wat rondle in ons huis nie.

Astrid ·

Ek was betrokke by so toernooi waar kinders “gekeur” was om te gaan. Spesiaal uitvekore kinders wat die gellentheid kry vir ontwikkeling… Slim praatjies met ouers oor kind se potensiaal. Agter die skerms n hele ander storie. Daar was van die afrigters gevra om kindrrs te identifiseer wat sal kan betaal!!! Onetiese spul mense

wilma ·

Hier in Montana het ouers saam met hul kinders op straathoeke gestaan en geld gekollekteer vir kinders se oorsese besoeke – wonder hoeveel van hulle het ook hul geld verloor?

Lizelda ·

@Wilma, ek kan net nie verstaan hoe enige mens dit aan n ander kan doen nie, let alone onskuldige kinders. Ek meen wat is die man se karakter dan eintlik? Ek wens mense wil eerder deur n gerespekteerde firma gaan soos Sure Travel of Flight Centre, indien hulle so diens kan verskaf. Niks in die lewe is 100% veilig nie, maar hierdie mannetjies wat nie werk nie en kyk hoe hulle hulle volgende slagoffer gaan vang, PASOP. Mense wees ook veral nou versigtig met spesiale aanbiedinge rakende vakansie huise bd see. Boek by Lekker slaap. com maar nie privaat ouens nie!!

wilma ·

@Lizelda, ek het agtergekom dat waar geld god is, is daar nie meer iets soos ‘n gewete nie. Hoeveel van die ouers het dalk ook nog skuld aangegaan om hulle kinders op die toere te stuur en 10/1 gaan hulle nie ‘n sent van die geld terugkry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.