Oorskot by spoorlyn wel dié van Liam Nortjé

Die driejarige Liam.

Die Vrystaatse polisie het Donderdag aan die familie bevestig dat die oorskot van ’n klein seuntjie wat in 2019 langs ʼn spoorlyn in Harrismith gevind is, die van die driejarige Liam Nortjé is.

Volgens brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, is dit bevestig deur die DNS-uitslae wat Donderdag bekendgemaak is.

“Die polisie het die uitslae met die familie gedeel en hulle is toegelaat om die liggaam te begrawe,” het Makhele bevestig.

Maroela Media het vroeër berig Liam het in 2017 spoorloos verdwyn nadat Nortjé hom by sy ma, Cheinelle Brooks, met wie hy 23 jaar getroud was, gaan oplaai het. Hy is later in Ladysmith in hegtenis geneem, maar daar was geen spoor van die seuntjie nie. Nortjé het destyds gesê hy het die kind vir mense gegee wat nie kinders kan kry nie, maar het geweier om enigsins meer inligting bekend te maak.

Volgens Makhele sal die verslag van ʼn geregtelike doodsondersoek aan die direkteur van openbare vervolging gestuur word vir ʼn beslissing.

Liam se pa, Nantes Nortjé (48), is op 13 Desember 2019 in die hooggeregshof in Bloemfontein tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op Liam, selfs al was sy liggaam in daardie stadium nog nie gevind nie.

Ondanks herhaalde pleidooie het Nortjé deurlopend verseg om te sê waar die seuntjie is, of selfs net ʼn bewys te lewer dat hy nog leef. Nortjé het ook nie tydens sy verhoor getuig nie.

Die vlak graf naby ’n spoorlyn in Harrismith is op dieselfde dag wat Nortjé gevonnis is, ontdek. Brooks het gesê skoentjies wat ook in die graf gevind is, is soortgelyk aan die wat Liam gehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Anoniem ·

Dit is hartverskeurend. Aan sy Mamma en res van familie, jul is in my gebede.

Ny ·

Kry nou eers die DNS-uitslae wat in 2019 al gedoen is?? Genade….
Sterkte aan die mamma!!

Diklizzy ·

Dit was my vraag ook. Die arme vrou leef met die onsekerheid vir soveel jaar terwyl uitslae sloer. Wat ‘n skande.

Patrys80 ·

Ons wag al amper 5 jaar om te hoor waar aan is my dogter dood so hulle uitslag was vinnag ja mense wag jare vir uitslae dis hartverskeurend

Kokerboom ·

Ons land is besig om oor ‘n morele afgrond te tuimel!!!Intense gebede NOU nodiger as ooit!!

Martie ·

Weet jy WAAROM moet daar sulke mense wees? My hart breek vir die Mamma.

Misky ·

Twee jaar later is onaanvaarbaar!!! Sterkte mamma, nou kan jy ‘n mate van berusting vind en weet Liam sit by Jesus xxx

Sandra ·

Ek verstaan ongelukkig nie hoekom dit so lank gevat het nie. Dis nogals wreed. Hulle hou die hoop nog al die tyd uit dat dit nie hy is nie, en nou dit. Baie innige simpatie aan sy mamma.

Eugene ·

Hoe doen mens so iets? Sterkte aan die ma en familie. Mag daardie pa nooit weer vry wees nie. RIV kleinding

Piet Snot ·

Dis ‘n ongewilde opmerking, maar ons moet ook vra: wat het ‘n pa daartoe gedryf om sy eie kind te vermoor en dan die ma so te martel deur te weier om te sê wat gebeur het.
Het die ma se optrede teenoor die pa bygedra tot die tragedie?

Karlahari ·

Geen optrede van die ma kan n normale mens dryf om n pragtige kind te vermoor nie.
Geen verskoning nie.

Zombie ·

Jou logika is verstommend en pas tereg by jou skuilnaam soos bo genoem. Volgens jou argument, beskik mense nie oor die vermoë om self besluite te neem en te handel nie, omdat dit deur ander gedryf word. Vir my is dit egter verregaande om die ontvoerder en moordenaar van ń klein, weerlose seuntjie te verontskuldig en ander daarvoor te blameer. Ek wonder wie het jou gedryf om ń deterministiese siening van die lewe te ontwikkel.

Toy ·

Dit is so wreed wat hy aan sy eie kind gedoen het en die mamma.

Jaco ·

Twee jaar vir die uitslag van DNS toets? O ja, nou onthou ek: die slagoffer en sy ma “is mos maar net wit” . Dan word ‘n ander meer negatiewe stel reëls mos gebruik.

Thom ·

Toe ek jou naam sien het ek geweet wat kom ___ tot laboratoriums word van rasgedrewe praktyke beskuldig !

Jack ·

Satan het lankal reeds hierdie land van ons vaders syne gemaak. Kyk rondom jou en sien al die tekens raak en verstaan dat ons as Afrikanervolk ook ingesluk is in dit wat hier gebeur. Ons is deur die regering gefragmenteer en verarm en as onwelkome burgers behandel oor die sondes van ons vaders en die wereldwye aksie teen die kleur van ons vel. Die wereld is nou in die hande van satan en ons sal weer moet terugkeer na wat ons was om ons siele te red.

Sarel ·

My Vraag: Die Skuldige is in die Tronk…so hoe lank was hy daar begrawe en deur wie? Terwille van die Familie dankbaar vir hulle afsluiting en die ouitjie nou te ruste gele kan word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.