Oorskot in leeukamp op wildplaas dalk dié van stropers

Argieffoto: Sanparke

Die menslike oorskot wat vroeër dié week op ʼn wildplaas buite Port Alfred in die Oos-Kaap aangetref is, is moontlik dié van minstens drie stropers wat volgens die eienaar van die wildplaas waarskynlik beoog het om ʼn trop renosters te stroop.

Nick Fox, eienaar van die Sibuya-wildreservaat waar die oorskot gevind is, sê die polisie het glo beslag gelê op talle items op die toneel wat renosterstropery kenmerk. Van dié items sluit in ʼn grootkaliber-geweer met ʼn knaldemper, ʼn byl, handskoene, ʼn draadtang en voedselvoorraad wat in ʼn rugsak gehou is.

Volgens Fox het die oorledenes vermoedelik Sondagnag toegang tot die reservaat verkry deur een van die grensheinings se draad te knip. ʼn Teenstroperhond het haar hanteerder se aandag Maandag omstreeks 04:30 probeer trek, maar die hanteerder was onder die indruk die hond blaf omdat die leeus in hul kamp gebrul het.

“Die hanteerder was nie bekommerd nie omdat dit nie ongewoon is vir die leeus om gedurende die nag te brul nie. Nou blyk dit egter dat die hond iets ongewoons in die leeukamp gehoor het,” sê hy.

ʼn Veldwagter van die reservaat het eers Dinsdagmiddag teen skemer die menslike oorskot in die leeukamp opgemerk waarna die polisie, die teenstropingseenheid en die Vereniging van Oos-Kaapse Wildreservate (Indalo) na die toneel ontbied is.

Fox sê die trop van ses leeus is deur ʼn veearts met verdowingspyle geskiet sodat die polisie en ander ondersoekbeamptes die toneel kon fynkam. “Dit is duidelik dat die [beweerde] stropers hulle teen die trop leeus vasgeloop het waarna sommige, indien nie almal nie, deur die leeus aangeval is,” sê Fox.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het Vrydag bevestig dat ʼn geregtelike doodsondersoek nog afgehandel moet word.

Govender sê die uitslae van die departement van gesondheid se forensiese toetse is nog nié bekend nie. “Ons is bewus van talle aannames wat tans oor die voorval gemaak word, maar die polisie kan ongelukkig niks bevestig voordat die ondersoek afgehandel is en die uitslae van die forensiese toetse bekend gemaak is nie. Eers dan sal ons presies kan sê hoeveel mense oorlede is en hoe die pad vorentoe lyk.”

Die ondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Nita ·

Nou moet die leeutrop seker uitgewis word, want die arme stropers het hulle moses teegekom.

Alki ·

Moet asb om hemelsnaam nie die leeus van kant maak nie.!!!!!!!!

A ·

Iemans gaan daarvoor moet boet. Sal seker weer die arme plaas eienaar wees

Regeringskuld ·

Dit moet die polisie en regsisteem wees wat in die eerste plek verantwoordelik is vir die buitensporige hoe vlakke van misdaad.

Wesley ·

Leeus sal nooit in die geval omkant van gemaak word nie. Ook nie sal die eienaars boet vir wat gebeur het nie. Wat met al die oordryfde kommentaar?

TLC ·

Nou ja VLG nuus is plaas word verbrand en of dit gaan eienaar se skuld wees Sterkte aan die eienaar en ek luv leeus

Stinkgogga ·

Die hond is opgelei as n teenstropingshond. Nie as n anti-leeuhond nie. Gelukkig het die leeus uitstekende werk gedoen, maar ek stel voor die wag skerp sy storie bietjie op.

Nettie ·

@Stinkgogga ….. wed jou die ‘wag’ het sy teenstropingshond se ‘alert’ geïgnoreer want ……. hy wou sy vriende eers kans gee om hul joppie klaar te maak …….

JamesBond ·

Ek dink ek gaan ‘n leeu in my erf aanhou. Sukkel die afgelopen typ met inbrake.

Hoc est bellum ·

In the jungle, the mighty jungle, the LION DID NOT SLEEP THAT NIGHT! Grootkatte laat nie met hulle speel nie. Die stropers kon seker nie waag om op die leeus te skiet nie. Katvoet loop het nou sommer ‘n nuwe betekenis. Moes wrede dood gewees het, want jy hoor seker so leeu wanneer dit te laat is.

Eps ·

Kruger Nasionale Park kan ook meer leeus naby die grense van die park hou.

Buffel ·

Ek is ‘n Blou bul, maar die keer ondersteun ek die leeus……

Lana ·

Bly weg van plekke waar jy nie hoort nie. Jy mag dalk net prooi word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.