‘Oorskot in massagraf nie dié van stropers’

Argieffoto Foto: wwf.panda.org

SANParke het die EFF se bewerings ontken dat die menslike oorskot wat in ʼn massagraf in Bosbokrand gevind is, dié van vermeende stropers is wat in die Krugerwildtuin doodgeskiet is.

Volgens SANParke het die departement van gesondheid in Mpumalanga reeds bevestig dat die persone wat in die Saselani-begraafplaas begrawe is nie geïdentifiseer kon word nie en dat hulle dus armlastige begrafnisse ontvang het.

“Die roekelose verklaring deur die EFF moet verwerp word met die minagting wat dit verdien,” het Edna Molewa, minister van omgewingsake, gesê. “Dit is duidelik ʼn politieke slenter.”

Volgens SANParke word die polisie na elke toneel uitgeroep waar daar in kontak gekom word met gewapende stropers en word daar ʼn volledige ondersoek gedoen.

“Ons beskou die verklaring deur die EFF as ʼn poging om ons aandag te probeer aflei deur gemeenskappe te laat glo die wildtuin is ʼn oorlogsone. Die stroop van wilde diere is ʼn werklike probleem in die land en moet nooit misbruik word vir politieke speletjies nie,” het Molewa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Petrus ·

Hoe meer dinge verander hoe meer bly dit dieselfde. Die polisie het ook al Eugene de Kock se skiettonele besoek,en ons het eers baie later uitgevind wat werklik gebeur het. Ek se nog steeds dat nie al die Sanpark skietvoorvalle volgens die wet geskied nie. Eendag sal ons nog die waarheid hoor,dis net vir een in die binnekring om na vore te kom en hierdie sweer te laat oopbars. Ek weet dat dis nie wat ons wil hoor nie,maar ons kan ook nie in ontkenning leef nie.

sug ·

Ons kan ook nie in ‘n wêrld van “conspiracy theorists” leef nie. Dalk was dit boendoe “justice”

vermeende ·

SANparke ontken die EFF se bewering maar kan dit ook nie weerle nie, klink eerder of hulle reaksie hier op polities gelaai is.

Albert ·

Petrus en Kie.Die polisie het nooit een van sy tonele besoek of ondersoek nie. Dit wat hy gedoen het was “dalk” verkeerd maar hy het net sy werk gedoen. Moenie hom vergelyk met n stroper. Hy het opdragte gekry en dit uitgevoer. Hoop hy gaan eendag vertel wie dit gegee het.

Petrus ·

Natuurlik het die polisie sy tonele besoek,daar was selfs geregtelike ondersoeke,maar alles is onder die mat ingevee.

Albert ·

O en ja ek is n oud SAP lid en trots daarop en nee eks nie n rassis

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.