Oorskot van apartheid-gevangenes opgegrawe

Argieffoto

Argieffoto

Die oorskot van politieke gevangenes wat in die apartheidsjare in die ou Pretoria-gevangenis gehang is, sal opgegrawe word en aan hul families besorg word.

Hierdie projek is Woensdag deur die minister van justisie en korrektiewe dienste van stapel gestuur. Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die departement, het gesê 130 politieke gevangenes is destyds in die tronk, nou bekend as die Kgosi Mampuru II Korrektiewe Sentrum, gehang.

“Die aankondiging van die Galg-opgrawingsprojek behels die opgrawing van 83 gevangenes se oorskot wat deur die apartheidsregering gehang en in ongemerkte grafte begrawe is,” het Mhaga gesê. “Altesaam 130 gevangenes is tussen 1960 en 1990 by die gevangenis gehang en die oorskot van 47 is intussen al opgegrawe.”

Volgens Mhaga was die gevangenes meestal lede van die Pan Africanist Congress se gewapende vleuel, Poqo, en die United Democratic Front (UDF). Die oorskot sal aan hul families besorg word sodra die gevangenes positief geïdentifiseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Sarah ·

Ek hoop dat dit moontlik is om al die individuee behoorlik te identifiseer – hulle moes dit al lankal gedoen het.

Henk ·

Die arme mense is seker almal deur die wrede apartheids regime gehang weens politieke orientasie en het natuurlik niks verkeerd gedoen nie? Sal nogal interresant wees om ‘n opsomming van die uitsprake van die howe aangaande die oortredings waaraan hulle skuldig bevind was te kan sien net om enige twyfel uit die weg te ruim

AvrilS ·

Ai, ai ai, nou moet ek my kop in skaamte laat sak.
Ou stortkop se poppemeester is n briljante strateug. Hoekom die PAC en UDF en anc lede nie. Dis faksies wat stortkop nie seker is wasr hulle, hulle kruisies gaan trek nie. Nou oorskot opgrawe, volle militere begrafnis en duisende rande aan families betaal. En siedaar n hele gemeenskap se stemme vir die ANC.
Moet ek byvoeg, ons blankes se belasting geld.

m ·

Hoes sal ons hoes vir al hierdie dinge. De laaste vryheidsvegter of wat hulle ook al genoem word sal seker opgegrawe word net om ons taxgeld te mors. Wonder hoeveel keer gaan almal nog opgegrawe word….. Ag hoe pateties. Kan mens so vasklou aan die verlede. Ek word sommer naar!!!!

tamboti ·

Ek dink dit is nou tyd dat ‘n volledige verslag van al die terreur dade wat deur ANC, SAKP, UDF en Poqo en andere gepleeg is gedurende die “vryheids stryd”, saamgestel en gepubliseer word. Ek sal R1000 rand betaal vir ‘n kopie daarvan.
Dan moet daar eise vir alle slagoffers en skade opgestel en ingedien word teen die huidige ANC/3 party alliansie as vergoeding vir ONSKULDIGE mense wat geteiken was voor 1994.
As die huidige plaasmoord/ huisroof gevalle dan geen politieke gronde het om eise teen regering in te stel nie, is ek seker die ouer gevalle het meriete.

Hykie ·

Ag vaderland. Los die dooies. Dat hulle nou maar rus. Is hierdie nie maar weer ‘n geld maak aksie om van die fondse uit die koffere te kry nie? Vir die woord APARTHEIDSREGERING is ek al so moeg, ek wil berge toe vlug. Gaan gesels met die wat aan bewind was – Puk en daai manne. Hier is van ons wat niks daarmee te doen het nie. Bybel waarsku ons oor die roer van die afgestorwene se beender. Keep it up! Seker maar alles om die minister beter te laat voel.

H ·

Wat ‘n mors van staats geld, dit is onnodig om die verlede terug teroep.

Jef ·

Mense in SA wil mos dat die doodstraf weer ingestel word, oor 20 tot 30 jaar moet die oorskot ook weer opgegrawe word en dit kos ons belastinggeld, en so kan ons aan gaan en aangaan.

Henk ·

Jannie, wonder net of die arme slagoffers van die tereggesteldes se dade al “closure” gekry het ?

Jannie ·

Indien dit nie was vir die mense nie sou die minderheid nog steeds alleen in die land se welvaart gedeel het.Is dit regverdig Henk?

Henk ·

Jannie, die lewe is nie regverdig nie. In elk geval nie vir hulle slagoffers se naasbestaandes nie, ne. Kom ons gaan kyk eers weer na wat se misdade gepleeg is waarvoor hulle die doodstraf gekry het, voor ons van hulle helde prober maak, sal ons ?

Michael ·

En al wat die huidige benadeelde minderheid nou goed voor is is om belasting te betaal en teen gediskrimineer word …is dit nou regverdig jannie

Vicus ·

Jannie #raak wakker! Die minderheid(lees swart elite) deel nog steeds alleen.!

tamboti ·

Natuurlik is dit nie toevallig dat dit voor die verwagte verkiesigs vanjaar plaasvind nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.