Oorskot van ontvoerde peuter dalk gevind

Die ontvoerde peuter, Hlawuleka Prosperity Rikhotso. (Foto: Verskaf)

ʼn Nadoodse ondersoek is begin nadat die oorskot van ʼn klein kindjie in Giyani in Limpopo ontdek is. Volgens die plaaslike polisie is die oorskot moontlik dié van die peuter Hlawuleka Prosperity Rikhotso wat in Februarie ontvoer is.

Die oorskot is Dinsdag omstreeks 20:45 deur gemeenskapslede in ʼn informele nedersetting in die landelike gebied van Limpopo gevind. “Die polisie is ingeroep en het die peuter se klere langs die oorskot gevind. ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die oorskot dié van Hlawuleka kan wees,” sê brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder van Limpopo. Die peuter was skaars 19 maande oud toe ʼn 30-jarige man, Moses Rameu, die kind op 4 Februarie by die ma gegryp het.

“Die ontvoerder het die ma glo deur sosiale media ontmoet. Hy het met die kind die bosse in verdwyn, maar is drie weke later deur die polisie in hegtenis geneem. Hy is later in polisieaanhouding dood, sonder om te sê waar die kind is,” sê Mojapelo.

Forensiese toetse moet nog uitgevoer word om die liggaam finaal te identifiseer. Die polisieondersoek duur voort.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

katerinadiekat ·

Ai die arme kleintjie. Wees tog baie uiters versigtig wie jy in jou lewe inlaat as jy n enkel moeder of vader is. Daar is soveel psigopate en freaks in hierdie wereld. Aanlyn of regstreeks, wees So so versigtig.

Elmarie ·

So erg. Ampers net ‘n baba eintlik. Die angs wat hy moes deurgaan. En sy ma… Ai die wereld het’ n vrot plek geword…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.