Oorspoelings ná reën in die Kaap

‘n Foto wat Donderdag (26 April 2018) op sosiale media gedeel van ‘n straat wat oorspoel ná reën oornag in Kaapstad. Foto: Facebook via Peter Abrahams

Swaar reën het Woensdagnag in die droogtegeteisterde Kaapstad geval wat gelei het tot wydverspreide oorspoelings plek-plek in die metropool.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vroeër gewaarsku dat storms en onstuimige seetoestande die volgende paar dae van Alexanderbaai tot Algoabaai in die Wes-Kaap verwag kan word. Die Stad Kaapstad se rampbestuursentrum is op ʼn hoë gereedheidsgrondslag geplaas om vloede of enige ander noodgevalle in die stad te hanteer.

Die waarskuwing was nie tevergeefs nie aangesien donderstorms wel deur Woensdagnag voorgekom het. Die weerdiens het nog nie presiese reënvalsyfers bekendgemaak nie.

ʼn Senior beampte van die stad het Donderdag bevestig talle paaie het oorspoel. “Dit is te veel om op te noem. Motoriste moet vanoggend [Donderdagoggend] baie versigtig op die paaie wees.”

Charlotte Powell van die stad se rampbestuursentrum het gesê: “Oorspoelings is aangemeld, meestal in die stedelike gebiede oor die metropool weens versperde dreinstelsels en beperkte afloopvermoë. Informele nedersettings in laagliggende gebiede is ook geraak.”

Powell het gesê paaie in Somerset-Wes en dele van die N1 en N2 is ook oorspoel.

“Geen noodskuilings is tans geaktiveer nie. Rampbestuurbeamptes doen saam met ander stadsdienste assesserings en bemanningslede is ontplooi.”

Maroela Media het vroeër berig die weerdiens het Maandag ʼn kouefront vanaf gister [Woensdag] in die Kaap voorspel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Piet Snot ·

Ja Apie, dis uitstekende nuus.
Ons sê net dankie, dankie.

Remlut Froggiem ·

Die wolke verskaf die reen, wwr kom jy vandaan ?

sandra ·

Ons kla glad nie oor die reen nie, dis net, die stormwaterpype en slote is nie skoon gehou nie en al die gemors wat daarin opgedam het, veroorsaak nou dat strate oorstroom word, Wat ook baie hartseer is, is dat baie van die water wegloop see toe, waar dit andersins na ‘n dam of iewers vir hergebruik herlei kon word.

Hannelie ·

Ja Apie dit is goeie nuus….maar oorspoelings kan ook skade aanrig, soos Sandra sê stormwaterpype wat nie skoon gehou word nie. Maar ons kla nie, nogsteeds te min vir ons damme. Maar ons dank die Vader vir elke druppel.

John ·

Die Kaap van Strorms se oorspoelings van soetwater en baie moelikheid tussen die burgery doen sy naam gestand en die’ naweek vloei die blitswaters want dis mos groot feestery…

Nettie ·

Reën, heerlike, lieflike, sagte reën het hier in Worcester geval. Die tafeldruifboere bedinges nou seker hul broeke, maar ons kla nie!

anton ·

Dit is maar n algemene verskynsel dat die regeerders van die land nie instandhoudings werk doen nie. Stormwater en dreinerings pype word selde en selfs nooit skoongemaak nie. Hier in Gauteng gebeur dieselfde as daar baie reen uitsak. Alles oorstroom.
En dit sal ook nooit verander nie.
Hulle weet nie wat is instandhouding/ramp voorkoming nie!!! Hoe bedoel Mnr. nou?

lee ·

Dankie Here U seën en genade.
Dankie Oom Angus Bachan..vir jou gebed in CT en geloof

Prys die Here.

Koeks ·

Baie, baie dankbaar vir elke druppel, selfs vir oorstromings en verspoelings. Ken nie juis “oorspoelings” nie…

Marinda ·

Lekker, so bly die reën het uiteindelik daar geval. Geniet dit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.