Oorsprong van gerugte oor ‘aanval op trokdrywers’ onduidelik

‘n Vragmotor wat in Maart vanjaar aan die brand gesteek is. (Foto: Twitter)

Daar is tans geen amptelike bevestiging dat daar enige waarheid steek in gerugte dat vragmotors wat Maandag Suid-Afrika vanaf buurlande binnekom, aangeval sal word nie.

Inligting en kennisgewings word tans op sosiale media versprei waarin beweer word dat buitelandse vragmotorbestuurders Maandag aangeval sal word as hulle op Suid-Afrika se paaie ry. Sommige van die boodskappe beweer ook dat ʼn voedsel- en steenkooltekort in Suid-Afrika sal ontstaan omdat vragmotors verhoed gaan word om die land binne te kom.

Brig. Vish Naidoo, nasionale woordvoerder van die polisie, sê hy is bewus van die gerugte wat die ronde doen, maar daar is tans geen aanduiding dat daar enige waarheid in steek nie. “Ons het al twee keer vantevore vanjaar dieselfde ding gehad waar hierdie boodskappe versprei word en toe het daar niks gebeur nie. Ons vermoede is dat dit deur mense rondgestuur word wat net probeer om paniek te saai,” sê Naidoo.

Hy sê die polisie is egter voorbereid en het die nodige planne gereed om in te gryp sou daar enige iets gebeur. “Ons kan nie sê dat daar enige waarheid in die gerugte steek nie, maar ons sluit nie die moontlikheid uit nie,” sê hy.

Die vervoervakbond Satawu het intussen gesê hy distansieer hom van enige gerugte dat daar ʼn vragmotorstaking vir 1 en 2 September beplan word. “Nuus dat daar op die twee dae ʼn nasionale staking in die vragmotorbedryf sal wees, word wyd versprei. Satawu dra egter geen kennis waar hierdie inligting vandaan kom nie, aangesien nie een van die vakbonde wat by die  nasionale bedingingsraad vir die padvrag‑ en logistieke bedryf geregistreer is so ʼn staking versoek het nie,” sê die vakbond in ʼn verklaring.

“Gevolglik is ons bekommerd oor die veiligheid van vragmotorbestuurders en doen ons ʼn beroep op vragmotormaatskappye om versigtig te wees, aangesien sulke oproepe vir stakings deur gesiglose mense in die verlede gelei het tot gruwelike aanvalle op vragmotorbestuurders.”

Die International Cross-Border Traders Association Executive het intussen gesê indien daar wel enige waarheid steek in die gerugte dat buitelandse vragmotorbestuurders op 2 September aangeval gaan word, sal die instansie alle Suid-Afrikaanse vragmotors, busse en vlugte verhoed om grense na enige Afrika-land oor te steek.

“Buitelandse vragmotorbestuurders het permitte om in Suid-Afrika te werk,” sê Denis Juru, president van ICTA. “Die regering van Suid-Afrika het dit goed gedink om hierdie buitelanders werkspermitte te gee sodat hulle in Suid-Afrika kan werk. Niemand het ʼn monopolie op geweld nie. Indien buitelanders die slagoffers van geweld word, sal ons organisasie daarop reageer.”

Juru het bygevoeg die Suid-Afrikaanse regering het ʼn verantwoordelikheid om buitelanders in die land te beskerm. “Ons het al voorheen gesien hoe word buitelanders vermoor, aangerand en gedreig sonder dat ʼn enkele persoon in hegtenis geneem of aangekla word,” sê hy. “Die regte van buitelanders moet gerespekteer word.”

‘n Vragmotor wat in Maart vanjaar tussen Villiersdorp en Botrivier in die Overberg met ‘n petrolbom bestook is. (Foto: Verskaf)

Die Hoë Kommissie van Zambië in Suid-Afrika het ook sy kommer uitgespreek en ʼn reiskennisgewing uitgereik waarin hy Zambiese vragmotorbestuurders waarsku om nie na Suid-Afrika te reis totdat hul veiligheid gewaarborg kan word nie.

In die kennisgewing sê die kommissie hy is ook nie bewus van die oorsprong van die gerugte nie, maar dat Zambiese vragmotorbestuurders in die verlede al aangeval is deur hul Suid-Afrikaanse eweknieë in hul stryd om beter werksomstandighede van hul werkgewers. “Die kommissie raai Zambiese vragmotorbestuurders wat wel op 2 September Suid-Afrika gaan binnekom of in Suid-Afrika gaan wees, aan om hul vragmotors op ʼn veilige plek te stoor om enige lewensverlies of eiendomskade te verhoed.”

Die Namibiese Uitsaaikommissie berig Namibië se hoë kommissaris in Suid-Afrika het gesê hy kon geen bevestiging van enige onafhanklike organisasies kry rakende die geloofwaardigheid van die gerugte oor beplande aanvalle op buitelandse vragmotorbestuurders nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Skoolgeld ·

Dankie MM! Sou graag al vroër die inligting wou bevestig en dankbaar julle hou ons op hoogte!

jaco ·

Waarom word Suid-Afrikaners dan nie as drywers in diens geneem nie? Waarom amper net buitelanders? SA het dan 30% of meer werkloosheidsyfer. Iets maak nie sin nie. L

Skoolgeld ·

Jy stel aan wat die werk doen Jaco! n Drywer se Salaris is R20 000 per maand maar as jy wil werk daarvoor as Suidafrikanse burger nie wat moet jy doen?

Deon ·

Jaco jy praat nou snert,ek het nie 1 buitelander in my transport nie en so is daar baie.

Andrea van Vuren ·

Die SA se drywers wil net staak en plunder vir meer geld. Hulle word deur EFF opgestook. Glo my, die buitelanders kan hard werk en is nie behep met hoë salarisse nie.

Kaaskop ·

Ja, hulle sal doen wat hulle kan – “monitor die situasie”! Soos in die middestad van Pretoria laasweek! Plaas dat hulle die gemors arresteer en in die tronke stop!

Petrus ·

Buurlande se vragmotors sal in konvooie moet ry, wat beskerm word deur hul eie polisie en weermagte.

leser ·

@jaco
die sa werkloosheids elemente is te lui om die werk wat die buitelanders doen, te doen, hulle wil op hul agterente sit, klomp geld he, maar so min moontlik doen, dis mos nou te lekker in sa, alles is verniet
steek iets vandag aan die brand, maar wil dit more terug he

Lance ·

Jaco,ek kan duidelik lees dat trokke nie jou besigheid is nie

aj ·

Sedert 1994 het ALLE unies nog net afgebreek aan die land! Nog niks opgebou nie … behalwe Solidariteit!

Almal breek, verwoes en brand net!

Nou is die land disfunksioneel, infrastruktuur is verwoes, myne fabrieke en ander besighede het gesluit, plase word afgebrand en landbou produkte word gestroop.

As geweld en anargie jou enigste “tool” is, wat jy ken, dan probeer jy ALLE foute daarmee regmaak

Besef dié anargiste dat die land ONHERSTELBAAR afgebreek is en dat ALLES tot stilstand gaan kom?

Is geweld en anargie hulle ‘default’ modus? M.a.w. hulle is nie in staat tot konstruktiewe interaksie met die wêreld rondom hulle nie?

Sug ·

Van waar voer SA kos en steenkool in? Sommige mense sê, volgens die berig, daar gaan ‘n tekort wees aan kos en steenkool…. Klink vir my die organiseerders weet nie juis wat aangaan in die land nie

Chris ·

Daar is kenners, ongelukkig gesigloos, tussen veral Afrikaner mans wat dmv Whatsapp boodskappe ons op hoogte hou van die moeilikheid nog voor dit gebeur. Hulle het “inside information” en hul bronne is onberispelik. SA se eie FBI…..

Werner ·

Wel nou net gehoor dat hulle die trokke aftrek by Piet Retief op die N2 en se hulle mag nie verder ry nie nou wat nou ou Chris

Pieter ·

Ek sou so graag eendag ‘n petrolbom in sy eienaar se hand wil stukkend skiet sodat hy self die vrugte van sy maaksel kan geniet.

Johan Maritz ·

Is dit nie presies wat in ander Afrika lande gebeur het nie en net daarna neem die weermag hoofde die land se bestuur oor. As n mens nou terugkyk lyk my was die enigste uitweg om vir die land te baklei want alles is tog verwoes en die land begin al meer na n oorlog zone lyk. Aai die afrikaner is darem n nasie wat baie kan verdra.

Pottie ·

Ons is n nasie wat nie ore het nie johan dit is ons eie skuld dat ons is waar ons is want ons kla en kla maar ons doen niks die anc en sy trawante mors met ons want ons laat dit toe so hou op kla hoekom kla almal doen iets

Skoolgeld ·

Jy stel aan wat die werk doen Jaco! n Drywer se Salaris is R20 000 per maand maar as jy wil werk daarvoor as Suidafrikanse burger nie wat moet jy doen?

Werner ·

Dink die unies probeer hulle maar net self verontskuldig hulle het twee weke gelede op nuus 24 gese hulle gaan die twede September die trokke tot stilstand dwing

Chris ·

Ai, wat is dit met my mede-Afrikaners om berigte veral via Whatsapp te versprei van allerhande oproere, stakings, aanvalle op witmense, moordbendes onderweg na wit woonbuurtes, brandstigting, ens? Die manne dra kwansuis “eerstehandse kennis” van die “verskriklike noodlot” wat SA en veral die wit bevolking gaan tref. Wat gaan met julle gesiglose manne? Wat probeer julle bereik daardeur? Hoekom tree julle nie na vore en haal die angel uit die skerpioene op die manier en verhoed die “vreeslike goed” wat ons gaan tref!?
Sal ook graag by die wat die boodskappe so graag versprei wil verneem wat hul oorwegings daartoe is? Glo julle die stories? Storm julle die winkels, vulstasies, neem die week verlof, haal kinders uit die skool en sluit julself in jul huise toe?
Ai, my mede-Afrikaners – Wat is dit met julle?!

jaco ·

Waars die Ubuntu en “Africa without colonial borders” en we are all just Africans” dan nou? Ook interessant dat ons vakbondlede die buitelandse trokdrywers wil aanval, maar albei groepe is basies van dieselfde ras/velkleur. Is dit nou ook rassisme of is dit “iets anders”?

Bemarkingsfoefie ·

As mens liuster na al hierdie soort boodskappe wat Vals is. Ontleed ek dit as iemand met aandele in kruideniers ware en filtreerde skoon water of werk by so winkel en maak nou planne vir n groot kersbonus onthou paniek saai Sal verkope laat styg. Met Ander woorde n bemarkings foefie konkelary

Attie. ·

Ek kry gister ‘n wapp van ‘n melkboer wat keel afgesny is. Ek het so twee jaar terug dieselfde boodskap gekry. Ek het al die “vriende” van my wat sulke rowwe bangmaaknuus vir my gestuur get,geblok op my selfoon en daarna in vrede deur die lewe gekom net met MM se nuus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.