Oorsprong van ‘gesteelde’ San-rotskuns ondersoek

Kundiges sal die polisie in die ondersoek bystaan. (Foto: SA Polisie)

Die oorsprong van ʼn stuk San-rotskuns wat die afgelope week op sosiale media te koop aangebied is, vorm deel van die Valke se ondersoek na die voorval.

Maroela Media het vroeër berig die Valke het toegeslaan op ʼn 48-jarige man wat die kuns in die omgewing van Port Shepstone, KwaZulu-Natal, geadverteer het. Nadat die advertensie onder hul aandag gebring is, het die Valke ʼn lasbrief bekom om die perseel in Montague-weg in Sea Park te deursoek.

Die verdagte is daar met die stuk rots in hegtenis geneem.

Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê die man is op polisieborgtog van R1 000 vrygelaat nadat die saak hangende verdere ondersoek nie op die hofrol geplaas is nie. Kenners sal die polisie nou in die ondersoek bystaan.

“Die kundiges sal vir ons sê waar dit moontlik gevind is en sal meer duidelikheid verskaf oor die egtheid daarvan nadat dit ondersoek is.

“Hulle behoort ook vir ons te kan sê hoe oud die argeologiese item is,” het Nkwalase gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Casper

Hierdie kunswerk lyk nie vir my oorspronklik nie.Ek dink dit is nagemaak.

Sangoma

Iemand vat die Valke (Tarentale) vir n lekker ride.

Deon

Dit kom voor asof die gereg weereens net in gestorm het sonder om seker te maak waarmee hulle eintlik besig is, hierdie kan niks wees of daar is n moontlikheid dat dit groter is as die voor hand liggende wat ons sien.