Oorsprong van koronavirus steeds ʼn raaisel  

Die WGO se hoofkwartiere in Genéve. (Foto: Fabrice Coffrini/ AFP)

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se afvaardiging na China wat die oorsprong van die koronavirus moes bepaal, het misluk.

Die span het wel Dinsdag gesê die virus kom gewis nié uit ʼn laboratorium, soos Donald Trump, oudpresident van die VSA, beweer het nie.

Kenners is oortuig dat die siekte wat tot dusver 2,2 miljoen sterftes wêreldwyd veroorsaak het, sy oorsprong by vlermuise het en deur ʼn ander soogdier na mense oorgedra kon word, maar kon dit nie bewys nie.

Die ondersoekspan het ʼn maand in China deurgebring. Twee weke daarvan was in kwarantyn.

Peter Ben Embarek, ʼn lid van die span WGO-kenners, sê die afwesigheid van vlermuise in die Wuhan-gebied beteken dit is onwaarskynlik dat die virus direk van vlermuise na mense oorgedra is. Die virus is die eerste keer in 2019 in Wuhan aangeteken. “Dit is heel waarskynlik deur ʼn spesie oorgedra wat as tussenganger opgetree het,” het hy gesê.

Hy het ook China se bewerings dat daar geen groot uitbreking van Covid-19 voor Desember 2019 in China was nie, bevestig.

Marion Koopmans, nóg ʼn lid van die WGO-span, sê rotte, hase of krimpvarkies kan moontlik vir die oordrag tussen vlermuise en mense verantwoordelik wees. “Dié moontlikheid kan verder ondersoek word.”

Embarek sê dit is “uiters onwaarskynlik” dat die virus uit ʼn virologielaboratoruim in Wuhan “gelek” is, soos Trump aangevoer het.

Liang Wannian, hoof van die Chinese ondersoekspan wat die WGO bygestaan het, sê die virus kan oor lang ente deur middel van koue produkte oorgedra word, wat daarop sinspeel dat die virus ingevoer is. Embarek het toegegee dat die virus in koue toestande kan oorleef, maar sê dit is onduidelik hoe dit dan na mense oorgedra kan word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

34 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kommentaar

Uitstekende werk. Nou het ons die feite en enige debat kan nou maar stop. Dat julle meer as ‘n jaar na die uitbraak, binne twee weke, sonder enige hulp van die Chinese staat, vir die wêreld so ‘n duidelike verslag kon gee, dui daar op dat daar niemand anders is wat dit beter kan doen nie! Ons is julle diep verskuldig, dankie WGO!

Alex

Wag n bietjie, hulle glo vir Trump en sy uitlatings. Hoe weet Trump dit alles? Dus hulle het uitgegaan om Trump se bewerings te ondersoek? Nou ondersoek hulle n groot area in 2 weke en maak hierdie konklusie? Regtig! So iets te ondersoek neem mos maande of vedstaan ek nou verkeerd?

Vonkprop

Dit is so duidelik soos daglig dat iets toegesmeer word. Hoe kan die finale bevinding so gou gemaak word? Alles val net te maklik in plek.

john

OH ja en die WHO kan vertrou word ? Angesien dit volkome in beheer van China Is, Terwyl al hoe meer wetenskapplikes van meening begin raak dit kom uit n lab uit. Wat anders verwag jy van die WHO.

Alleen Wolf

WGO is kop in een mus met China, die burgery wereldwyd sal nooit die waarheid weet nie.