Oorstromings in Kaapstad terwyl reën steeds val

ʼn Vrou skuil onder ʼn sambreel in Kaapstad. Foto: Cindy Waxa/ANA

Terwyl talle Kapenaars verheug is oor die reën wat in die Moederstad val, het daar plek-plek oorstromings in die stad voorgekom nadat ʼn kouefront die stad Donderdagoggend getref het.

Charlotte Powell, woordvoerder van die stad se rampbestuur, het gesê oorstromings is in verskeie informele nedersettings aangemeld, insluitend in Khayelitsha en in die Masicindane-nedersetting in Strandfontein.

Volgens Powell is berigte ook ontvang van huise se dakke wat in die Strand afgewaai het. Verskeie paaie is ook oorstroom.

“Rampbestuurpersoneel is tans besig met assessering van die skade en die plaaslike regering help om die paaie wat versper is oop te stel,” het Powell gesê.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het Woensdag voorspel dat erge stormweer met wind van tot 70 km/h in die stad kan voorkom.

Vroeër Donderdag het ʼn fopnuus-boodskap oor ʼn “orkaansterkte storm” in Kaapstad ook die ronde gedoen op sosiale media, maar owerhede het vinnig bevestig dat dié inligting nie waar is nie.

Powell het ʼn beroep op inwoners gedoen om nié die boodskap te versprei nie, aangesien die rampbestuursentrum oorval is met oproepe deur bekommerde inwoners wat dié inligting ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Israel ·

As die regverdiges bid sal hulle ontvang, Dankie Here u is groot en goed vir ons, Hy laat die reën val op almal….Onthou om dankie te sê

Carl ·

Baie dankie vir die goeie reen Here, ons waardeer dit geweldig

Penellope Jones ·

Dit het heerlik gereen – is so dankbaar en verlig!!

Freud ·

Kyk mos of net Phillipi reën kry en strate oorstroom. Geen ander fotos van ander plekke in Kaapstad waar dit reën nie!

piet ·

Ja, sommer ook dankie vir die droogte daarsonder sou ons nie besef het hoe goed hy kan wees nie.

Michael ·

So dankbaar. loop sommar gister in die reen en se DANKIE.

Driekie ·

Prys die Here. Ek dink alle Kapenaars het nou baie meer waardering vir die gawe van reen wat ons slegs uit Sy hand ontvang!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.