Oorstromings in KZN verwag

(Argieffoto: Pieter du Preez)

Terwyl Suid-Afrikaners in die binneland bibber is KwaZulu-Natal se rampbestuurspanne op ʼn gereedheidsgrondslag geplaas weens die swaar reën wat oor die noordelike gebiede van die provinsie verwag word.

“Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel dat die uMkhanyakude- en King Cetshwayo-distrik swaar reën vanmiddag en môre kan verwag. Dit kan tot oorstromings lei, het die departement van samewerkende regering en tradisionele sake in KwaZulu-Natal Woensdag gesê.

Sipho Hlomuka, LUR van samewerkende regering en tradisionele sake, het inwoners gevra om die nodige voorsorgmaatreëls te tref.

“Ons doen ʼn beroep op gemeenskappe in laagliggende gebiede om skuiling te soek totdat die gure weer opgeklaar het. Ons pleit ook by ouers en onderwysers om te verseker dat leerders veilige roetes na en van skool gebruik,” het Hlomuka gesê.

Rampbestuurspanne sal intussen alle gebiede waar daar gewoonlik oorstromings plaasvind, dophou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Juffrou ·

Waar is daardie distrikte? Hoe moet ons nou DIT weet? Sê die dorpe/streek se name asseblief????

Cherokee ·

Presies Juffrou! Ek ry vanmôre na ‘n poskantoor 6 kilos van waar ek woon, vir my voertuiglisensie. Toe sien ek, wat 16 jaar hier woon, vir die eerste keer op my selfoon, die plek se naam is Athlone. Ek ken dit as Riverside.

Rhona ·

In plaas van distrik name kan julle nie maar eerder dorpname gee nie my kinders bly op noordkus maar weet nie onder watter distrikte nie.

Mrs H ·

Om die gebied “waar gewoonlik oorstromings is, dop te hou”, gaan nie help, veral as jy dit al vir 26 jaar doen! Dink dis tyd vir n infrastruktuur oplossing?! Lol…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.