Oorwinning in hof vir gemeenskap se waterregte

water-kraan

(Argieffoto: pixabay)

AfriForum het Donderdag ’n oorwinning in die hooggeregshof in Mafikeng behaal teen die Tswaing- plaaslike munisipaliteit nadat inwoners van Delareyville, Sannieshof en Agisanang al vir jare gebuk gaan onder swak watervoorsiening deur dié munisipaliteit. AfriForum het dié saak met koste gewen.

AfriForum het onder meer in die hofstukke geëis dat:

  • Die Ngata Modiri Molema-distriksmunisipaliteit binne ses maande nadat die hofbevel beteken is die funksies en verantwoordelikhede wat watervoorsiening en -verspreiding betref by die Tswaing- plaaslike munisipaliteit moet oorneem.
  • Die Ngata Modiri Molema-distriksmunisipaliteit binne ses maande waternetwerk- en -infrastruktuurplanne aan die organisasie moet voorsien.
  • Die Ngata Modiri Molema-distriksmunisipaliteit en Tswaing- plaaslike munisipaliteit hul verpligtinge moet nakom soos die wet vereis en volhoubare watervoorsiening aan die inwoners van Delareyville, Sannieshof en Agisanang verskaf.
  • Indien water nie aan die inwoners verskaf kan word nie, die distriks- en plaaslike munisipaliteite moet sorg dat inwoners op ’n ander wyse toegang het tot skoon water en dit dadelik aan AfriForum kommunikeer.
  • Die Ngata Modiri Molema-distriksmunisipaliteit tweeweekliks aan AfriForum terugvoer moet gee oor die oorneem van die waterstelsels.
  • Die distriksmunisipaliteit nog personeel moet aanstel om te verseker dat die waterpompe nie deur vandale beskadig word nie.
  • Die distriksmunisipaliteit ook die regskoste wat AfriForum aangegaan het met dié dringende hofaansoek, moet betaal.

Die hof het met hierdie uitspraak bevind dat die distriks- en plaaslike munisipaliteit nie hul verpligtinge kragtens wetgewing nagekom het nie.

Volgens Corné Cronje, AfriForum se bestuurder vir gemeenskapstrukture, is dit ’n groot oorwinning vir AfriForum en die gemeenskap. “Ons is baie verlig oor die uitkoms van die hofsaak en is bly dat ons die gemeenskap kan help. Ons kan nie toelaat dat swak munisipale dienslewering mense se basiese regte skend nie. Almal het die reg tot skoon, lopende water en daarom sal ons aanhou om teen munisipaliteite op te tree wat nie hierdie dienste op ’n volhoubare manier lewer nie.”

Cronje sê verder dat AfriForum sal aanhou om die watersituasie in die drie dorpe te monitor en sal verdere stappe oorweeg indien die distriksmunisipaliteit nie die hofbevel nakom nie. “Ons sal die watersituasie fyn dophou. Ons hoop dat dié munisipaliteite die hofbevel sal nakom en water aan die gemeenskap sal voorsien. Indien dit nie die geval is nie, sal ons verdere stappe doen om te verseker dat die inwoners water het,” sluit Cronje af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jr ·

ONCE AGAIN – AFRIFORUM. As ons julle naam hoor is dit choof chaff – bloedneus vir hulle. Wow SALUUT

jou gewete ·

en hoekom nie, anc sorg dat elke huishouding in plakkerskampe verniet water en krag het en ten minste R10000 aan kinder, kierie en ander geld kry. jy sou ook as jy daar was

Kokerboom ·

Dankie weereens Afriforum..jul is ‘n ligpuntjie in ‘n baie donker ANC nag

annie ·

… en elke BLM soek ‘n plasie vir die honger. Waarmee gaan dors geles word as daar so ‘n gesukkel is om dorpies van water te voorsien. Gaan die ANC akwadukte aanlê na die 20 miljoen lappies in die land uit die smerige Vaal en drup-drup-Oranje? Seker ‘n paar Mafia-Romeine invoer om met sulke planne te help (wat dit sekerlik sal verwar met aqua vitae-vore). Beplan maar vir 20 jaar se gastehuis-verblyf en 20 milj waterkarre en brandweerwaens vir die blus van woede-vure en vir die babas se badwater.

bergseekoei ·

En hier sit ons, 48 uur later, weer sonder water in Delareyville…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.